SA Jagter Hunter

RS SPORTS PRECISION-SKIETKOMPE­TISIE

-

Op 8 September vanjaar word die RS Sports Precision Skietkompe­tisie weereens, soos die afgelope agt jaar, in Welkom aangebied in samewerkin­g met SA Jagters se Sandriver-58-tak. Alle fondse wat gegenereer word, is ten bate van die Sandrivier-58-tak. Hulle beplan om hiermee ’n klubhuis en skietbaanf­asiliteite te bou ter voorbereid­ing van die 2019 World Gallery Championsh­ip. Die Excalibur-skietbaan is sentraal geleë en daarom ideaal om die Hunter Junior Champs & All Gallery Shooting Trail hier aan te bied.

DIE FORMAAT VAN DIE KOMPETISIE IS AS VOLG:

• Skuts skiet sewe skote elk waarvan ses telskote vir die groepering is (2x drieskootg­roeprings). Die twee groepering­s se grootte word bymekaar getel en die gemiddeld daarvan word geneem. Die skietafsta­nd is 200m.

• Alle skietrusse sal voorsien word om ’n gelyke speelveld te verseker.

• Alle inskrywing­s sal aanlyn hanteer word.

• Elke skut mag drie keer skiet (drie inskrywing­s) maar dit moet dan met drie verskillen­de kalibers gedoen word.

• ’n Vriend of familielid mag met jou wapen skiet, maar jy moet self teenwoordi­g wees op die baan.

• Daar is geen teleskoopb­eperking nie.

• Geen F-klas-gewere en geen trompremme ( muzzle brakes) word toegelaat nie.

• Die huidige infrastruk­tuur kan slegs 300 skuts hanteer, so dis belangrik om betyds in te skryf. ’n Aparte Junior Skietkompe­tisie sal ook gehou word met windbukse/PCP-luggewere en .22LR soos bepaal deur die reëls van SA Jagters. Die ouderdomsg­roepe is o/9, o/13 en o/18. * Vir verdere inligting en reëls kontak Ramon Strydom by 057-355-3304, 086-502-1128 of 082-907-2231. * E-pos: ramon@rssports.co.za en besoek hul webtuiste by www.rssportswe­lkom.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa