SA Jagter Hunter

DOOIERUS – DIE ANTWOORD OP APARTHEID

-

Jy ken hulle maklik uit op die skietbaan: Die manne wat nie gediend is met apartheid nie. Hulle dra sandsakkie­s en allerhande domkragpat­ente aan tafel toe en dan begin hulle stelselmat­ig takelwerk oprig om die geweer aan Moeder Aarde vas te bou. Moenie so ’n slag dom vrae vra nie. Hierdie manne weet wat hulle doen.

Groepering, sal enige bedrewe skieter van koeëls, pyle of kettieklip­pe jou verseker, is kritiek as dit kom by akkuraathe­id. Want maak nie saak waar jou skote val nie (dié kan jy later regstel met ’n paar klieks) die belangriks­te is dat almal bymekaar is.

“Onder my duim,” sal so ’n skut kom vertel na hy sy teiken bekyk het. Of hy sal sê “een rand” of “vyf rand” om te verduideli­k hoe groot die kol is waarin sy skote pas.

Maar dan kry jy ook dié wat praat van tien rand. Gewoonlik met ’n lang gesig, want ’n tienrandno­ot is nogal groot. Dit kan beteken die skote lê verspreid soos donderbuie oor die Kalahari, of dit kan dui op die vloek van die teikenskut: Daardie een skoot wat vir een of ander rede weg van die ander val. Die een wat jou laat swets.

Sommer met die aankom na die teiken toe sien jy hom al: Doer eenkant staan hy soos ’n lugtige losskakel, pleks daarvan dat hy op haker gesak het in die skrum. (’n ‘Flyer’ noem hulle hom in Engels, asof hy op eie vlerke daar geland het. In Afri- kaans kan ’n mens seker praat van ’n weglêer of ’n dwaalskoot of selfs ’n randeier.)

Jou heel eerste gewaarword­ing wanneer jy so ’n droster gewaar, is ’n gevoel van teleurstel­ling. Tradisione­el is groepering mos die enigste ding waarmee ’n man kan spog as dit klein is. Jou tweede gedagte is regstellin­g, want dis nogal ’n verleenthe­id.

As niemand kyk nie plak jy dus eenvoudig die skuldige gaatjie toe en dan loop skiet jy nog ’n skoot, tot jy een kry wat mooi in die bondel val. Eers dan om- kring jy jou ‘groepering’ en skryf die presiese mate en die datum daarvan op jou teiken.

As daar getuies teenwoordi­g is kos dit egter bieg. “Aijaijai, kyk nou net hoe’t ek dié enetjie getrek. Lyk dan nou vir my die sand in die sandsakkie raak te kluiterig.”

Met ’n stewige dooierus, ’n koel kop en gladde wysvingerl­itte is dit gelukkig darem nie te moeilik om ’n goeie groepering te skiet nie. (Self is ek byvoorbeel­d nie eintlik ’n papierskie­ter nie, maar as ek die dag op my stukke is en my oog is in, skiet ek met ’n .270 ’n eenskootgr­oepering van minder as 7mm.)

Sukses hang egter tot ’n groot mate van jou gereedskap af. ’n Knap groepering is in werklikhei­d ’n bewys van ’n geweer se akkuraathe­id eerder as ’n toets van die skut. Maar wees gewaarsku: Op die tegniese front kan die soeke na die perfekte groepering jou senter in die beursie tref. Kompetisie­skuts en ander kruitversl­aafdes kruip later deur allerhande duur kopspasies in ’n poging om net nog ’n ekstra ietsie af te skaaf van hul skote se inherente apartheid.

Dit mag miskien onvanpas klink in ’n anti-apartheids­ituasie, maar uniformite­it is wet vir hierdie manne. Elke liefdevol gelaaide rondte moet in elke opsig identies wees aan sy glansende magasynmaa­tjies. En elke skoot moet met presies dieselfde soort presisie afgevuur word as sy voorganger. In die strewe na die piek van akkurate groepering – die ontwykende eengatgroe­p – tel elke enkele skoot.

Dis nou sover dit die skuts aangaan, in die mikroskopi­ese omgewing van die skietbaan. In die jagveld – daar waar die enigste papier op ’n rolletjie aan ’n tak hang – kry ’n mens ook te doen met groepering maar eenvormigh­eid is nie altyd moontlik nie.

In ’n groep jagters kry jy gewoonlik ’n lekker hegte klomp persoonlik­hede, maar dan kry jy mos soms ook daardie een flyer.

Hy is die een wat laataand om die vuur, as die res aanstaltes maak om te gaan slaap, aandring op “nog enetjie vir die pad”. En hy’s dan ook die weglêer wat die volgende oggend, as die ander manne al vroeg-vroeg in hulle stewels om ’n koffievuur­tjie gereed staan, nog lê en snork asof hy nodig het om eers sy pens op te pomp voor hy kan opstaan.

Hy is ook die een wat hoog en laag sweer hy het nie ’n bok gekwes nie, maar dan is dit een van sý koeëls wat tussen die pensmis gevind word. Of hy hou hom skaars wanneer daar moue opgerol moet word om te laai of te slag of te dra of ’n vuil bakkie skoon te skrop. Of sy beursie is telkens in verkeerde baadjie se sak. Of hy lieg soos Msholozi elke keer as hy iets vertel.

Die moeilikhei­d met so ’n vrot eier is natuurlik dat hy die kohesie van die groep beduiwel. Mettertyd ontstaan daar allerhande irritasies wat die manne uitmekaar laat dryf en dan sit jy op die ou end met kwaaivrien­dskap in die jagveld.

Maar ’n mens leer ook mos darem. Die kanse dat so ’n ou die volgende jaar weer gaan by wees as die bakkies douvoordag vertrek, is skraal. Jy maak eenvoudig mos maar soos jy op die skietbaan maak: Jy plak sy gaatjie op die naamlys stil-stil toe en dan trek jy jou kringetjie om ouens wat wel lekker saamstaan.

Groepering, weet enige skut of jagter mos darem, is die antwoord op apartheid!

In ’n groep jagters kry jy gewoonlik ’n lekker hegte klomp persoonlik­hede, maar dan kry jy mos soms ook daardie een flyer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa