WAAR AL­LES BE­GIN HET...

Kui­er-kui­er op jag­her­in­ne­rin­ge se spo­re...

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

BAR­RY VAN WYK

Wie se ver­ba­sing die groot­ste was, het tot op he­de on­be­ant­woord ge­bly. Te­rug­skou­end was dit la­ter ’n groot lek­ker­kry dat dit in my stan­derd se­we-jaar ge­beur het, met op­win­den­de ge­vol­ge vir die toe­koms...

Dit was weer tyd vir ons jaar­lik­se kui­er by oom Wil­lem. Hy het on­ge­veer 80 ki­lo­me­ter an­der­kant Beit­brug met bees­te ge­boer. Sy plaas het aan die Bu­by­ri­vier ge­grens, met aan die an­der­kant die groot ge­bied van die Nu­a­net­si-boer­de­rye wat van­dag nog be­staan. Sy plaas­huis was na­by die ri­vier en dit was ’n vreug­de om langs die ri­vier te stap en die groot bo­me te be­won­der. In die ho­ë­veld waar ons groot­ge­word het, was daar nie sul­ke bo­me nie.

Sa­ter­dag­mid­dag het ons op die plaas ge­ar­ri­veer en daar­die Maan­dag­og­gend word ek op­drag ge­gee om ’n bok te gaan soek ter­wyl oom Wil­lem sy e­nig­ste jag­ge­weer met drie pa­tro­ne in my hand druk. Dit was ’n Win­ches­ter .375 H&H. Dié ka­li­ber was ’n ge­wel­di­ge sprong van my pa se .22 waar­aan ek ge­woond was en die druk om raak te skiet was daar­om oor­wel­di­gend. (Die .22 staan nou nog in my kluis. ’n He­le klomp dui­we en ta­ren­ta­le en ook ba­saar­bees­te het voor sy loop ge­val.) Daar was na­tuur­lik geen ma­nier dat ek my on­se­ker­heid sou laat blyk, e­ni­ge te­ë­sin­nig­heid laat deur­ske­mer of selfs die op­drag van die hand sou wys nie.

EER­STE GROOTKALIBER-JAG

Twee boer­de­ry-as­sis­ten­te is na­der ge­roep om saam te loop in die uit­voe­ring van hier­die be­lang­ri­ke Maan­dag­og­gend­jag­tog. Dat ons koers ge­kry het ri­vier se kant toe en deur die ri­vier aan die an­der kant be­gin soek het na ’n rooi­bok, het my na­tuur­lik hoe­ge­naamd nie ge­pla nie. Die im­pli­ka­sie van die ri­vier­krui­sing het ek la­ter eers be­sef en kon toe maar net hoop dat die ei­e­naars en be­wa­kers van Nu­a­net­si nou nie te erns­tig sal voel oor ’n rooi­bok wat son­der toe­stem­ming aan hul­le kant ge­oes is nie. Dit was in 1961 (as die som­me reg is) en het niks te ma­ke met die ou­der­dom van die skry­wer nie.

So ge­beur dit toe die og­gend: My twee gid­se was na­tuur­lik to­taal on­be­wus van my on­se­ker­heid en be­noud­heid, ver­er­ger deur die swaar ge­weer in my hand (met sy reus­ag­ti­ge groot pa­troon). Plot­se­ling breek die oom­blik van waar­heid aan wan­neer die gid­se die trop­pie rooi­bok­ooie ge­waar en vir my wys. Daar is al­tyd die ge­vaar dat vis­vang- en jag­sto­ries iet­wat aan­ge­dik word en hoe ver­der die bok staan, hoe in­druk­wek­ken­der is die s­koot mos. Maar laat ons nou re­de­lik wees. Rooi­bok­ke in die veld is nie vas­ge­maak nie en is ook nie soos hans­lam­mers nie.

Ek het my bes ge­doen om die kor­rel en vi­sier op ’n rooi­bok­ooi se blad te kry en het uit­ein­de­lik die snel­ler ge­druk! Toe ek tot ver­haal kom na die ge­weer se te­rug­skop, lê daar ’n rooi­bok, wit­pens bo. Sy het in haar spo­re neer­ge­slaan. Dit was nie al nie... Die dood­skoot het die bok in die oor ge­tref!

Ver­won­de­ring, on­ge­loof en ver­ba­sing het ge­volg. En wie se ver­ba­sing die groot­ste was, ek of my gid­se, kan ek nie sê nie. Hul­le vraag of ek al­tyd só skiet, is na­tuur­lik met ’n be­slis­te “Ja!” be­ant­woord. Kort daar­na volg ’n koe­doe­koei, ook die re­sul­taat van dié skie­li­ke self­ver­troue. Tuis was oom Wil­lem se on­ge­stoor­de re­ak­sie: “Die bok­ke het se­ker maar voor die koe­ël in­ge­spring”.

PO­SI­TIE­WE GE­VOL­GE VAN KEU­SES

’n Mens se le­wens­ver­loop pen­del ge­du­rig tus­sen po­si­tief en ne­ga­tief. Een van my ui­ters po­si­tie­we keu­ses uit die ver­le­de was om Bu­la­wa­yo as woon­plek en werk­plek bo Fo­ch­vil­le te kies.

Dit was ’n on­ge­loof­lik goeie er­va­ring om in 1973 die des­tyd­se buur­staat an­der­kant die Lim­po­po te be­leef. Be­le­we­nis was na al­les, ook ’n be­wus­wor­ding van die land­skap waar­bin­ne jy jou be­vind. Hier­die land­skap kon ek met ver­loop van tyd en as ge­volg van my dag­taak stel­sel­ma­tig ont­dek. Dit het ra­di­kaal ver­skil van die Trans­vaal­se ho­ë­veld en het la­te­re keu­ses om in die bos­wê­reld my te gaan ves­tig, be­ïn­vloed.

Hier­die bos­veld het ek in­tens be­leef toe ek op ’n Son­dag­mid­dag ag­ter die stuur­stang van die C­hero­kee Ar­row al­leen te­rug­ge­vlieg het van Wan­kie na Bu­la­wa­yo. Die ruie bos­land­skap wat so on­der jou ver­by­gaan met nê­rens ’n oop kol vir ’n lan­ding nie, was on­ge­loof­lik, en die on­moont­lik­heid van ’n nood­lan­ding vir die oom­blik ir­re­le­vant. Dis soos ’n reis deur die sui­de van Na­mi­bië wan­neer jy ewe skie­lik be­wus raak van die wyd­tes rond­om jou. So ’n er­va­ring laat jou aan­spreek­lik voel so­dat jy nie net on­na­den­kend en on­ge­voe­lig wil dood­skiet nie. In­dien die skry­wer van Ge­ne­sis saam in die vlieg­tuig was, is ek se­ker hy sou ge­sê het: Dit ís waar: Hy het dit goed ge­maak!

Men­se op in­te­res­san­te plek­ke gee ook sin aan jou be­staan. As dit weer tyd was om Wan­kie se men­se te be­soek, het ek al­tyd ’n jag­ge­weer saam­kar­wei want daar was ge­noeg tyd om Maan­dag eers gou ’n draai in die veld te stap. Dit is mos so dat daar op ’n Maan­dag ge­rus moet word na die Son­dag se in­span­ning, soos ek dik­wels van kol­le­gas ge­hoor het. As ek en Har­ry eers ’n ver­sie saam ge­boer het, het hy skie­lik ge­vra of ek dan nie van­og- gend ’n bok gaan soek nie. Die mees merk­waar­di­ge van hom, as jy ge­vra het wát jy moet skiet en hoe­veel, was sy stan­daard­ant­woord: “Moe­nie vir my vra nie!” Die ge­volg was dat jy sy wild soos jou eie ge­sien en so han­teer het.

LEK­KER ZAM­BE­SI-JAGTOGTE

Jag het van­weë die guns­ti­ge lands­om­stan­dig­he­de nie by rooi­bok­ke en koe­does ge­bly nie. Uit­ein­de­lik het ek en Han­nes ons be­vind op pad na een van die mees be­son­der­se jag­ge­bie­de in A­fri­ka – die Zam­be­si­val­lei. Die jag­tog het plaas­ge­vind te mid­de van on­weers­wol­ke wat uit­ein­de­lik ra­di­ka­le ver­an­de­ring tot ge­volg sou hê. Ons kamp was om vei­lig­heids­re­des ’n paar ki­lo­me­ter weg van die Zam­be­si, ho­ër op langs die C­he­wo­re.

Die­self­de on­se­ker­heid soos met die eer­ste rooi­bok, het aan my ge­knaag. In my hand het ek my eie .375 H&H Re­ming­ton ge­had wat ek in Bu­la­wa­yo ge- koop het vir die groot be­drag van on­ge­veer 550 R­ho­de­sie­se dol­lar. Ons pak­ket van 190 dol­lar het ’n buf­fel, vier rooi­bok­ke en ’n bos­bok, naas ta­ren­ta­le, fi­san­te en dies meer, in­ge­sluit. Dalk nie so in­druk­wek­kend nie, maar ge­meet aan he­den­daag­se s­tan­daar­de, spot­goed­koop. Dalk was ons on­se­ker­heid meer ’n be­noud­heid, want in ons ge­heue was die sto­ries van jag­ters wat die stryd teen ver­al ’n ge­kwes­te buf­fel nie oor­leef het nie. Ek ont­hou nog my ma se skep­tie­se ver­ma­ning dat ’n buf­fel ’n vuil­goed se ding is. Die ver­band tus­sen dié moe­ders­me­ning en die skep­ping, het ek ook maar on­be­ant­woord met rus ge­laat. Dit is soos die e­we­n­eens moe­der­li­ke waar­sku­wing dat die dui­wel ’n ge­weer laai. Al­bei dié waar­sku­wings het des­tyds deel ge­vorm van die ou­er­huis­de­bat.

PRET­TI­GE KUI­ERS BY P­RIE­STER

Ek moet nou eers ver­tel van my be­son­de­re maar ek­sen­trie­ke vriend, P­rie­ster. Dis ’n by­naam wat hy ge­kry het as sang­lei­er van Tuk­kies se in­ter­var­si­ty. Oom Wil­lem het ge­praat van die bok wat voor die koe­ël in­spring, maar hy het al­tyd ge­sê die lie­we S­kep­per het hom in jou hand ge­gee. As ek aan my eer­ste buf­fel dink met die twee sko­te van die .375 ag­ter die blad, met swak Kyn­och-koe­ëls ge­laai (wat die lon­ge by­na ge­mis het) kan dit nie an­ders wees nie. Ook dit ís so.

In la­ter ja­re het ek maan­de­liks op ’n Vry­dag-laat­mid­dag by hom aan­ge­gaan daar in die om­ge­wing van die Lun­di (Run­de dees­dae) na­by Ru­ten­ga. Teen daar­die tyd het die vuur ge­woon­lik al hoog ge­brand en ’n kamp­vuur­kui­er het ge­volg wat be­son­de­re hoog­te­pun­te op­ge­le­wer het. Ek moes ook vir hom “twee si­lin­ders” (G­len­fi­d­dich) saam­bring vir die maand, des­tyds het dit on­ge­veer twaalf rand stuk ge­kos.

On­no­dig om te sê, daar was al­tyd ’n rooi­bok of twee wat ek die Sa­ter­dag na moes om­sien. Kui­ers daar het ook soms uit­ge­loop op die ri­vier waar see­koeie en kro­ko­dil­le ter spra­ke ge­kom het. Dit was hier waar ’n .375 met ’n vol­man­tel­koe­ël goed ge­werk het en ’n see­koei met ’n brein­skoot ef­fek­tief ge­dood het.

Dit was die ein­ste P­rie­ster en ek wat op ’n Son­dag­aand (na »

Be­le­we­nis was na al­les, ook ’n be­wus­wor­ding van die land­skap waar­bin­ne jy jou be­vind. Hier­die land­skap kon ek met ver­loop van tyd en as ge­volg van my dag­taak stel­sel­ma­tig ont­dek.

» die ken­mer­ken­de Son­dag­ver­rig­tin­ge) be­sluit het om ’n draai te gaan ry net om te sien wat ge­beur na son­on­der in die veld. Jag was nie deel van die be­plan­ning nie, maar tog het die .375 saam­ge­ry vir die wis en die on­wis, al­dus vriend P­rie­ster se bruik­ba­re sug­ges­tie. Naas ’n be­son­de­re sin vir hu­mor, ge­sprek­ke oor te­o­lo­gie, kerk en die wê­reld, het ons ook ’n en­toe­si­as­tie­se waar­de­ring vir klas­sie­ke mu­siek, met be­son­de­re ver­wy­sing na o­pe­ra, ge­deel.

My ry­ding des­tyds was ’n “lig­te amps­mo­tor” in die vorm van ’n 1400 Dat­sun-bak­kie met “ka­nop­pie” op. Ter­wyl ons op die goeie plaas­paad­jie ry wat vo­ren­toe vurk in die rig­ting van die ri­vier of na die buur­man Sa­rel toe, luis­ter ons na ’n kas­set oor die band­spe­ler in die bak­kie. Die klank­sis­teem was be­son­der mo­dern vir daar­die tyd se bakkies – Pa­va­rot­ti kon die a­ria sing met die hoë-c’s uit die Dog­ter van die Re­gi­ment ( La Fil­le du Re­gi­ment) van Do­ni­zet­ti. Wat ’n heer­li­ke ma­nier om ’n Son­dag­aand te ver­wyl, in­der­daad!

Na­dat ons oor ’n mo­tor­hek is, word ons skie­lik van die mu­siek weg­ge­ruk, want voor ons het ’n koe­doe­bul plankd­wars in die pad ge­staan! Uit­ein­de­lik moes ons eers te­rug­ry huis toe om die bak­kie se ka­nop­pie af te haal en daar­na Ma­ta­ri, die jag­ven­noot, op te kom­man­deer om die koe­doe­bul op die bak­kie te help laai en by die huis te ver­sorg tot­dat die kar­kas aan die haak hang.

Die on­be­plan­de Son­dag­aand­jag­uit­stap­pie het toe ’n na­draai ge­had. Buur­man Sa­rel het Maan­dag ver­neem of dit dalk moont­lik is dat daar ’n koe­doe op sy plaas ge­skiet is. Die re­ak­sie is van­self­spre­kend, dit is on­denk­baar, ver­al van die­ge­ne wat op Son­dae hul­le brood moet ver­dien, nooit nie! Maar die skul­dig­be­vin­ding word on­af­wend­baar wan­neer Ma­ta­ri be­ves­tig dat die koe­doe aan die an­der kant van die mo­tor­hek ge­staan het – in­der­daad op die buur­man se grond. Mis­kien het goeie vriend­skap, die bos­land­skap in die nag­lig en Pa­va­rot­ti met die hoë-c’s van Do­ni­zet­ti iets daar­mee te doen ge­had.

IN PA SE VOET­SPO­RE VOLG

Die ak­ti­wi­tei­te van ’n pa wat met ge­we­re en jag om­gaan, loop ge­woon­lik as ’n re­ël daar­op uit dat die pa se voor­beeld na­ge­volg word. So het Jo­han se pad toe na­tuur­lik my­ne ge­volg. Van die be­gin, toe hy skaars kon praat, het hy el­ke keer wan­neer ek by die huis kom en die ge­we­re uit hul sak­ke haal om in die kluis te bê­re baie en­toe­si­as­ties laat hoor: ‘kie­te kyk, kie­te kyk’! Uit­ein­de­lik sou hy sy eer­ste rooi­bok skiet en ’n eer­ste koe­doe, hy sou ’n hart­ge­weer of twee aan­skaf... Van­dag is hy ’n ken­ner van skiet­goed en word sy ar­ti­kels oor jag en ge­we­re ge­reeld in ver­skeie tyd­skrif­te ge­pu­bli­seer.

Die Ge­ne­sis-skry­wer het ge­sê dit was goed ge­wees, dis waar, steeds waar. Daar­om sal die op­drag om te heers, te be­werk, vrug­baar te wees en te be­woon so uit­ge­voer moet word dat daar­uit be­sten­di­ge voor­uit­gang spruit. Die op­mer­king is al ge­maak dat ’n ge­weer ’n pas­poort is om in die veld te wees. Maar se­ker­lik het ’n mens nie ’n ge­weer no­dig om in die veld te wees nie. Ja, maar die skep­pings­op­drag im­pli­seer tog dat die na­tuur nie net aan sy lot oor­ge­laat kan word nie.

’n Gems­bok en koe­doe wat ek toen­ter­tyd ge­skiet het. Ons het toe nog nie baie aan­dag aan fo­to­gra­fie ge­skenk nie, van­daar die fo­to’s se swak kwa­li­teit.

Se­bras was vol­op in die ou R­ho­de­sië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.