SA Jagter Hunter

DAVE SHEER GUNS PRETORIA

-

Die bekende Dave Sheer-winkel wat vir baie jare in Johannesbu­rg gesetel was, het onlangs ’ n tweede winkel in Montana, Pretoria geopen in Silvergras­s-straat. Dit sal waarskynli­k Dave Sheer Guns se nuwe hoofkwarti­er raak.

Wat hierdie nuwe winkel uniek maak, is dat dit oor ’n totaal van vyf binnenshui­se skietbane beskik waarvan een ’n volle 100m lank is. Al hierdie skietbane is toegerus met die jongste tegnologie – skote op die teiken kan op ’n monitor gelees word en die teiken word gemotorise­erd nader en verder van die skietpunt af opgestel of geplaas soos die skut dit verlang. Dit is werklik soos die Engelse sê, state of the art, en beslis ’n bonus vir alle skuts in die Pretoria-omgewing. Om te verseker dat jy op die baan van jou keuse kan gaan skiet, is dit raadsaam om die winkel te kontak en plek te bespreek.

Die winkel self is lekker ruim en daar is genoeg voorraad om selfs die puntenerig­es onder ons tevrede te stel. Dave Sheer is al jare lank bekend daarvoor dat hulle op taktiese pistool- en geweerskie­t konsentree­r en die produkte wat hulle te koop aanbied, getuig van hul erns met dié sport. Rewolwers vir jag en selfbesker­ming en jag- en sportskiet­gewere word egter ook nie afgeskeep nie. Met SA JAGTER/ HUNTER se besoek aan die winkel het ons ’n baie gesonde hoeveelhei­d rewolwers en slotaksie-gewere op die rakke gesien.

’n Groot aanwins vir hierdie winkel is die aanstellin­g van Kassie Kasselman wat ’n gereelde rubriek in ons tydskrif behartig. Soos lesers reeds weet, is Kassie ’n gesoute skut wat Proteakleu­re verwerf het en ’n kenner op die gebied van die herlaai van ammunisie. Behalwe vir gereelde herlaaikur­susse, bied Kassie ook ’n ander diens by die winkel aan. Kliënte kan ’n afspraak met hom maak en dan met sy hulp (teen betaling) hul ladings in die winkel ontwikkel. Die ladings word sommer daar binnenshui­s op die skietbaan getoets en verder ontwikkel tot die kliënt tevrede is. Dis ’n groot hulp vir diegene met beperkte tyd of vir beginners is dit ’n ideale geleenthei­d om van ’n kenner te leer hoe om ammunisie korrek en veilig te herlaai.

Behalwe vir die gerieflike winkel en skietbaan, open Dave Sheer ook binnekort (binne die volgende drie weke) hul eie restaurant, Bond Café in dieselfde kompleks reg bo die geweerwink­el. Soos julle uit die naam kan aflei is die tema Bond... James Bond. Besoekers kan dus sommer hul gesinne bring en terwyl Pa sy skietgoed koop, kan Ma en die kinders solank sy geld in die restaurant spandeer.

Ook binne die volgende paar maande maak Dave Sheer ’n klerewinke­l oop reg langs die restaurant. Soos te verwagte, sal dit op produkte konsentree­r wat sportskuts en jagters in die buitelug dra.

Nog ’n lekkerte wat besoekers sal geniet, is die veilige en gratis onderdakpa­rkering reg voor die winkel.

Dave Sheer Guns in Pretoria is beslis ’n aanwins vir vuurwapenl­iefhebbers in die omgewing. Gaan ondersteun hulle gerus. Die kontaknomm­er is 010-300-1222.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa