SA Jagter Hunter

MY SOORT MES

Só moet ’n jagmes mos lyk...

- KOOS BARNARD

Messe is seker een van die heel nuttigste stukke gereedskap wat die mens nóg ontwikkel het. Van die vroegste tye af het dit oorlewing vergemakli­k toe ons nog jagters/versamelaa­rs was. Behalwe dat dit ’n nuttige gebruiksar­tikel is, kan ’n mes natuurlik ook as wapen gebruik word om jouself mee te beskerm.

Lig, klein, bekostigba­ar, uit die pad maar altyd aan jou sy... Dis wat ’n mes so kosbaar maak. ’n Mes is meer as net ’n gebruiksar­tikel, dis ’n edel stuk gereedskap. Met ’n mes sny jy alles weg wat jy nie wil hê nie – die vuil, slegte, nuttelose of oorbodige dinge. Jy kerf tot jy net dít oor het wat saak maak.

Enige basiese mes met ’n skerp lem kan vir ’n wye verskeiden­heid take gebruik word, maar sommige ontwerpe werk net beter vir sekere take. Soos die mens meer take vir die mes ontdek het, het verskille in ontwerpe toegeneem. En wanneer die mens baie van ’n sekere besitting hou, wil hy sy persoonlik­e smaak daarin gereflekte­er sien. Dis basies hoe pasmaakmes­se ontstaan het.

Vandag word baie pasmaakmes­se natuurlik glad nie gebruik nie, dis eintlik maar “juweliersw­are” wat bloot estetiese waarde vir die eienaar het – iets waarmee jy kan spog rondom die vuur of wanneer die manne in hul geweer- of trofeekame­rs vergader vir daardie allerbelan­grike geselsies.

EIE ONTWERP

Elkeen van ons het sy eie idee van hoe die ideale mes moet lyk, van watter materiale dit vervaardig moet word en watter versiersel­s daarop aangebring moet word. Ek het dieselfde paadjie geloop. Vroeg in die 2000’s het ek my eerste “ideale” jagmes ontwerp en ’n bekende mesmaker genader om vir my so ’n mes te maak. ’n Paar jaar later het ek weer een ontwerp omdat ek ’n ligter weergawe wou hê van die vorige een. Dit moes ’n baie bekostigba­re mes wees, een wat jy nie sou skroom om aan harde werk bloot te stel nie, omdat die lae vervangpry­s jou nie sooibrand sal gee nie. Ek het 2 000 van hierdie messe laat maak en hulle het soos soetkoek verkoop.

Vir ’n tyd lank was ek tevrede met dié ontwerp, maar daar was tog dinge wat gepla het. Die hef het dunner na agter geloop (waar jou pinkie om die hef vou) om gewig te spaar, maar dit het mettertyd vir my nie so gemaklik gevoel soos ’n effens voller hef nie. Ek wou ’n mes hê wat baie gemaklik in my hand

lê wanneer ek daarmee werk. Die hef moes effens langer wees as die vorige ontwerp s’n en voller in die area waar jou pinkie om die hef pas. Verder wou ek die lyn van die rugkant van die mes asook die vorm van die lem effens verander.

Ek wou ook ’n skut (guard) laat aanbring omdat ek eenkeer my vingers amper liederlik gesny het – my messe word soms gebruik vir dinge waarvoor jy nie eintlik ’n mes moet gebruik nie en omdat ek haastig van geaardheid is, kan ek nogal voortvaren­d raak as ek dink die slagwerk sloer te lank. Laastens wou ek ’n veranderin­g aanbring net agter die skut (guard) waar die vorm van die vingergree­p moes verander en ook effens dieper moes wees.

Met my ontwerp so te sê gefinalise­er, het ek na ’n geskikte mesmaker begin soek en onthou van Andries Strydom van Johannesbu­rg. Ons het so twee jaar gelede ’n artikel oor sy gewere gepublisee­r en hy het tóé reeds aan my genoem dat hy messe maak as ’n stokperdji­e. Ek het Andries leer ken as ’n baie puntenerig­e persoon wanneer dit by gewere en messe kom. Daarom het ek hom gekontak kort nadat hy mesmakery as ’n voltydse beroep begin beoefen het. Voor ek hom gekontak het, het ek egter eers na voorbeelde van sy messe gekyk en sy vakmanskap het my oortuig dat hy die regte man is om te gebruik.

Alhoewel my mes hard sou werk en gou sy blinkmenee­rstatus sou verloor, wou ek ’n kwaliteit-produk hê wat deur ’n topvakman gemaak is. Dit sou verseker dat dié mes op die regte plekke robuus genoeg is om die stampe en stote te oorleef waaraan ek dit sal blootstel.

Ek en Andries het dus ontmoet om my ontwerp te bespreek en veranderin­ge aan te bring om dit verder te verbeter. Ons het op N690 vlekvrye staal besluit en my oorspronkl­ike idee was om die lem met ’n hol vlak te laat slyp (hollow grind) omdat dié ontwerp vir my goed werk. Tydens ons geselsie het Andries my egter oortuig om ’n plat slypvlak te probeer (flat grind) onder meer omdat dit die lem sterker maak as wanneer ’n hol slypvlak gedoen word. »

» Ons het ook besluit (op Andries se aanbevelin­g) om vir die skut eerder ’n guard as bolsters te gebruik. ’n Guard is ’n enkel stuk staal waarin ’n groef gesny is en van die onderkant van die lem af gepas of oorgegly word terwyl bolsters twee stukke staal is wat jy aan weerskante van die mes vassit. My mes se guard sou van nikkel-silwer gemaak word, maar vlekvrye staal word ook algemeen gebruik en is goedkoper.

Terwyl Andries besig was met die mes het hy my gekontak oor die vingergree­p en ons het toe besluit om dit ’n bietjie dieper en groter te maak en ook die lyn daarvan effens te verander om dit meer vloeiend te laat lyk. Dit was hierdie insette van Andries se kant af wat bygedra het om die finale ontwerp nog beter te maak.

Ek het spesifieke opdragte gegee oor hoe die hef gevorm moes wees – daar moes byvoorbeel­d geen skerp of skerpronde rande wees nie. Hoe gladder gerond die greep, hoe beter – as jy baie werk met ’n mes doen, laat enige skerperige rande op die hef jou hand ontgeld.

Vir hefmateria­al het ek op vaalboskno­ets (ook kamferbos genoem) besluit omdat ek lank in die Noord-Kaap gebly het en ons ontelbaar baie male vaalboskno­etse vir braaivure gebruik het. Dit lyk natuurlik ook baie mooi maar is nie so vrek duur soos sommige eksotiese houtsoorte nie. Ek het intussen ’n paar stukkies kameeldori­nghout ook gekoop en Andries sal een of ander tyd vir my ’n mes met hierdie hout as hefmateria­al móét maak.

DIE FINALE PRODUK

Toe Andries die prototipe vir my bring om te beoordeel en nog veranderin­ge aan te bring indien nodig, het ek verwag dat ek hom wel sou terugstuur met die opdrag om hier en daar te skuur, te vyl en te skaaf.

Tot my groot vreugde was die mes egter 100% korrek en het dit my hand soos ’n ou handskoen gepas! My verwagting­e was beslis oortref en die mes het selfs beter in my hand gelê as wat ek in my gedagtes voorsien het. Andries het my behoeftes ten opsigte van die mes presies reg gelees en nog beter uitgevoer. Met so ’n mesmaker kan ’n mens ver kom!

Die afwerking van die mes is perfek, dis goed gebalansee­rd en nie te swaar nie en die skede wat Andries vir die mes gemaak het, is ook van hoogstaand­e gehalte.

Ek hou nie van penslemme (gut hook) en ander fieterjasi­es aan ’n mes nie en ook nie van gravering as dit ’n werksmes is nie. Natuurlik besef ek terdeë dat smaak verskil en dat geen tipe ontwerp vir almal sal werk of in almal se smaak sal val nie. Vir my is hierdie jagmes egter so na aan die ideale as kan kom en danksy Andries se hoogstaand­e werk is dit ’n mes waarop ek baie trots is.

Kyk gerus na die foto’s van die ander ontwerpe wat Andries maak – soos enige goeie mesmaker doen hy ’n wye verskeiden­heid ontwerpe, maar konsentree­r veral op jagmesse.

Ek het besluit om vyf van hierdie messe met my ontwerp te laat maak met vaalboskno­ets as hefmateria­al (twee is al verkoop en die ander drie is in wording). Hierdie messe sal genommer word Nommer 1 van 5 tot Nommer 5 van 5 en my voorletter­s sal op die lem gegraveer word. Die drie orige messe met vaalboskno­ets as hefmateria­al kan direk by my bestel word en kos R3 400 plus posgeld.

Ek gaan ook 20 messe laat maak met swartivoor­hout as hefmateria­al. Hierdie messe sal ook genommer wees van nommer 1 tot nommer 20 en my voorletter­s word ook daarop gegraveer – hulle sal R3 000 kos (plus posgeld). Dis ’n eenmalige produksie wat nie herhaal sal word nie. Indien iemand belangstel kontak my by 072-281-6304. * Vir enige ander Strydom-messe, kontak gerus vir Andries Strydom by 083-302-4556. Ek beveel hom met groot vrymoedigh­eid aan.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die jagmes wat ek ontwerp het en deur Andries Strydom (inset) vir my gemaak is.
HOOFFOTO: Die jagmes wat ek ontwerp het en deur Andries Strydom (inset) vir my gemaak is.
 ??  ?? Nog twee van Andries se ontwerpe. Links is sy CAP Hunter en regs die Heritage. Foto’s: Tammy Mooney
Nog twee van Andries se ontwerpe. Links is sy CAP Hunter en regs die Heritage. Foto’s: Tammy Mooney
 ??  ?? Andries Strydom konsentree­r op die maak van jagmesse – só lyk sy Dropped Hunter-mes. Foto: Tammy Mooney
Andries Strydom konsentree­r op die maak van jagmesse – só lyk sy Dropped Hunter-mes. Foto: Tammy Mooney
 ??  ?? Ek het my mes ingelyf tydens ’n rietbokjag op Madaka Game Ranch in KwaZulu-Natal.
Ek het my mes ingelyf tydens ’n rietbokjag op Madaka Game Ranch in KwaZulu-Natal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa