SA Jagter Hunter

ZEISS VICTORY FR

- KOOS BARNARD

Die mensdom se kennis en vermoëns brei by die dag al hoe meer uit en dis net natuurlik dat moderne tegnologie ook sy weg tot in die jagveld gevind het.

Daar bestaan al ’n hele rits produkte wat dit vir die jagter of skyfskiets­kut makliker maak om die koeël by die teiken of bok uit te kry. Afstandmet­ers is een so ’n produk. Daar is ’n swetterjoe­l verskillen­des, en afstandmet­ers wat in verkykers ingebou is, neem ook toe. Die groot name in die optiese wêreld verskaf byna almal verkykers met ingeboude afstandmet­ers en Zeiss is geen uitsonderi­ng nie.

Hierdie Duitse maatskappy het egter een stappie verder gegaan en hul nuutste verkykeraf­standmeter, die Victory R F, kan deur middel van Bluetooth met jou selfoon gesels om ballisties­e data af te laai wat jy in die jagveld nodig mag hê.

Dit werk so: Jy laai Zeiss se Hunting App op jou foon af. Daarin is verskillen­de kalibers se koeëltraje­kte gestoor. Jy kies dié wat die naaste me tjou geweer/ kaliber kombinasie­s’ n korrespond­eer en deur middel van die Bluetooth-verbinding word dit na die verkyker-afstandmet­er r toe oorgedra. Jy kan ook jou u geweer/kaliber se persoonlik­e ke data op die app aflaai en dit dan an na die verkyker oordra. Die verkyker-afstandmet­er kan tot nege verskillen­de ballisties­e trajekte stoor. As jy eers jou foon gebruik het om die data na die verkyker oor te dra, het jy nie weer jou foon nodig nie, dit kan by die huis gelos word. Dis net as jy nuwe data op die verkyker wil oordra dat die foon weer nadergesle­ep moet word.

Die verkyker gee dus nie net

die afstand na die bok toe nie, maar laat jou ook weet hoeveel klieks jy moet op stel of hoeveel die koeël op daardie afstand sal val. Dan kan jy die nodige verstellin­gs maak om ’n trefskoot te skiet.

Zeiss se nuutste verkyker-afstandmet­ers is beskikbaar in 8x42-,10x42-, 8x54- en 10x54vergr­oting. Wat opmerklik is, is dat hierdie verkykers baie kompak is – anders as met sommige ander verkyker-afstandmet­ers is daar geen ekstra bulte wat uitstaan en verklap dat dit ’n verkyker-afstandmet­er is nie. Die Zeiss Victory lyk bloot soos ’n gewone verkyker. Wat ’n mens met hierdie instrument­e moet onthou, is dat almal (ongeag die fabrikaat) eerstens ’n verkyker is waarby ’n afstandmet­er bygevoeg is. Moet dus nie onrealisti­ese verwagting­e koester van enige van die verkykeraf­standmeter­s nie.

DIE TOETS

Ek het my .270 Win se data na die verkyker oorgedra en dit in die jagveld en op die skietbaan gaan toets. Nodeloos om te sê dit het uitstekend gewerk. Ons kon nie wild op langafstan­d skiet nie, maar op die afstande wat ons wel drie bokke geskiet het, het die Zeiss die korrekte inligting oorgedra. Ons kon wel die vermoëns van die Victory op die skietbaan toets en het dit gebruik om tot op 300m te skiet.

Volgens die vervaardig­er kan die Victory afstand meet tot op 2 300m, maar ek kon nie daarin slaag om dit reg te kry nie. Die lig was baie dynserig toe ons die Zeiss in die veld gaan toets het en ons kon nie ’n ordentlike rus vir die verkyker kry nie. Om dit in die hand vas te hou en dan op lang afstande te meet, werk nie so goed nie, want jy bewe eenvoudig te veel. Ek kon wel voorwerpe tot net oor die 1 000m met gemak meet. Iets waaraan ek gewoond moes raak, is die posisie van die knoppie om die laser te aktiveer – dis geleë op die regterbuis net voor die brug. Aan die begin het ek dit verskeie kere mis gedruk en soms te hard (wat my herinner het aan die pluk of flinch van ’n geweersnel­ler). Na ’n dag of wat se gebruik het ek egter aangepas by die knoppie se ongewone posisie.

Wat natuurlik dadelik opval met die Zeiss Victory is die ongeloofli­ke helder beeld wat dié verkyker verskaf. Die kwaliteit van die lense is net eenvoudig iets wat gesien moet word om te waardeer. Geen wonder Zeiss word as ’n wêreldleie­r beskou nie. Ek het ook gevind dat die laser blitsvinni­g reageer wanneer jy afstand meet. Ek het die Zeiss met twee ander hoëkwalite­it-afstandmet­ers vergelyk en die akkuraathe­id van die Duitse model was elke keer 100%. Die rooi LED-tipe sirkel wat as mikmerk of visier dien is ook maklik waarneemba­ar, selfs in helder sonlig.

Nadat ek die Zeiss Victory vir ’n maand lank gebruik het, kan ek net positiewe dinge oor dié stukkie tegnologie sê. Die enigste ding wat aan die begin gepla het, soos reeds genoem, was die posisie van die knoppie wat die laser aktiveer.

Teen R55 000 is dit nie ’n goedkoop instrument nie, maar mense wat nie omgee om daardie geld uit te haal nie, sal beslis nie spyt wees nie. Hierdie tipe verkykers is beslis die moeite werd vir profession­ele jagters of diegene wat baie gereeld jag en nie vir alle inligting van hul gids of profession­ele jagter afhanklik wil wees nie.

Nie alle handelaars is bereid om sulke duur produkte in voorraad te hou nie, maar nader gerus jou gunsteling-handelaar indien jy belangstel. * Die Zeiss Victory RF is beskikbaar in Suid-Afrika en kan deur jou handelaar van die Zeissagent bestel word. Vir meer inligting besoek www.zeiss.co.za

 ??  ??
 ??  ?? Zeiss se Victory RF verkyker-afstandmet­er is ‘n hoëkwalite­it-produk wat deur middel van Bluetooth met jou selfoon kan kommunikee­r om ballisties­e data af te laai.
Zeiss se Victory RF verkyker-afstandmet­er is ‘n hoëkwalite­it-produk wat deur middel van Bluetooth met jou selfoon kan kommunikee­r om ballisties­e data af te laai.
 ??  ?? Ons het die Victory RF tydens ‘n jag in KwaZulu-Natal op Madaka Game Ranch van Wow Africa Safaris getoets. Hier gebruik Eunia Barnard die Zeiss Victory RF.
Ons het die Victory RF tydens ‘n jag in KwaZulu-Natal op Madaka Game Ranch van Wow Africa Safaris getoets. Hier gebruik Eunia Barnard die Zeiss Victory RF.
 ??  ?? Die Victory RF is ‘n kompakte verkyker-afstandmet­er. Let op die knoppie wat die laser aktiveer op die regterkant­se buis net voor die brug van die verkyker.
Die Victory RF is ‘n kompakte verkyker-afstandmet­er. Let op die knoppie wat die laser aktiveer op die regterkant­se buis net voor die brug van die verkyker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa