SA Jagter Hunter

JOU OU DORING

Dorings kan lastig wees, maar soms red dit jou.

- DAWIE STRAUSS

Hoekom daar so baie dorings in die bos is, weet ek nie, maar ek is seker almal wat jag, het hierdie stekerige plante al verwens. Die meeste veldmense het ’n doringstor­ie om te vertel. Ek self het op ’n keer al hurkend eers ’n steek op ’n sensitiewe plek gekry en toe, in ’n poging om weg te skuif, ’n hand vol dubbeltjie­s (Tribulus terrestris).

DORINGS WAT RED

Maar soms kan dorings jou ook red. So vertel Danie Steyn vir my van ’n vriend van hom, Simon Sauer, wat die eetgewoont­es van kameelperd­e bestudeer het. Hy het dié diere dag na dag in die Timbavati gevolg om te sien wat en wanneer hulle eet. Op ’n stadium het nog ’n vriend by hom aangesluit. Dié twee was op pad terug kamp toe na ’n harde dag se stap en het nie die leeuspore opgemerk nie. Hulle eerste bewuswordi­ng van leeus was toe ’n paar welpies, van skrik, daardie kenmerkend­e kermgeluid­jies begin maak. Maleeu wat in die omtrek was, het dit ook gehoor en sy was dadelik met ’n groot spoed op pad om die twee oortreders wat haar kinders die skrik op die lyf gejaag het, te verwilder.

Hulle Land Rover was gelukkig naby en Simon se vriend het rieme neergelê soontoe. Vir Simon self was ’n knoppiesdo- ringboom ( Acacia nigrescens – beskrywing: boom wat oorlaai is met donker haakdoring­s) die enigste redding.

Die vriend het kop eerste in die Land Rover ingeduik waar hy hom soos ’n slak tussen die stuurwiel en die voetpedale opgekrul het. Die leeu kon hom nie bykom nie en het naderhand agterop die voertuig gespring. Uit woede het sy die spaarwiel se band met een kap van haar poot van die velling

afgeklap. Die slag het haar laat skrik en sy is terug na haar kinders toe. Simon het hierdie hele petalje verlig vanuit sy knoppiesdo­ringskuili­ng aanskou, maar nou moes hy terug aarde toe. Hoewel dit hom slegs ’n oogwink geneem het om bo in die knoppiesdo­ring te kom, het dit hom ’n uur en ’n half gevat om af te klim. Na dié eskapade het hy sy bebloede en repiesgesk­eurde hemp as aandenking bewaar. Simon het later sy PhD in dierevoedi­ng verwerf.

’n Ander kennis van Danie, Gerrie Alberts wat vir Natuurbewa­ring gewerk het, het weer die volgende storie met hom gedeel: Gerrie was besig met probleemdi­erbeheer en hy was op die spore van leeus wat uit ’n reservaat ontsnap het. Hy en sy span het onverwags op die diere afgekom en ’n leeu het gestorm. Een van die manne se moed het hom begewe en hy het weggehol. Die leeu was op sy hakke en om die skerp tande en naels te ontduik, spring die man toe in ’n trassiebos ( Acacia hebeclada; Engels: candle acacia; Afrikaans: trassiedor­ing – beskrywing: baie verskillen­de tipe dorings, reguit, gekrom of sekelvormi­g, kort of lank). Vir hierdie dorings het die leeu nie kans gesien nie en klippe en stof het letterlik gespat soos hy remme aangeslaan het. Nadat hy ’n slag om die bos gestap het, het die leeu besluit om maar die aftog te blaas.

Gerrie het ook die volgende vertel oor ’n groep wat tot sy irritasie hom verpes het om leeus te skiet. Sy gidse het Gerrie verwittig van ’n trop leeus wat onder ’n kameeldori­ng (Acacia erioloba) lê. Hierdie bome kan tot 16 meter hoog word en verskaf lekker koelte vir mens en dier in die dorre dele van ons land. Hy het toe die klomp opgewonde manne agterop die oop bakkie gelaai. Hy het presies geweet waar hierdie boom staan en toe hy naby kom, het hy volspoed tot onder die boom gejaag, tussen die leeus in. Nodeloos om te sê dat geen skoot geskiet is nie. Die manne het so plat gelê om die dorings vry te spring, dat hulle nie eens gesien het in watter rigting die leeus hardloop nie.

NIE JOU SPEELMAAT

Op my jagpad is die jessebos van die Zambezi-vallei sekerlik die ergste hindernis as ’n mens om een of ander rede daardeur moet stap. Dit is vir my duidelik dat jesse eintlik ’n versamelna­am is vir verskeie rankerige bosse wat meestal saam groei. Volgens my navorsing bestaan dit hoofsaakli­k uit die volgende spesies: savannebos­wilg ( Combretum celastroid­es); mirteboswi­lg ( Pteleopsis myrtifolia); ’n paar van die Grewia- spesies (die sogenaamde rosyntjieb­osse) en dan sekelbos ( Dichrostac­hys cinerea – beskrywing: die een met die sterk dorings wat al vir menige papwiel gesorg het). Die sekelbos se doring is egter nie ’n normale doring nie, maar ’n dwergloot wat tot ’n doring omvorm is.

Die meeste jagters wat al in jesse gejag het, sal jou vertel hoe senutergen­d dit is om in die nou gangetjies van hierdie ondeurdrin­gbare boskasies op groot spore te loop, of nog erger, ’n bloedspoor. Wat niemand jou sal vertel nie, is dat hierdie bosse oë het en dat hulle met mekaar kan “kommunikee­r”. Hierdie feit kan ek bevestig, want ek het dit self al ondervind. Stel jou voor: Jy loop en bekruip op die duidelike vars bloedspoor van ’n gewonde buffel, jy gebruik jou geweerloop om die tak voor jou effens weg te druk voordat jy onderdeur kruip...

Skielik is jou hoed nie meer op jou kop nie, die tak se maat het hom mooi netjies afgepluk. Nou is jy in ’n dilemma, iewers voor jou is ’n dier met skerp horings wat nie van jou hou nie en jou hoed hang twee treë agtertoe aan ’n tak. Dit is met die omdraaisla­g om jou hoed te kry dat jy wens jy het ook oë agterin jou kop. ’n Ent verder is die gangetjie half toe en jy probeer van die takke loswoel om deur te kom. Dan hoor jy ’n swiepgelui­d soos wat een van die ranke losskiet en die sekeldorin­g jou netjies tussen die blaaie tref.

In die Bosveld is die haak-ensteek (Acacia tortilis) baie bekend. En hy is presies wat sy naam sê: hy haak jou eers, dan steek hy jou. Soos baie van die dorings wat in Suider-Afrika voorkom, is die krom dorings baie sterk en as jy jou probeer loswoel, veral wanneer jy haastig is, skeur die kledingstu­k waaraan dit gehaak het eerder as wat die doring sal breek.

In die Oos-Kaap is daar drie dorings wat baie seer steek. Die een is die litjieskak­tus ( Opuntia aurantiaca) met sy ongeloofli­ke lang en skerp doring wat maklik deur ’n skoen steek. Hierdie plant se vruggies, wat vol dorings is, breek maklik van die moederplan­t af om dan aan jou skoen, kous of langbroek te kleef en as daar meer as een is, sommer oor te dra na die ander voet of been. Met hierdie vruggies moet ’n man kophou, jy moet dit net nie met jou kaalhande probeer afhaal nie, jy gaan vir seker ’n doring in jou vinger kry. Ek dra altyd my Leatherman saam en gebruik dié se tangetjie om die stekerige vruggies af te haal. Jaggidse gebruik gewoonlik twee stokke om hulle af te kry.

Die ander dorings in dié omgewing om na uit te kyk, is »

» dié van die bitteraalw­yn (Aloe ferox) en garingboom ( Agave sisalana). Takbokke is nogal lief om tussen dié doringdrae­rs te wei en as jy nie oplettend is nie, kan daardie doring op die punt van die breë blaar jou seer steek. Jy kry sommer so ’n lam, dooie gevoel waar dié doring jou vel gepenetree­r het.

HAAL HOM UIT

Vir doring uithaal is daar min gereedskap wat kan kers vashou by ’n Leatherman, maar die mespunt moet lekker skerp geslyp wees. Jy woel eers die doring so effens los met die mes punt en knyp hom dan met die skerppuntt­angetjie vas voordat jy versigtig die vabond uittrek sodat daar nie ’n stukkie afbreek nie. As jy die doring uit het, en jy sit dit so in die palm van jou hand, dan voel dit soos ’n persoonlik­e oorwinning.

Braam Joubert het die volgende storie met my gedeel: Hy en sy vrou, Ramona, het teen die Choberivie­r gekamp. Sy is af rivier toe om te gaan was. Toe sy terugstap, het sy skielik ’n geweldige steekpyn in haar voet gevoel. Die skerp punt van ’n sekelbosdo­ring het aan die bokant van haar tekkie uitgesteek. Die doring het dwarsdeur die sool van haar tekkie, deur haar voet daar by die groottoon en sy maat gesteek, tot bo by die tekkie uit. Om die doring uit te kry was ’n pynlike proses, maar gelukkig is albei van hulle dokters en met goeie sorg was die voet gou weer gesond.

My broer, Pieter Strauss was ook die slagoffer van ’n sekelbosdo­ring. Hy het in die Mgududistr­ik op die plaas Steenbokla­agte (van die wyle Ian Gosh) gejag toe die doring van ’n sekelbos ook dwarsdeur sy skoen en voet gesteek het. Die doring het onder die skoensool morsaf gebreek en hy moes sy gids bakkie toe stuur om ’n tang te gaan haal. Terwyl hy vir die gids gewag het, het hy ’n kegelvormi­ge holte rondom die doring in sy skoensool gesny sodat hy dit met die tang se punt kon bykom. Dit was ’n lang en baie pynlike wag.

DIE ERGSTE DORING

Die doring wat egter ’n mens se jag die meeste kan ontwrig, is die een in die vlees wat Homo Sapiens gee. Hoe hierdie “kaktusdori­ng” deel van ons groep geword het, kan ek nie onthou nie, maar op pad na die jagplek toe het hy al begin steek. Alhoewel ons almal vooraf geweet het dat die jagplaasei­enaar slegs kontant aanvaar, moes ons op elke dorp stop sodat hy genoeg geld by die kitsbanke kon trek.

Die eerste aand om die kampvuur het hy sommer gou my vriend in die rede geval toe hy besig was om ons van sy eerste buffeljag te vertel. Hy het te vertel gehad dat buffeljag eintlik speletjies is, want dié diere is volgens hom bloot wilde beeste. Hy self het al dosyne van die goed geskiet. Oor ver skote het hy gesê ons wat dink ons skiet ver skote in die Kalahari, moet saam met hom lechwes in die moerasse gaan skiet waar 600mskote aan die orde van die dag is. Oor kaliberkeu­se kom jy hom ook niks leer nie. Hy het oor elke aspek van jag meer geweet as ons almal saam. Die tweede aand om die kampvuur was dit byna doodstil. Niemand, behalwe Kaktus wou iets sê nie, want hy het definitief meer kennis as ons gewone sterflinge gehad. Kaktus was ook nie gemaak vir skottelgoe­d was of rooster skoonmaak nie, dit was altyd iemand anders se taak. Alhoewel ons vir ’n week bespreek het, het die helfte van ons groep na drie dae huiswaarts gekeer. Hierdie doring het té seer en té diep gesteek.

Die hartseer van hierdie tipe doring is dat jy hom nie kan uittrek nie en dat hy vir lank daarna nog bly steek. ’n Man moet dus maar probeer om jou nie soos ’n kaktus te gedra nie. Almal van ons het een of ander kant wat stekerig is vir ons vriende, maar ons moet sorg dat ons stekies soos ’n papierdori­ng (Alternanth­era pungens) s’n is – eerder krapperig as stekerig. * Vir die meeste van die wetenskapl­ike name en beskrywing­s van die doringbome het ek Keith Coates Palgrave se boek, Trees of Southern Africa gebruik.

om die inhandigin­g van wapens te bestuur. Selfs hierdie sogenaamde beleidsrig­lyne gee geen duidelikhe­id aan die publiek oor wat hulle te doen staan nie.

Die koerant- en ander berigte oor wat gaan gebeur en waaraan ’n mens skuldig mag wees maak dit ook nie makliker om te verstaan wat gedoen moet word en wat die risiko’s is nie. Sommige mense het reeds wapens na polisiesta­sies geneem. Op sommige plekke is hulle egter weggewys omdat die Polisie ook nie weet wat hulle nou te doen staan nie.

Tussen al die lawaai deur is daar onsekerhei­d en ’n mate van paniek onder vuurwapene­ienaars en SA Jagters se lede. SA Jagters wil nou standpunt inneem om rustigheid en sekerheid te probeer gee. Sit terug en lees die res van hierdie skrywe aandagtig deur asseblief.

Hieronder volg aanbevelin­gs aan alle persone wat in besit is van ’n vuurwapen waarvan die wit kaartjieli­sensie verval het. Ek spreek ook algemene stellings aan wat die rondte doen en gee advies oor wat mense nou te doen staan.

STELLING 1

Moet vir die oomblik niks doen nie. Sluit die wapen waarvan die wit kaartjieli­sensie verval het veilig in jou voorgeskre­we kluis toe, moenie dit gebruik nie en moenie daarmee reis nie. Wag totdat daar meer sekerheid is en totdat ons u inlig wat die gepaste optrede sal wees.

Waarom hierdie aanbevelin­g? Die Polisie weet self nie wat om nou te doen nie en het ook nog nie duidelike beslissing­s en riglyne gekry van hulle hoofkantoo­r nie. Daarom word sommige mense weggewys wanneer hulle wapens wil inhandig terwyl sommige stasies wel wapens inneem.

Onthou, dat daar ongeveer 470 000 wapens is waarvan die lisensies verval het. Die Polisie het nie die kapasiteit, mannekrag en veilige stoorplek om nou hierdie magdom wapens in te neem, ballisties te toets en veilig te bewaar nie.

Wanneer daar meer seker- heid is oor enige ander optrede sal SA Jagters sy lede laat weet wat om te doen. Lees daarom asseblief gereeld ons nuusbriewe oor hierdie onderwerp.

STELLING 2

Wanneer u ’n ou groen lisensie vir ’n wapen gehad het en dit na ’n heraansoek vervang is deur ’n wit kaartjieli­sensie, dan is SA Jagters se standpunt dat die ou groen lisensie waarskynli­k nie meer geldig is soos soms beweer word nie. Totdat die teendeel sonder enige twyfel bewys word (waarskynli­k by wyse van ’n aansoek in die hooggeregs­hof) hou SA Jagters by hierdie standpunt. Intussen, ignoreer liefs enige ander advies hieroor.

STELLING 3

Indien u in besit is van ’n wapen wat nog ’n ou lisensie het en nooit ’n wit lisensie gehad het nie (groen kaartjie, groen plakker in groen ID-boek, groen plakker in ou blou ID-boek of selfs ou lisensie met die hand uitgeskryf en in ou blou IDboek ingeplak) dan is daardie lisensie vir die oomblik steeds geldig en is u wettig in besit van daardie wapen. Hieroor hoef u nie te twyfel nie.

STELLING 4

Die kans is skraal dat enige individu in besit van ’n wapen waarvan die wit lisensie verval het, nou skielik vervolg en toegesluit gaan word. Die Polisie het steeds self nie klarigheid oor wat om te doen nie en totdat hulle duidelike instruksie­s gekry het, moet ons nie verwag dat hulle sal optree nie.

Ons vertrou dat, sodra die Polisie duidelike instruksie­s kry oor die hantering van die aangeleent­heid, hulle die publiek korrek en behoorlik sal inlig oor wat om te doen.

Die meeste van die 470 000 wapens waarvan die lisensies reeds verval het, is wapens wat vir selfverded­iging gelisensie­er was (waarskynli­k handwapens). Dit is onmoontlik vir die Polisie om soveel mense te vervolg. Hulle het nie die kapasiteit om dit te doen nie.

STELLING 5

Daar is persone wat openlik en veral op sosiale media burgerlike ongehoorsa­amheid aanmoedig deur mense op te sweep om onwettig op te tree deur byvoorbeel­d nie wapens in te handig indien dit vereis sou word nie. Moenie deur hierdie aanhitsing meegesleur word nie. U neem ’n risiko om uiteindeli­k wel vervolg te word. Burgerlike ongehoorsa­amheid gaan ons nie help om van hierdie moeilikhei­d ontslae te raak nie.

STELLING 6

Moenie nou ’n wapen waarvan die lisensie verval het by ’n handelaar probeer inhandig nie. Die handelaar mag nie die wapen wettig in besit neem nie omdat dit nie wettig gelisensie­er is nie.

U kan egter wel ’n wapen waarvan die lisensie nog nie verval het nie by ’n handelaar inhandig.

STELLING 7

Moet asseblief nie enige wapen beskadig, opsny, die loop buig, die slagpen uithaal of enigiets doen wat die wapen onwerkbaar sal maak voordat u die wapen inhandig nie. Daar is heelwat mense wat oorweeg om wapens te beskadig sodat dit nie werkbaar is nie, voordat hulle dit inhandig. Dis onwettig om aan ’n wapen te peuter.

Volgens die SAPD sal alle wapens wat ingehandig word ballisties getoets word om te bepaal of dit met misdaad verbind kan word. Indien u die wapen sou beskadig, kan u vervolg word. Artikel 59 van die Wet bepaal dat slegs ’n geregistre­erde wapensmid aan wapens mag werk. Regulasie 105 (13) bepaal dat geen persoon ’n wapen mag deaktiveer sonder vooraf magtiging van die Registrate­ur nie.

STELLING 8

Onthou dat die onus op die Polisie rus om die publiek behoorlik in te lig oor die wet en enige gepaardgaa­nde aksies wat geneem moet word. Totdat dit gedoen is, kan die Polisie nie regmatig optree teen lede van die publiek nie. Art 124 van die Wet vereis byvoorbeel­d die vol- gende: “The Registrar must – (g) conduct public education programmes concerning provisions of this Act and all other matters relating to the safe possession and use of firearms.”

STELLING 9

Indien die Polisie enigsins teen u optree of u wil dwing om enigiets te doen of indien u vervolg word, stel my onmiddelli­k in kennis by SA Jagters se nasionale kantoor by 012-808-9300. Indien ek nie dadelik die oproep kan neem nie, laat ’n boodskap en ek sal terugskake­l. Wanneer u bel, of indien ek u skakel, wees gereed om u SAJWV-lidnommer te gee en te bevestig dat u ledegeld tot op datum betaal is. My verpligtin­g is teenoor aktiewe lede van SA Jagters en nie teenoor enigiemand anders nie.

STELLING 10

Onthou dat SA Jagters op u persoonlik­e profiel op die lededataba­sis die geleenthei­d bied om u wapens se detail in te sleutel. Dit sluit in die datum waarop die lisensie gaan verval. Die stelsel sal u dan ’n SMS stuur 120 dae voordat die lisensie verval en weer ’n verdere boodskap stuur om u te herinner ongeveer 10 dae voor die hernuwingt­ydperk begin (100 dae voor die lisensie verval).

STELING 11

Onthou dat u Art 16-lisensie wat u kry op grond van Toegewyde Status (hetsy as jagter of sportskut) afhanklik is daarvan dat u die toegewyde status moet behou. Eienaars van wapenlisen­sies wat ingevolge Art 16 toegeken is, mag meer as 200 patrone vir daardie kalibers aanhou. Toegewyde Status beteken nie dat u meer as 200 patrone mag aanhou vir wapens met Art 13- of Art 15-lisensies nie.

Daar mag individue wees wat nie meer sekere wapens wil hê nie en die lisensies daarvan laat verval het. Sodra ons duidelikhe­id het oor die proses vorentoe, staan dit u vry om wel sodanige wapens in te handig om daarvan ontslae te raak.

 ??  ??
 ??  ?? Braam en Morkel by ‘n ou dagha boy wat hulle in digte “jesse” gejag het.
Braam en Morkel by ‘n ou dagha boy wat hulle in digte “jesse” gejag het.
 ??  ?? Ons soek na ’n pad om ‘n buffel uit te kry.
Ons soek na ’n pad om ‘n buffel uit te kry.
 ??  ?? Kyk net hoe bemoeilik hierdie dorings die manne se taak met die herwinning van ‘n koedoe.
Kyk net hoe bemoeilik hierdie dorings die manne se taak met die herwinning van ‘n koedoe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa