SA Jagter Hunter

HANDY STAND STAAN VAS

In die kol ol

-

Skyfskiets­kuts en jagters is uiters innoverend wanneer dit kom by die uitdink van nuwe katoeters om die koeël sekuur by die teiken te laat uitkom. Een so ’n skietpiet is Edohan Burger wat ’n lekker praktiese skietrus ontwikkel het. Hierdie rus k kan uitersit uiters suksesvolk­l suksesvol op enige gladde oppervlak anker. Mense wat wild van voertuie af oes of die jagter wat wil vasstel of sy teleskoop nog reg ingestel is en die geweer skiet waar hy mik, maar nie ’n skiettafel byderhand het nie, sal baat vind by Edohan se uitvindsel.

Edohan se skietrus bestaan uit ’n voetstuk van staal met ’n suigdop (suction cup) van rubber en dan ’n verlengstu­k met ’n u-vormige rus wat met rubber oorgetrek is. Die suigdop suig vas op enige gladde oppervlak deur bloot ’n hefboom-armpie sowat 180˚ te swaai nadat die voetstuk stewig op die oppervlak geplaas is. Alhoewel die suigdop lekker styf vassuig, kan die vermoë daarvan nóg verder verbeter word deur die onderkant effens nat te maak. Die Handy Stand is sowat 18cm hoog tot by die onderkant van die u-rus, maar een wat sowat 6cm langer is, kan ook bestel word. Volgens Edohan is die kortste een die gewildste.

Die u-vormige rus het ook ’n rubberkeer­band of -houband wat bo-oor die geweer gestrek kan word om te verhoed dat dit uitval of van die rus afspring wanneer daar geskiet word. Handy Stands kan op twee maniere verleng: Eerstens kan die u-rus wat aan ’n lang bout gekoppel is net uitgedraai word nadat die sluitmoer aan die bout effens losgedraai is. Sou jy die Handy Stand nog verder wil verleng, kan ’n tweede sluitmoer losgedraai word. Hierdie sluitmoer is gekoppel aan die vertikale buis wat aan die voetstuk geheg is. Nou word die u-rus en bout bloot gelig tot op die verlangde lengte, waarna die sluitmoer aan die kant weer vasgedraai word.

Ons het die twee Handy Stands getoets deur hulle op ’n bakkie se kajuit, enjinkap en selfs die kantruite te monteer en gevind dat hulle uitstekend werk. Dit is werklik ’n handige stukkie gereedskap vir diegene wat sommer gou hul gewere se zero’s wil check oor ’n bakkie se bonnet. Hierdie skietrus kan natuurlik ook ewe handig op ’n skiettafel gemonteer en saam met ’n sandsak gebruik word. Of jy kan dit sommer net so op die grond of ’n growwe oppervlak gebruik sonder om dit te laat vassuig – dit werk heel goed so.

Hierdie ligte, kompakte skietrus het ons beïndruk en SA JAGTER/HUNTER beveel hulle met vrymoedigh­eid aan. Teen R995 (posgeld uitgesluit) is die Handy Stand ’n goeie belegging vir enige skut. * Om ’n Handy Stand te bestel, stuur ’n e-pos na edohan@ thehandycr­aftsman.co.za of skakel Eduhan Burger by 084570-0669. Besoek sy webblad by www.thehandycr­aftsman. co.za vir meer inligting.

 ??  ?? Ons het die Handy Stand in die veld getoets en gevind dat dit inderdaad baie goed werk. Jy kan dit selfs teen ‘n kantvenste­r monteer as dit moet.
Ons het die Handy Stand in die veld getoets en gevind dat dit inderdaad baie goed werk. Jy kan dit selfs teen ‘n kantvenste­r monteer as dit moet.
 ??  ??
 ??  ?? Die Handy Stand is ‘n handige geweerrus wat op gladde oppervlakt­es gemonteer kan word deur middel van ‘n suigdop.
Die Handy Stand is ‘n handige geweerrus wat op gladde oppervlakt­es gemonteer kan word deur middel van ‘n suigdop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa