BOS­POS – SÊ JOU SÊ

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD - CARL DE BEER

Ek het on­langs ’n Tik­ka-ge­weer ge­koop. Na die lang li­sen­sie­pro­ses kon ek uit­ein­de­lik die ge­weer skiet­baan toe neem.

Maar die eer­ste dag op die baan wou die ge­weer nie groe­peer nie en met in­spek­sie sien ek toe dat die nek­ke van die ge­vuur­de dop­pe ef­fens in­ge­druk is. Doen-dit-jou­self-per­soon wat ek is, het ek tuis met my kamera in die ge­weer­ka­mer ge­loer om te sien wat skort – daar was iets wat ge­lyk het soos ’n knop in die nek­a­rea van die ka­mer.

Na ’n week se ge­sprek­ke het die wa­pen­han­de­laar ge­sê hul­le sal die Tik­ka kom haal om te kyk wat fout is. Toe volg stil­te en eers na drei­ge­men­te aan die ver­vaar­di­ger, die win­kel en die in­voer­der, is die ge­weer na vyf we­ke na ’n wa­pen­smid in P­re­to­ria ge­stuur. Na drie we­ke het hul­le eg­ter nog nie na hom ge­kyk nie.

My bood­skap: Kyk e­ni­ge wa­pen mooi deur voor jy koop. Nie­mand sal jou by­staan as daar fout kom nie, al is dit ’n be­ken­de fa­bri­kaat soos Sa­ko/Tik­ka. Wees ver­sig­tig – jy gaan nie vin­nig ’n op­los­sing kry as daar fa­brieks­fou­te is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.