VER SKIET: JAG JY OF SKIET JY?

Lang­af­stand­jag is ’n taai e­tiek-ta­me­le­tjie...

SA Jagter Hunter - - INHOUD - FRAN­COIS VAN EMMENES

Op die Fa­ce­book­blad van SA JAGTER/HUN­TER plaas men­se soms on­aan­vaar­ba­re in­lig­ting, soos ’n fo­to/vi­deo van ’n bok wat op meer as 500m met ’n kop­skoot plat­ge­trek is. Dees­dae sien ’n mens al hoe meer van hier­die ti­pe fo­to’s en vi­deo’s met uit­bun­di­ge high fi­ves en gil­le wat ’n mens laat dink dat die Blou Bul­le weer die Su­per Rug­by­reeks ge­wen het. Sul­ke pla­sings word ge­woon­lik deur die blad se ad­mi­nis­tra­teurs ver­wy­der, met ’n kort ver­dui­de­li­king – dit strook een­vou­dig nie met die blad se be­leid nie.

Som­tyds be­vat hier­die fo­to’s of vi­deo’s bla­tan­te on­e­tie­se of on­aan­vaar­ba­re ge­drag; soms is dit ’n bie­tjie moei­li­ker om te oor­deel. Wat kom­mer­wek­kend is, is die dui­de­lik groei­en­de ten­dens van jagters wat sko­te op wild neem oor ui­ter­ste lang af­stan­de. Om die fo­to’s en vi­deo’s dan op hier­die plat­forms te deel, blyk am­per die norm te wees. Hoe­kom? Ek ver­moed, en ek glo ek is reg, dat dit maar een­vou­dig ’n bie­tjie groot­pra­te­ry is. Brag, in goeie ou En­gels.

Daar is geen twy­fel nie dat groot voor­uit­gang ge­du­ren­de die af­ge­lo­pe, sê tien tot vyf­tien jaar ge­maak is om skiet­toe­rus- ting soos te­le­sko­pe, ge­we­re, lo­pe, nu­we ka­li­bers, koe­ëls en dop­pe te ont­wik­kel en te ver­be­ter om skuts in staat te s­tel om groe­pe­rings te skiet wat vroe­ër net ’n uit­ge­soek­te paar man­ne be­sko­re was. Die in­ter­net is vol ad­vies en be­lan­ge­groe­pe, en al wat om­trent in ’n man se pad staan om die V-kol op 600m met sy plat­skiet­ge­weer te tref, is die dik­te van sy beursie en ge­noeg tyd om te oe­fen.

SKIET OF JAG?

Maar is dit jag? Die man­ne wat ver skiet, sê ja. Hul­le hou voor dat dit maan­de se voor­be­rei­ding verg, die reg­te ka­li­ber, te­le- skoop, pre­si­sie­ge­laai­de pa­tro­ne en dies meer, en dat hul­le baie oe­fen. Daar­aan het ek geen twy­fel nie. ’n Mens hoef slegs een kyk te gee na die ti­pe toe­rus­ting wat ge­bruik word om te be­sef dat geen uit­ga­we ge­spaar is nie, en as ’n mens na die voor­stan­ders van ver skiet luis­ter, is dit dui­de­lik dat hul­le pas­sie­vol is oor wat hul­le kan en wil doen.

Ek vra eg­ter weer – is dit jag, ge­sien in die tra­di­si­o­ne­le sin? Ek ver­staan dat daar ver­skil­len­de ti­pes jag is – voor­sit, loop en be­kruip, aan­jaag, selfs bak­kie­jag, maar die vraag wat ge­vra moet word, is: Waar trek ’n mens die streep tus­sen skiet en jag? In hier­die ge­val ver­moed ek die streep word nie ge­trek nie...

Pla­sings van bok­ke wat op baie lang af­stan­de ge­skiet is, lok ge­woon­lik groot re­ak­sie uit on­der le­de wat die prak­tyk voor­staan (ek dink hier aan een spe­si­fie­ke on­lang­se ge­val). Baie van die kom­men­taar was ge­skoei op die uit­gangs­punt dat dit bin­ne die ver­mo­ëns van die skut is en dat hy eer­der ge­luk­ge­wens moet word vir ’n goeie skoot, as om ge­kri­ti­seer te word. Ek het twee pro­ble­me hier­mee:

VER­ANT­WOOR­DE­LIK JAG

Eer­stens, vol­gens my me­ning, kan ’n mens dit tot ’n groot ma­te be­skou as on­ver­ant­woor­de­lik. Se­ker­lik sal nie­mand stry dat ons nie ’n bok se ge­drag kan

voor­spel nie. Selfs bok­ke wat sa­lig on­be­wus is van ’n jagter, word be­ïn­vloed deur an­der fak­to­re soos by­voor­beeld ’n an­der bok wat hom pla, ’n muis wat on­der sy voe­te skar­rel en hom laat be­weeg, ’n vo­ël wat op hom kom sit. Dink net hoe­veel maal het jy al ’n bles­bok dop­ge­hou wat sy kop ge­reeld skud.

Kom ons ver­on­der­stel dat ’n 140gr-koe­ël met ’n bal­lis­tie­se ko­ëf­fi­si­ënt van .500 die loop ver­laat teen 3 000vps. Die vlug­tyd oor 100m is so­wat 0.11 se­kon­des. Op 500m is dit so­wat 0.60 se­kon­des en oor 700m 0.90 se­kon­des. Die tyd wat die koe­ël deur die lug trek, is vyf en ’n half keer meer op 500m en meer as agt keer meer op 700m as op 100m. Ont­hou dat koe­ël­snel­heid af­neem met af­stand, so die som is nie li­ne­êr nie. Dit is dalk slegs 0.79 se­kon­des lan­ger as op 100m, maar die feit bly staan dat ’n bok se kop, of sy lyf, baie ver­der kan be­weeg in 0.90 se­kon­des as in 0.11 se­kon­des. As ’n bok teen ’n baie in­ge­toë spoed van 2km/h stap en be­gin be­weeg die oom­blik wan­neer die koe­ël die loop ver­laat, sal hy on­ge­veer 50cm vo­ren­toe ge­stap het teen die tyd dat die koe­ël by hom uit­kom. Die wis­kun­de is een­vou­dig: dit sal die ver­skil be­te­ken tus­sen ’n blad­skoot en ’n pens­skoot op ’n groot bok.

Ek hoor reeds die ver-skiet­man­ne skreeu: “Ja, maar dit kan ge­beur op 50 of 100 me­ter ook. Ons sien baie man­ne kwes op daar­die af­stand!” Dit is we­lis­waar só dat dit kan ge­beur op e­ni­ge af­stand, maar die punt is dat jou kan­se op ’n brou­skoot so­veel gro­ter raak as ge­volg van die ak­sie van die dier op ui­ter­ste af­stan­de.

Ver­der kan geen mens die in­vloed van wind ak­ku­raat be­paal oor sul­ke af­stan­de son­der an­der hulp­mid­dels nie. Op Bis­ley-ba­ne ge­bruik die skuts vlae wat op el­ke af­stand hang en die span se af­rig­ter of wind­le­ser is aan­ge­we­se op sy on­der­vin­ding om die wind te “roep”. In die bos het ’n mens nie vlae nie. ’n Skie­li­ke ruk­wind, of die ver­keer­de op­som­ming deur die skut van pre­sies hoe sterk die wind waai, het op ui­ter­ste af­stan­de ’n e­nor­me ef­fek op die koe­ël se tref­punt.

T­wee­dens. Ek ver­wys na die ou En­gel­se spreek­woord wat lui: The end does not jus­ti­fy the me­ans, of an­ders ge­stel: Maak die suk­ses­vol­le skoot die ge­drag van die skut aan­vaar­baar? Ek dink nie so nie. As ons hier­die sie­ning in ons daag­lik­se om­gang met an­der men­se en by die werk toe­pas, sal ons stel­lig in groot »

» moei­lik­heid be­land. Hoe­kom dit in die jag­veld toe­pas? Het ek die reg­te ding ge­doen as ek teen 240km/h op die N1 jaag en nie ge­vang word nie?

In ’n be­bos­te ge­bied won­der ek hoe ’n skut kan be­paal of hy ’n bok ge­kwes het op daar­die af­stand? Daar kan jy nie net vin­nig na­der stap en kyk nie. Met loop-en-be­kruip­jag merk ons die plek waar ons ge­staan het, let op na die skoot­rig­ting, merk ’n boom, miers­hoop of iets der­ge­liks na­by die po­si­sie van die prooi en stap daar­heen in ge­val van on­se­ker­heid. Ver­der let ons op na die ge­drag van die dier na­dat hy die skoot ont­vang het – ’n lin­ker­been wat af is, ’n kop wat ge­skud word, ens. Hoe doen jy dit op sê 700m uit ’n piep­klein ge­sigs­veld? Hoe kry ’n mens selfs weer die pre­sie­se plek waar die bok ge­staan het as jy 700m deur die bos moet stap? Ek moet eer­lik­waar won­der of ve­le van hier­die bok­ke nie “mis ge­skiet” word, net om la­ter in die veld met ’n bek­skoot op­ge­tel te word nie.

TOE­RUS­TING EN METODES

’n Ver­de­re aan­ge­leent­heid of twee verg ook ’n (in­ter­ne?) on­der­soek. Die mees­te van hier­die plat­skiet­ge­we­re wat ek al on­der oë ge­had het, lyk eer­der as­of dit in die han­de van ’n A­me­ri­kaan­se US Ma­ri­ne-skerp­skut­ter hoort as in die jag­veld. Ui­ter­ma­ti­ge groot te­le­sko­pe, par­ty toe­ge­rus met re­ke­naars wat skiet­hoek, tem­pe­ra­tuur, af­stand, windspoed en wat nog al­les in ag neem, as­ook al­ler­han­de gad­gets, gaan saam met die skut veld toe net so­dat hy daar­die sko­te kan skiet.

Is dit reg­tig jag? Wat het ge­word van loop en be­kruip en die kuns om so na­by as moont­lik aan die bok te kom om jou eie (jag-, nie skiet-) ver­mo­ëns te toets? Om die wind in ag te neem (nie vir koe­ël­pla­sing nie, maar so­dat die bok jou nie ruik nie). Ook die snork­blaas van ’n rooi­bok­ram te hoor en te be­sef jy moet vin­nig maak, want hul­le het jou ge­sien. Ja, jag gaan oor meer as net die druk van die snel­ler wat lei tot die bok se dood. Dit be- hoort ’n er­va­ring te wees wat jou na­der aan die na­tuur bring, jou die veld laat be­leef en din­ge leer van die wild, vo­ëls en gog­gas...

Ver­der het ’n dier wat op 700m ge­jag word, geen kans om die jagter te ont­wyk nie, aan­ge­sien hy nie eens be­wus is van hom nie. Dit is ’n in­te­gra­le deel van jag om jou prooi ’n re­de­li­ke kans te gee om te ont­snap. Ek waag dit om te sê dat die 700mskut niks of wei­nig van so ’n i­de­a­le jag­er­va­ring kan er­vaar nie en dat die jag bloot gaan oor die lang­af­stand­skoot waar­toe sy toe­rus­ting, ver­mo­ëns en voor­be­rei­ding in staat is. Daar­mee sê ek nie ’n jagter moe­nie die bes­te toe­rus­ting wat hy kan be­kos­tig, ge­bruik nie. Ons het al­mal tog die ver­ant­woor­de­lik­heid om ons bes­te te doen om die bok met een skoot te fel, maar be­oe­fen jy jag, of skiet jy skyf in die jag­veld?

MORALITEIT

Al­mal het voor­keu­re en o­pi­nies oor wat reg en ver­keerd is, wat e­ties is en wat nie, en aan die ein­de van die dag moet ons na ons­self in die s­pie­ël kan kyk en rus­tig kan slaap. Dis eg­ter nie waar dit stop nie. As jagters het ons ’n mo­re­le ver­plig­ting om dit wat ons doen te kan ver­de­dig en te kan reg­ver­dig on­der die ver­groot­glas van pu­blie­ke o­pi­nie. Hou daar­van of nie, maar dit is waar, en baie re­le­vant.

Ek preek en pro­pa­geer ook nie dat ons moet toe­gee aan el­ke eis van die die­re­reg­te­groe­pe nie, maar ons kan een­vou­dig nie net doen wat ons wil nie. Om die mag van pu­blie­ke o­pi­nie te ig­no­reer, sal ’n baie groot fout wees.

Hoe reg­ver­dig jy dit nog as “jag” as ie­mand sou vra wat­ter kans die dier dan ge­staan het ter­wyl jy hom op 800m soos ’n skerp­skut­ter ge­skiet het? Dít wat ons in die jag­veld doen, moet se­ker­lik ’n goeie ma­te van ver­ant­woor­de­lik­heid en mo­re­le ver­plig­ting ver­eis, an­ders s­tel ons ons­self oop vir on­no­di­ge kri­tiek – iets wat ons as jagters duur te staan kan kom in die toekoms.

Vra jou­self dus af – het ek werk­lik ge­jag of het ek bloot ’n bok op ’n baie ver af­stand dood­ge­skiet?

In die Vry­staat­se vlak­tes waar daar wei­nig bo­me groei, is die sig­veld baie gro­ter en ‘n ge­kwes­te bok kan vin­nig be­speur word, wat lan­ger sko­te moont­lik maak. Maar waar trek ’n mens die streep?

Val­lei­bos­veld in die Oos-Kaap. Baie lang­af­stand­sko­te word van hoë po­si­sies af ge­neem, maar hoe kry jy weer die spe­si­fie­ke plek waar die bok ge­staan het as jy 700 me­ter ver is?

Val­lei­bos­veld in K­waZu­lu-Na­tal. Hoe gaan jy be­paal wat­ter rig­ting ’n bok in­ge­slaan het as hy in dig­te bos­se ver­dwyn na ’n skoot van meer as 500 me­ter ver?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.