NEXT LE­VEL-DEM­PERS

Dié fluis­ter­buis werk...

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

AR­MAND S­TEEN­KAMP

Toe Ni­col Brand van Next Le­vel-knal­dem­pers my bel en van sy nu­we knal­dem­pers ver­tel, moet ek in al­le eer­lik­heid sê, was ek nie baie op­ge­won­de nie. Ek meen, ’n dem­per is mos ’n dem­per. Ek is wel ’n groot aan­han­ger van knal­dem­pers. My vrien­de spot my al­tyd en sê dat as ek ge­weet het hoe om ’n knal­dem­per op my ket­tie te mon­teer, dan sou ek.

Nou ja, dis se­ker nie heel­te­mal so erg nie, maar am­per. Die ou re­de­na­sie dat ’n knal­dem­per die ba­lans van ’n ge­weer be­foe­ter, hou nie meer wa­ter nie om­dat jy dees­dae mi­ni-a­lu­mi­ni­um-dem­pers kry wat veer­lig is so­dat jy am­per nie kan ag­ter­kom daar is ’n dem­per voor aan die tromp nie. Die e­nig­ste p­lek waar dit man­ne se wenk­broue sal laat lig, is wan­neer jy ’n dem­per wil mon­teer op ’n pas­ge­maak­te .404 Jef­frey met ’n ho­ë­graad klas­sie­ke styl-ok­ker­neut­hout­kolf. Ek het dit wel een­keer op ’n in­ter­net­fo­rum voor­ge­stel. Ek sal lie­wer nie ver­tel wat die re­ak­sie op my voor­stel was nie.

KENNISMAAK MET DIE VEEL­SY­DI­GE DEM­PER

Ek is uit­ge­nooi na Ni­col se fa­mi­lie­plaas, Lospers­plaas, om per­soon­lik te gaan ken­nis maak met die Next Le­vel-dem­per. Som­mer net daar en dan het ek my me­ning ver­an­der. ’n Dem­per is nie net ’n dem­per nie. Ni­col se ont­werp is ver­se­ker in­te­res­sant en veel­sy­dig. Ek het ook ’n dem­per ge­kry om oor ’n lang ter­myn op my 6.5x55 Ack­ley te toets.

Dié knal­dem­per be­staan uit die vol­gen­de kom­po­nen­te: Die voor­ste in­draai­skot, se­we hoof­skot­te, die hoof­buis, heg­skot, ag­ter­buis en dan ’n vlek­vrye staal-loop­moer wat ook dien as ’n trom­prem.

Baie man­ne won­der nou se­ker hoe ek kan sê dat ’n dem­per veel­sy­dig is. Maar lees aan, dié knal­dem­per het wel ei­en­skap­pe wat hom ver­se­ker veel­sy­dig maak. As jy bv. ’n .223, .243 en ’n .30-06 be­sit met spor­ter­lo­pe, kan jy al drie die lo­pe 14mm x 1-draad laat sny en die­self­de dem­per vir al drie ka­li­bers ge­bruik. Baie be­lang­rik is eg­ter om die reg­te stel skot­te te ge­bruik vir die ka­li­ber waar­voor jy die dem­per wil aan­wend. Jy sal nie ska­de aan die dem­per ver-

oor­saak as jy die dem­per op die .30-06 ge­bruik met die .223 se skot­te ( baf­fles) in p­lek nie om­re­de die gat in die .223 se skot­te steeds groot ge­noeg is so­dat ’n 30-ka­li­ber-koe­ël daar­deur kan gaan. Maar dit is glad nie aan te be­veel nie om­re­de dit ak­ku­raat­heid kan be­ïn­vloed.

As jy bv. ’n .243 het met ’n dik loop (18mm x 1-groef­draad) en ’n .270 met 14mm x 1-groef­draad be­sit, be­stel jy net ’n loop­moer vir die 18mm x 1-draad en ’n stel .243-skot­te. En vir die .270 kry jy ’n 14mm x 1-loop­moer en .270-skot­te.

SKOON­MAAK VER­LENG LEEF­TYD

Soos jul­le kan ag­ter­kom, kan die dem­per uit­me­kaar haal so­dat jy hom kan skoon­maak. Die voor­deel is dat jou dem­per vir e­wig sal hou as jy hom ge­reeld skoon­maak. (Die na­deel is dat jy hom maar ge­reeld moet skoon­maak.)

Met my toet­se wou ek kyk hoe­veel sko­te ek deur hom kan skiet son­der om hom skoon te maak. Na 200 sko­te kon ek s­legs met baie moei­te die dem­per uit­me­kaar draai. In die pro­ses het ek die mid­del­ste heg­skot se draad seer­ge­maak. My aan­be­ve­ling sal wees dat die dem­per na el­ke 100 sko­te of mak­si­mum 150 sko­te skoon­ge­maak word. Met die k­lei­ner ka­li­bers kan dit moont­lik met nog ’n paar sko­te uit­ge­stel word.

Ek het die Next Le­vel-dem­per saam met een van my per­soon­li­ke dem­pers op die skiet­baan ge­toets. Hy demp die klank goed en hy vat heel­wat te­rug­skop weg. Vir my oor klink dit wel of die Next Le­vel nie heel­te- mal so ef­fek­tief is soos my staal­dem­per nie. Maar ons al­mal se ore ver­skil en al ma­nier hoe dit or­dent­lik ge­toets kan word, is met ’n goeie de­si­bel­me­ter (wat ek nie be­skik­baar ge­had het nie).

VAT HOM JAG­VELD TOE

Nog ’n ei­en­skap van die Next Le­vel is dat jy ’n mi­ni-knal­dem­per kan bou wat jy kan ge­bruik as jy in dig­te bos­veld jag. Baie man­ne kla ge­reeld dat die dem­pers aan al wat ’n tak is vas­haak. Met die Next Le­vel Mi­ni-dem­per sal dit nie ge­beur nie.

Hoe doen jy dit? Jy draai die dem­per uit­me­kaar so­dat jy net die ag­ter­ste ge­deel­te van die buis het. Dan draai jy die voor­ste in­draai­skot op en daar is jou mi­ni-dem­per. Hy demp ver­se­ker min­der klank as die vol­le­di­ge dem­per met skot­te, maar die ge­weer is wel stil­ler as son­der die dem­per voor­aan.

Die dem­per word ook net­jies ver­pak in ’n ron­de plas­tie­se buis waar­mee jy hom jag­veld of skiet­baan toe kan ver­voer. Saam met el­ke dem­per kom in­struk­sies oor hoe om hom aan­me­kaar te sit en ook ver­de­re ge­bruiks­aan­wy­sings. Ook van Next Le­vel be­skik­baar is ’n spe­si­a­le skoon­maak­mid­del vir die dem­per. Ek het dit ge­toets en dit werk goed. Ek glo dit sal selfs goed werk om kruit­neer­slag uit jou ge­weer se loop te ver­wy­der.

AL­GE­ME­NE IN­DRUK­KE

Oor die al­ge­meen was ek be­ïn­druk met die Next Le­vel-knal­dem­per. Die af­wer­king is baie net­jies – dis dui­de­lik ’n kwa­li­teit­pro­duk. Die lig­ge­wig-me­neer meet 44mm in deur­snit, weeg 410g en is 250mm lank.

Die Next Le­vel waai soos ’n vars brie­sie deur die knal­dem­per­wê­reld. Die ont­werp is goed uit­ge­dink; die dem­per het baie han­di­ge ei­en­skap­pe waar­voor ’n mens dub­bel die prys sou be­taal as dit ’n in­ge­voer­de dem­per was. Hy demp nie al­leen klank goed nie, maar neem ook heel­wat van die af­knou­e­ri­ge roe­re se byt weg.

My e­nig­ste kri­tiek teen die dem­per is dat die mid­del­ste heg­skot van a­lu­mi­ni­um is. As ’n per­soon dalk per on­ge­luk nie die dem­per gou ge­noeg (bin­ne 100 of 150 sko­te) uit­me­kaar haal nie, gaan hy met die ge­suk­kel dié skot se skroef­draad seer­maak (soos wat my oor­ge­kom het). My aan­be­ve­ling sal wees dat die heg­skot van ’n har­der of ster­ker me­taal ge­maak word. Die Next Le­vel ver­koop teen R3 000 – dis goeie waar­de vir geld as jy al die han­di­ge ei­en­skap­pe daar­van in ag neem. * Next Le­vel Si­len­cers is be­skik­baar by P­ri­ce­less Guns and Am­mo in P­re­to­ria. Kon­tak hul­le by 012-804-7090. Of om meer te we­te te kom aan­gaan­de Next Le­vel Si­len­cers, kon­tak T­re­vor Ne­w­ton by 072-069-8930 of be­soek hul Fa­ce­book-blad https://www.fa­ce­book.com/ pa­ges/ca­te­go­ry/.../Next-Le­velSi­len­cers-158840818125546/

So lyk die Next Le­vel-dem­per op my 6.5x55 Ack­ley.

Die Next Le­vel mi­ni-dem­per op my bos­ge­weer. Die ge­weer is nog steeds lek­ker kom­pak en sal nie aan tak­ke vas­haak nie.

In dié fo­to kan die mi­ni-dem­per, heg­skot, hoof­buis, die se­we skot­te, loop­moer en voor­ste in­draai­skot ge­sien word.

Die af­wer­king van die dem­per is goed – be­slis ’n kwa­li­teit-pro­duk.

Hier­die fo­to toon die loop­moer wan­neer die knal­dem­per aan die ge­weer ge­skroef is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.