SA Jagter Hunter

DOOR PRO II- EN MAXBOX IIGEWEERRU­SSE

-

Tydens 2018 se HuntExskou het ek hierdie handige geweerruss­e raakgeloop by Eugene van Niekerk van G&G Varminting se stalletjie. Eugene is een van die land se mees gesoute jakkalsjag­ters. Sy besigheid verkoop talle skiet- en jagbenodig­dhede.

Die Door Pro- en MaXboxruss­e word van ’n duursame, liggewig-spons gemaak wat toegerus is met neodimium-magnete. Die Door Pro II is ’n uvormige stuk spons met ’n plat bokant waarop ’n metaalplaa­tjie gemonteer is. Om te gebruik, pas jy bloot die bene van die u-rus oor die voertuig se deur. Saam met die Door Pro word ’n v-vormige rus van dieselfde tipe spons voorsien wat ook met magnete toegerus is. Dié rus klou dus lekker stewig op die Door Pro vas (sien foto) en kan dus baie handig gebruik word vir skiet uit ’n voertuig.

Dan is daar die MaXbox II, wat ook van dieselfde spesiale soort spons gemaak is. Dit laat ’n mens nogal dink aan ’n x-bag. Die insnydings of u-vormige gleuwe in die MaXbox knyp die geweer lekker styf vas en stel jou in staat om vanaf twee verskillen­de hoogtes te skiet. Hierdie skietrus is ideaal vir wanneer jy jou geweer wil inskiet vanaf ’n skiettafel, oor ’n voertuig se enjinkap of kajuit (dit is ook toegerus met magnete) of as jy plat op die grond lê.

Die voordeel van hierdie sponsrusse is dat hulle veerlig is en maklik oral saamgekarw­ei kan word. Die MaXbox II het selfs ’n drabandjie wat aan die rus gekoppel kan word.

Hierdie geweerruss­e is nóg ’n voorbeeld van hoe mense goeie, praktiese oplossings uitdink vir beter skietresul­tate. Beide die MaXbox II en Door Pro II werk uitstekend en derhalwe beveel SA JAGTER/HUNTER ook hierdie produkte met groot vrymoedigh­eid aan. Die kleinhande­lprys vir die Door Pro II is R590 en die MaX-box II kos R540. * Om hierdie produkte te bestel, kontak Eugene van Niekerk by geno@ggvarminti­ng.co.za

 ??  ?? Die MaXbox-rus (bo en regs) kan op twee manier gebruik word om verskillen­de hoogtes te verskaf waarvandaa­n daar op amperse dooierus geskiet kan word. Let op na die onderste foto – die Door Pro (links) het ‘n ekstra platvorm wat gebruik kan word vir meer hoogte.
Die MaXbox-rus (bo en regs) kan op twee manier gebruik word om verskillen­de hoogtes te verskaf waarvandaa­n daar op amperse dooierus geskiet kan word. Let op na die onderste foto – die Door Pro (links) het ‘n ekstra platvorm wat gebruik kan word vir meer hoogte.
 ??  ?? Só pas die Door Pro oor ‘n motor se deur. Dis ‘n baie handige rus om wild uit ‘n bakkie te oes of jou geweer in te skiet as jy nie ‘n skiettafel byderhand het nie.
Só pas die Door Pro oor ‘n motor se deur. Dis ‘n baie handige rus om wild uit ‘n bakkie te oes of jou geweer in te skiet as jy nie ‘n skiettafel byderhand het nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa