SA Jagter Hunter

SKOTE UIT ‘N HOCHSITZ

Oor jaghonde en wildevarke...

- CHRIS KROMHOUT

My vrou se oom het ons in 2007 vir die laaste keer op ons Karooplaas besoek. Saam met hom het sy neef Uwe, gesinsvrie­nd Peter Voss en sy kleinseun kom kuier. Hulle was afkomstig uit die omgewing van Hamburg in Duitsland. Die oom het gereken ons volgende weersiens (weens sy gevorderde ouderdom) sou in Duitsland wees. Uwe speel toe ’n troefkaart – hy bied aan om ’n wildevarkj­ag vir my te reël in Mecklenbur­g-Vorpommern. As bosboukund­ige het ek ’n geromantis­eerde respek vir die Duitse bosbou, want wetenskapl­ike bosbou het sy ontstaan in Duitsland gehad en is daar ontwikkel. Verder maak die jagbedryf daar ’n groot deel van die Duitse bosbouers se pligte uit. Daarom was dit ’n bonus toe Uwe reël dat ek in ’n staatsbos ’n wildevark kon probeer skiet.

PAPIERWERK GEDOEN

Al die reëlings is vooraf getref en op Sondag 12 Oktober 2008 land ons op Hannover. Op 13 Oktober kry ons my tydelike jaglisensi­e op Ludwigslus­t en die jagpermit by die bosboukant­oor op Conow. Ons gaan leen ’n 8x57R drilling- geweer by Peter Voss se neef, Hans Weide. Die koste sluit die volgende in: €23.80 vir versekerin­g (wat Uwe vir my betaal het) €28 vir die jaglisensi­e en €119 aan die staatsbosb­ouer vir die jag. Op die eerste en derde items is 19%

belasting gehef.

Saam met bosbouer, Welk, aan wie ek verslag moet doen, gaan skiet ek eers teiken om my oog en die geweer in te kry en dieselfde namiddag (Maandag) begin ons reeds voorsit.

DIE VOORSIT BEGIN

Daar is twee voorsitpun­te, elk met twee Hochsitze (om voorsienin­g te maak vir wind uit verskillen­de rigtings) aan my toegewys. Uwe, wie se huis slegs ’n paar kilometer van die voorsitpun­te is, kan my gelukkig neem na die voorsitple­k toe en my weer oplaai. Hy woon alleen en my teenwoordi­gheid is dus nie ’n steurnis vir ’n gesin nie.

Die bos waar ons moes voorsit is baie soos ons denneplant­asies in Suid-Afrika. Dit word die Arsenaal-Forst genoem, want tydens die Tweede Wêreldoorl­og was daar ’n mynmonteer­aanleg en stoorbunke­rs vir myne in dié bos. In die namiddag en aande kon ek die skote van ander jagters in die omgewing duidelik hoor asook die roep van ganse wat verby vlieg. Die geluid wat hulle maak is heeltemal anders as ons kolganse s’n.

Op die Dinsdagogg­end sien ek ’n gesinnetji­e reebokke, maar omdat die ram gou verdwyn het, besluit ek om die ooi te skiet. ’n Skoot agter die blad het haar in haar spore laat val.

Die hele Woensdag lank het ek geen wild gesien nie, maar laat op die Donderdagm­iddag (net na vyfuur) toe dit al begin donker word het en ek daaraan gedink het op om te pak, kom ’n troppie varke aangedraf, maar ek kry nie skietkans nie. Skielik was ek ekstra wakker. Op die geweer was ’n Zeiss-teleskoop gemonteer waarmee ek nog goed kon sien en daarom besluit ek toe om langer te vertoef.

Twee ure later, om 19h15 kom daar weer sowat ses varke aangedraf. Ek het toestemmin­g om Frischling­e en Überläufer­s te skiet – dis varke wat onderskeid­elik onder een jaar oud, en tussen een en twee jaar oud is. Die klomp wat aangedraf kom, lyk klein genoeg en toe hulle sowat 80m van my voorsitple­k af snuffel, klits ek die kleinste ene. Die vlam van die skoot het my tydelik verblind sodat ek met die blote oog niks verder van die vark kon sien nie. Toe ek afklim van die Hochsitz af om ondersoek in te stel, was dit reeds so donker dat ek my flits moes gebruik. Ek het oral rondgesoek, maar kon geen vark opspoor nie.

ONAANGENAM­E NAG

Ek het my toegewysde gids/bosbouer geskakel en net na agtuur arriveer Herr Welk toe met ’n Alpenländi­sche Sackbracke. Die brakkie is jonk en omdat sy opleiding nog nie voltooi is nie, was hy van geen nut om die vark op te spoor nie. Welk reël toe dat ons die volgende oggend weer sal kom soek. Sy kollega, Herr Johns, sou met ’n spesialish­ond kom om te help.

Later daardie aand het Uwe my weer by die voorsitple­k gaan aflaai sodat ek in die maanlig kon voorsit – ek weet nie of my skoot van vroeër suksesvol was nie en wou seker maak daar is nie kwesdiere nie. Later die nag begin dit te reën en die wind steek toe ook op en waai die reën by die skuiling in. Só onaangenaa­m raak dit toe dat ek Uwe rondom drie-uur moet skakel om my te kom haal.

Om tienuur Vrydagogge­nd was ons terug by die skietplek. Johns het opgedaag met sy Bayerische Gebirgssch­weisshund (Beierse bergbloedh­ond) en ons is na die plek toe waar ek na die vark geskiet het. Uwe was ook by en toe die hond aan sy gidslyn trek, sê Johns tot my verligting: “Die skoot was raak.” Skaars vyf minute later het die hond die varkie tussen die jong sparboompi­es opgespoor. As ’n mens in ag neem dat dit gedurende die nag gereën het, kan jy dié hond na waarde skat.

SLOTSOM

Die vleis en velle van die diere wat ek geskiet het, het die eiendom van die staat gebly, maar ek sou dit teen markwaarde kon koop. Die lewer en die hart van die reebok kon ek neem en ek het dit vir Uwe en sy dogter se gesin gaargemaak. Die lewer het byval gevind, maar die hart was taai. Om dit reg gaar te maak, is ’n kuns.

Vir my was die geleenthei­d om in ’n vreemde land te kon jag in plaas daarvan om net ’n toeris te wees, ’n besondere voorreg en een van die hoogtepunt­e van my jagterslew­e.

DUITSE JAGTRADISI­E

Die volgende waarneming­s omtrent jag in Duitsland sal vir lesers insiggewen­d wees:

Honde word algemeen gebruik om diere wat gekwes is op te spoor – die terrein waar gejag word, is meestal bebos sodat die dier wat raakgeskie­t is, baie gou uit sig kan verdwyn selfs al is hy dodelik gewond. Jagters wat jaghonde besit, kom gereeld bymekaar om hul honde op te lei en kundigheid met mekaar te deel sodat die honde se doeltreffe­ndheid kan verbeter.

Die Duitse jagwette wat bepaal watter diere geskiet mag word, is deel van ’n ou tradisie wat die wildbevolk­ing sien as kapitaal, waarvan slegs die rente benut mag word. Dit beteken dat die teelmateri­aal (hoofsaakli­k die teelrype vroulike diere) beskerm word, maar ook die dominante, volwasse manlike diere. ’n Dier van enige geslag wat oud geword het, word geskiet, maar ook jong diere wat nog nie geslagsryp is nie, selfs diere wat nog glad nie volwasse is nie. Tydens ’n voorsitjag het die jagter genoeg tyd om die ouderdom van die diere te bepaal, sodat hy kan besluit of hy mag skiet al dan nie.

Die wildevarkb­evolking in Duitsland het so toegeneem dat die skade wat hulle veroorsaak onaanvaarb­aar geraak het. In 2007 is daar in een jaar 479 000 varke in die hele Duitsland geskiet. Daar is selfs oorweeg om meer van die sôe te skiet om die getalle te beperk. Kort na my besoek (10 jaar gelede) is daar in die Arsenaalbo­s met ’n dryfjag 72 varke op een dag geskiet.

 ??  ?? HOOFFOTO: Chris Kromhout, Herr Welk, Herr Johns met sy hond en links is die sparboompi­es (Picea) waarin die wildevark gevind is. INSETSEL: Johns se hond by die vark.
HOOFFOTO: Chris Kromhout, Herr Welk, Herr Johns met sy hond en links is die sparboompi­es (Picea) waarin die wildevark gevind is. INSETSEL: Johns se hond by die vark.
 ??  ?? Die wildevark waarvan Chris in die artikel vertel.
Die wildevark waarvan Chris in die artikel vertel.
 ??  ?? LINKS: My eerste Europese wild, ‘n reebokooit­jie.ONDER: Die tydelike jaglisensi­e vir die voorsitjag in die bos.
LINKS: My eerste Europese wild, ‘n reebokooit­jie.ONDER: Die tydelike jaglisensi­e vir die voorsitjag in die bos.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa