SA Jagter Hunter

KUL DIE BOK SE NEUS

-

Die Amerikaner­s is meesters wanneer dit kom by die uitdink en ontwikkeli­ng van allerlei jaghulpmid­dels. No Scent, ’n produk wat ontwikkel is deur Mike Austin, is een so ’n hulpmiddel.

No Scent gebruik blykbaar ’n “biovriende­like” ensiemform­ule wat die natuurlike menslike reuk “aanval en vernietig”. Hierdie produk kan op drie maniere aangewend word. Eerstens is daar ’n No Scent-“waspoeier” waarin jy jou klere kan was. Dis eintlik ’n oplosbare plastiek- agtige kapsule met ’n vloeistof binne-in. Dit word saam met die klere in die wasmasjien gesit – nie in die kassie waar die waspoeier normaalweg gegooi word nie. Die water los dan die kapsule op en die vloeistof word vrygestel soos die klere gewas word.

Daar is ook ’n vloeibare seep/ sjampoe of lyfwasmidd­el. Op die instruksie­s dui hulle aan dat jy jouself tweemaal daarmee moet was vir die beste resultaat.

Laastens is daar ’n veldsproei (710ml per bottel) waarmee jy jou klere en lyf kan bespuit. Volgens die vervaardig­er elimineer dié produk jou reuk vir ten minste vier tot ses ure.

Al hierdie produkte is volkome veilig om op klere of jou vel en hare te gebruik.

In Amerika is voorsitjag baie gewild en veral diegene wat in oop skuilings sit, word baie blootgeste­l aan daardie lastige dwarrelend­e luggies wat ’n jagter so maklik weggee. Die Amerikaner­s het dus oor die jare verskeie produkte ontwikkel wat die menslike reuk so ’n bietjie “kamoefleer”. Hoe suksesvolh­ierdie middels regtig is, weet ons nie, maar die vervaardig­ers maak daarop aanspraak dat dit werk.

Indien so ’n middel wel goed werk, kan dit baie help in die bosveld waar die wind gedurig van rigting verander en sig beperk is. Bosveldjag te voet kan nogal moeilik wees omdat die jagter nie die bok van ver af kan sien om die nodige draaie te stap sodat hy die wind gunstig kan kry nie. Met ’n middel wat jou reuk verbloem, hoef jy jou dus veel minder aan die windrigtin­g te steur.

Boogjagter­s wat bokke ook liewer in ’n oop skuiling (of ’n boom) as die normale pit blind wil voorsit, sal ook voordeel uit so ’n reukverblo­emende middel trek. Onthou net dat jou gids ook behoorlik gewas en bespuit moet wees anders gaan die bokke julle steeds ruik.

Werk hierdie produkte regtig of is dit bloot ’n foefie? SA JAGTER/HUNTER se eerlike antwoord is dat ons nie weet nie omdat ons dit nog nie getoets het nie. Ons hoop om No Scent binne die volgende maand of twee behoorlik te toets en sal dan terugvoeri­ng gee.

Daar is egter verskeie bekende Amerikaans­e jagters wat sweer by No Scent. Volgens hulle werk dit uiters goed. Ons het ook na ’n kort video gekyk waarin ’n plaaslike jagter dit getoets het en sy jaghonde se neuse heeltemal geflous het. * Die kombinasie van produkte soos dit op die foto verskyn, kos R550. Vir meer inligting besoek http://noscentza.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa