SA Jagter Hunter

VRA VIR KASSIE

DEEL 15

- KASSIE KASSELMAN

In hierdie aflewering kyk ons na ’n paar vrae wat opgeduik het oor die veiligheid van die laai van geweerpatr­one. Veiligheid is dié belangriks­te aspek by die handlaai van patrone, want ’n gebrek daaraan kan katastrofi­ese gevolge inhou vir diegene wat herlaaide ammunisie in hul gewere gebruik.

VRAAG:

Herlaaidat­a dui gewoonlik minimum en maksimum ladings aan vir elke spesifieke kaliber en kruit wat daarvoor gebruik kan word. Is dit moontlik dat indien die doppie tot kapasiteit gevul word met dryfmiddel, ongeag die aanbevole maksimum lading, dit meer druk as die maksimum druk waarvoor die geweer ontwerp is, kan laat ontwikkel?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Die eenvoudige antwoord hierop is JA, daar kan te veel druk vir die geweer se aksie en loop ontwikkel as die maksimum aanbevole lading oorskry word, al laat die dopkapasit­eit dit toe. Daar is kalibers wat meer vergewensg­esind is, maar moenie die perke oorskry sonder grondige kennis nie. ’n Mens moet versigtig wees om ’n scenario te skets. Omdat spesifieke omstandigh­ede in ’n scenario teenwoordi­g is, kan jy, omdat jy graag wil, jou omstandigh­ede plooi en besluite oor ’n lading op verkeerde aannames baseer. Onthou altyd die volgende:

1. ’n Dryfmiddel­vervaardig­er mag ’n dryfmiddel wat tot 3% van die brandindek­s afwyk, kommersiee­l aanbied. As jy toevallig ’n lotnommer dryfmiddel gebruik waarvan die brandindek­s beduidend vinniger is, sal die druk per volume veel hoër wees as wanneer dit “normaal” sou presteer.

2. Ouer modelle gewere van dieselfde kaliber se aksies kan nie die hoër drukvlakke van moderne aksies hanteer nie. Pasop om raad oor ladings te aanvaar as dit nie vir jou geweer se spesifieke aksie bedoel is nie.

3. Verseker dat die regte tipe dryfmiddel wat in die aanbevelin­g genoem word, wel dit is wat jy laai. Een van die basiese veiligheid­smaatreëls is juis om slegs die een spesifieke dryfmiddel wat jy besig is om vir ’n spesifieke kaliber te gebruik, op jou herlaaitaf­el te hê en die res weg te sluit. ’n Ongeluk is presies dit wat die woord omskryf. Daar is genoeg voorbeelde van “per ongeluk”.

4. Moenie parallelle trek tussen een vervaardig­er se dryfmiddel en ’n ander vervaardig­er se dryfmiddel wat in dieselfde brandindek­skategorie gebruik kan word nie. Bevestig eers die ladingspek- trum vir elke tipe dryfmiddel van elke vervaardig­er voor dit summier gebruik word.

5. Sommige dryfmiddel­s, waarby al Somchem se dryfmiddel­s na my wete ingesluit is, is ook baie sensitief vir temperatuu­r. ’n Mens MOET dus die temperatuu­rskommelin­gs waaraan die dryfmiddel blootgeste­l word, in aanmerking neem. Hierby ingesluit is die oordraagba­re temperatuu­r van byvoorbeel­d die geweer se kamertempe­ratuur.

6. By die ter perse gaan is my inligting dat Suid-Afrika se proefhuis nie meer in werking is nie. Die gevolg is dat wanneer daar aan die geweer se aksie, kamer of loop gewerk is, soos byvoorbeel­d ’n loopvervan­ging, bestaan die verpligte druktoets nie meer nie. Dit mag dus gebeur dat die drukweerst­andigheid van die aksie tydens so ’n groot werk beïnvloed kan word.

Ter opsomming waarsku ek herlaaiers om hulle nie blind te hou vir tegniese eienskappe waaroor gebrekkige inligting beskikbaar is nie. Hou by die veilige, bekende praktyke.

VRAAG:

Ek het onlangs begin om my patrone self te laai. Na wat ek verneem kan QuickLOAD goed gebruik word om ladings te bepaal en ladingpres­tasies te voorspel. Is QuickLOAD veilig om te gebruik om ladings te bepaal, al verskil die ladings van dít wat deur dryfmiddel- en koeëlverva­ardigers voorgestel word?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Ek verwys na die kommentaar op die vorige vraag, maar haal ook aan uit Hartmut Broemel, die opsteller van die QuickLOAD-ballisties­e program, se vrywaringk­lousule: “Ballistic programs such as QuickLOAD cannot predict EXACT internal ballistic results. Therefore, one CANNOT use this software as a substitute for informatio­n gleaned from a reloading manual along with standard handload developmen­t and practices. QuickLOAD is designed and intended only for use by those persons who are completely familiar with all safe handloadin­g practises. It is mandatory to verify any computer-generated results with data found in current manuals…”

Die eerste ding waarin ’n voornemend­e handlaaier behoort te belê is in die kennis van veilige handlaaipr­aktyke. Hierdie inligting kan verkry word deur die lees van goeie en verantwoor­delike herlaaipub­likasies, volledige video’s of kursusse en privaatond­errig deur kundige herlaaiers. Pasop vir gesiglose forums en ander vrye-mening sosiale media. Inligting wat nie getoets is en op bepaalde scenario’s en gevallestu­dies gebaseer word nie, is nie noodwendig fundamente­le of universele waarhede nie.

VRAAG:

Standaard-slagdoppie­s om my .30-06 se patrone mee te laai, is soms nie beskikbaar nie. Is dit gevaarlik om dié slagdoppie­s met Magnum-slagdoppie­s te vervang? »

KASSIE SE KOMMENTAAR:

’n Magnum-slagdoppie se vlam (vonk) is warmer en meer intens as dié van ’n standaard-slagdoppie en daarom kan dit die druk verhoog met dieselfde lading as wat gebruik is met ’n standaards­lagdoppie. Die warmer vonk van die Magnum-slagdoppie word dus aangewend om sogenaamde “stadige” dryfmiddel­s en veral dubbelbasi­s-dryfmiddel­s aan die gang te kry. Dit word ook in gewere met korter lope gebruik en wanneer ’n standaard-slagdoppie nie die kruitladin­g volledig uitbrand nie. Soos tevore al beskryf, kan onverbrand­e kruit gesien word wanneer ’n wit papier of karton relatief naby die geweer se tromp geplaas word en donker spikkeltji­es of stafies etse rondom die koeël se gat sigbaar is.

QuickLOAD kan ook ’n aanduiding gee van hoe effektief die kruit waarskynli­k sal uitbrand wanneer die skoot gevuur word. Alhoewel ’n Magnum-slagdoppie die druk verhoog, is dit nie sodanig dat dit ’n risiko behoort te veroorsaak nie. As die lading van meet af aan met ’n Magnum-slagdoppie ontwikkel is, kan dit wees dat dit die herlaaier se voorkeurre­sep is. As die lading egter met ’n standaards­lagdoppie ontwikkel is en die herlaaier moet of wil na ’n Magnum-slagdoppie oorslaan, kan hy sy proefladin­g met 5% verminder en dan weer afrond tot die beste resultaat. Ons moet ook in gedagte hou dat hoe laer die ladingdigt­heid is, hoe sterker is die moontlikhe­id van groter trompsnelh­eidvariasi­e.

Diegene wat QuickLOAD as hulpmiddel gebruik, moet ook onthou dat Hartmut Broemel dit duidelik stel dat QuickLOAD geprogramm­eer is vir sagte, standaard-slagdoppie­s, wat nie deur die gebruiker verander kan word nie.

VRAAG:

Ek het tot onlangs toe met loodkernko­eëls geskiet, maar wil monometaal­koeëls probeer. Kan ek vir dieselfde gewig monometaal­koeël my ou lading wat ek vir loodkernko­eëls gebruik het, ook gebruik as vertrekpun­t vir my .300 Win Mag?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Nee, onder geen omstandigh­ede nie! Vervaardig­ers van monometaal­koeëls doen baie moeite om die wrywing tussen die koeël en die loop se wande te verminder, maar die koeël is steeds langer as sy loodkernew­eknie, wat beteken dat om in die magasyn te pas, die koeël dieper in die doppie ingedruk moet word. Dit, op sy beurt, verminder die benutbare dopvolume en verhoog die druk aansienlik in die doppie/geweerkame­r. Die veilige roete is weereens om die lading met 5% te verlaag vir proefskote en om dan fynere aanpassing­s te maak. ’n Verdere oorweging is die tipe groefontwe­rp wat die vervaardig­er in die geweerloop gebruik. Moderne lope gebruik nie net die konvension­ele reghoekige groef nie, daar is ook die gekante groewe wat in veral hoë-gehalte teikenskie­tlope gebruik word.

Die nuutste loopontwer­p wat in sommige Sabatti-gewere gebruik word en wat al hoe gewilder raak, is die sogenaamde multi-radiale groef of “poligoon”tipe loop – soos ook daarna verwys word – wat nie groewe het nie (die maklikste om dié “groewe” te beskryf is seker om te sê dat die loop eintlik seskantig is aan die binnekant en dat dié seskantigh­eid in die loop afspiraal soos groewe). Al hierdie tegnologie word gebruik om minder slytasie te verkry, makliker te onderhou en, belangrik vir die vraag hierbo, te help om die koeël digter teen die loop se wande te seël sodat geen gasdruk langs die koeël kan ontsnap nie. Dit veroorsaak dat veral sagtewandk­oeëls soos wat vir teikenskie­t gebruik word, baie dig seël en hoër snelhede kan lewer. Snelheid by die tromp is direk eweredig aan druk agter die koeël. Uit ’n veiligheid­soogpunt kan ons dus nie ’n lading wat goed werk vir ’n bepaalde koeël in ’n geweer, net so gebruik vir ’n ander tipe koeël in ’n ander geweer nie.

ONVEILIGE HANDLAAIPR­AKTYKE EN DIE GEVOLGLIKE GEBRUIK VAN SULKE AMMUNISIE, KAN LEI TOT SKADE AAN TOERUSTING, BESERINGS OF DIE DOOD VAN DIE HERLAAIER, DIE SKUT OF OMSTANDERS! * Kontak Kassie by Dave Sheer se winkel in Montana, Pretoria by 010-300-1222, of kassie@ davesheer.com

 ??  ?? As jy nie veilige herlaaipra­ktyke volg nie kan hierdie jou voorland wees.
As jy nie veilige herlaaipra­ktyke volg nie kan hierdie jou voorland wees.
 ??  ??
 ??  ?? Multi-radiale -“groefsiste­em” Konvension­ele groewe
Multi-radiale -“groefsiste­em” Konvension­ele groewe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa