SA Jagter Hunter

SNOTSIEKTE: WILDBOERE MOET OPDOK

-

In ’n onlangse hofuitspra­ak is wildboere gedwing om ’n beesboer te vergoed vir die verlies van 104 beeste as gevolg van snotskiete wat deur hul blouwildeb­eeste aan die beesboer se kuddes oorgedra is.

Die eienaar van Kwantum Simmentale­rs, Piet Wolmarans, boer reeds 25 jaar lank op sy plaas tussen Rustenburg en Swartrugge­ns en hy is ’n bekende teler van dié beeste.

Meneer Wolmarans het nooit aan die moontlikhe­id van snotsiekte gedink nie omdat blouwildeb­eeste, wat die draers van hierdie siekte is, nooit in die omgewing voorgekom het nie. Piet se bure is wildboere wat blouwildeb­eeste op hul eiendomme gevestig het en dis vanaf hierdie eiendomme wat die snotsiekte deur sy Simmentale­rs opgedoen is. Toe onderhande­lings met die bure misluk, het hy ’n siviele eis teen hulle ingestel waarna die hof in sy guns beslis het. Ingevolge artikel 11 (1) van die Wet op Dieresiekt­es moet boere alle moontlike stappe doen om die verspreidi­ng van siektes te voorkom.

Daar is ooreengeko­m op ’n skikkingsb­edrag vir die verlies van Wolmarans se beeste en die bure het opdrag gekry om die blouwildeb­eeste te verwyder van die plase wat aan meneer Wolmarans se stoetplaas grens.

Hierdie hofuitspra­ak is ’n duidelike waarskuwin­g aan wildboere wat blouwildeb­eeste in sekere gebiede wil vestig dat hulle verantwoor­delik gehou kan word vir hul bure se veeverlies­e weens snotsiekte. Bron: Jasper Raats, Landbouwee­kblad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa