WILDEBEESBLOUTES

Ver­my waag­sko­te op wil­de­bees­te.

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

AN­DRÉ GER­BER

Daar was ’n byt in die lug toe ek en Sam laat Vry­dag­mid­dag die rooi sand­veld in is op soek na ’n blou­wil­de­bees. Dit het nie veel ver­beel­ding ge­verg om te dink dat ons ie­wers aan die rand van die Ka­la­ha­ri aan die jag was nie. As dit nie vir die ma­roe­las en die huil­bo­me was nie, sou ’n mens jou reg­tig kon ver­beel Van Zyls­rus is net om die draai.

Ons was 60km van­af El­lis­ras, oos van die Pa­la­la­ri­vier in die Bos­veld, noord van die Wa­ter­ber­ge. In die ver­le­de het man­ne vir ’n wy­le met grond­boon­tjies pro­beer boer op som­mi­ge de­le van die jag­plaas en dit was dié ou­lan­de saam met die dik sand wat my aan die Ka­la­ha­ri laat dink het.

Die son was sterk aan die sak toe ons van die bak­kie af­klim. So­dra die son sak, is daar s­legs 25 mi­nu­te na­tuur­li­ke lig oor voor­dat dit nood­saak­lik raak om ’n flits te ge­bruik. Ons was be­sig om met vuur te speel deur so laat in die mid­dag ’n wil­de­bees te pro­beer skiet. Maar nee jong, as ’n bat­te­ry­hoen­der uit die hok ont­snap, is daar min keer. Die lus vir jag was groot.

ONS JAG NA SON­ON­DER

Met die son al­reeds ’n paar mi­nu­te on­der die ho­ri­son, het ’n wil­de­bees­koei skie­lik uit die ske­mer ver­skyn en so 120m voor ons in die twee­spoor­pad vas­ge­steek. Haar kop was in ons rig­ting ge­draai. Met die 9.3x62 oor die skiet­stok­ke, het ek die kruis­haar op die koei se skou­er laat vas­suig voor ek die 286gr-Par­ti­ti­on los­ge­laat het.

Toe die s­koot klap, het die koei die lug in ge­spring en weg­ge­storm. Sy was op die voor­punt van ’n trop wat be­hoor­lik stof op­ge­skop het. Die stof het nog nie gaan lê nie, toe hoor ons iets wat soos ’n doods­bulk klink. Ons het die wil­de­bees­koei 100m die bos in ge­kry – dui­de­lik ge­kwes het sy voor ons pro­beer weg­kom. ’n Twee­de s­koot laag ag­ter die blad het haar ge­luk­kig grond toe ge­bring.

Die eer­ste s­koot is op haar lin­ker­skou­er in en ag­ter die laag­ste rib uit. S­legs een long is ge­tref voor­dat die koe­ël deur die pens is. Din­ge kon mak­lik sleg ge­ëin­dig het as die s­koot s­legs ef­fens ho­ër en ver­der te­rug op die

blad in was. Die koei het teen ’n skuins hoek ge­staan – baie meer skuins as plankd­wars soos wat dit vir ons ge­lyk het. Dit was hit­te­te of ons het die na­week met ’n op­soek-kwes­bok af­ge­skop!

Daar­die aand het die vlam­me eg­ter hel­der ge­brand en ons was lek­ker vro­lik om die vuur. Drie kol­le­gas het my op die jag­tog ver­ge­sel. Fer­di de Bruyn het met sy .270 Sa­ko ge­jag, ter­wyl Coert van Ry­ne­veld met ’n .375 Ru­ger daar was. My baas se baas, Ni­co van Heer­den, was daar met sy .308 Br­no. Ons het by Ni­co se vriend, D­ries van die plaas I­ga­nu, ge­jag. Blou­wil­de­bees­te en rooi­bok­ke was op ons jag­lys. Ek was baie self­vol­daan daar by die vuur, dalk ’n bie­tjie té veel vir my eie ge­sond­heid. Van lek­ker lag kom lek­ker huil...

JAG IN O­PER DE­LE

Sa­ter­dag is ek saam met Coert en Sam uit. Vroeg­og­gend al het ons Ni­co se .308 hoor klap toe hy ’n rooi­bok­ooi skiet, maar vir ons het din­ge moei­li­ker ge­gaan. Ons het in die sui­de­li­ke deel van die plaas ge­jag voor ons noord ge­draai het. I­ga­nu se sui­de­li­ke deel be­staan uit dig­te knop­pies­do­ring­veld wat op har­de di­a­baas­dag­so­me groei. Noord van die di­a­baas­ge­steen­tes (do­le­riet) ver­an­der die wê­reld in dig­te rooi sand met o­per, ge­meng­de bos­veld. Dis in hier­die o­per de­le waar daar nog p­lek-p­lek ’n gras­be­groei­de ou­land voor­kom.

Ons het vroeg al met ’n trop blou­wil­de­bees­te ken­nis ge­maak, maar met ’n koue front wat uit die wes­te op pad was, het die wind bly dwar­rel en jag moei­lik en frus­tre­rend ge­maak. Dit was eers na 11 dat Coert suk­ses be­haal het. ’n Blou­wil­de­bees­bul het 200m ver on­der ’n ka­meel­do­ring ge­staan en teen ’n be­drieg­li­ke hoek (weer­eens kwart­aan­sig) in Coert se rig­ting ge­staar. Coert het op sy maag ge­lê en oor sy rug­sak ge­skiet. Die .375 Ru­ger se brul het ’n be­hoor­li­ke byt wat die bul laat bok­spring en vir twin­tig treë in die rond­te laat storm het voor­dat hy ge­val het. Die hoek van Coert se s­koot was baie die­self­de as die een waar­teen ek die wil­de­bees »

» koei van die vo­ri­ge aand ge­skiet het. Sy skoot­pla­sing was wel be­ter deur­dat dit la­er as my s­koot was. Coert ge­bruik 300gr Pe­re­gri­ne Bush­mas­ters, en lan­seer hul­le teen so by­na 2 600vps. Die Bush­mas­ter het ten vol­le ge­pe­ne­treer en is ook skuins on­der die laas­te rib uit.

Fer­di het ook kort na Coert se suk­ses sy wil­de­bees ge­skiet. Hy het oor skiet­stok­ke ’n blou­wil­de­bees­bul op 120m met ’n 140gr AccuBond deur die kop ge­skiet. Na mid­dag­e­te het Fer­di saam met my en Sam ge­stap. Ek moes nog ’n blou­wil­de­bees vir ’n be­stel­ling skiet ter­wyl Fer­di wou kyk vir ’n rooi­bok. Ek het die 9.3x62 in die kamp ge­los en be­sluit om ver­der met my 7x64 Sa­ko te jag wat ek met 170gr Nor­ma Oryx-fa­briek­s­am­mu­ni­sie ge­stook het. Die Sa­ko is ’n baie lig­ter ge­weer as die ne­ge­drie. Ek het ge­re­ken dat die 7mm lek­ker sou werk in van die o­per de­le waar sko­te ver­der as 200m moont­lik was. Oor die chro­no­graaf meet die Oryx­koe­ëls se spoed 2 750vps.

Ons het weer­eens in die rig­ting van die di­a­baas­kop­pies ge­jag. Teen drie-uur het ons die blou­wil­de­bees­te net noord van die kop­pies op­ge­spoor. Om ’n s­koot te kry was eg­ter moei­lik en ons het am­per die he­le mid­dag ag­ter hul­le aan­ge­stap. Teen son­on­der het ek vir die eer­ste keer ’n koei on­der s­koot ge­kry. Sy het langs die pad ge­staan, on­ge­veer 150m ver en in my rig­ting ge­kyk. Met die 7x64 oor die stok­ke moes ek ’n vin­ni­ge be­sluit maak.

Ek het by ver­skeie ge­leent­he­de al die raad ge­kry om van­weë die dik en skerp bors­been nie som­mer ’n blou­wil­de­bees reg van voor in die bors te skiet nie. Ek het die wil­de­bees deur die te­le­skoop dop­ge­hou en ge­wens sy draai dwars, maar met ’n ge­snork is ook sy daar weg. Oom­blik­ke la­ter het ek weer ’n koei on­der s­koot ge­had, met die­self­de voor­aan­sig op om­trent 200m. Ek het weer be­sluit om nie die s­koot te waag nie.

OOP S­KOOT NA SKE­MER

Dit was be­hoor­lik ske­mer toe D­ries en Ni­co ons op pad huis toe op­laai. Met ons ge­we­re vei­lig, was ons jag vir die dag ver­by. Maar ons het s­legs ’n ent ge­ry toe ons ’n trop wil­de­bees­te regs van die bak­kie ge­waar. Ek is van die bak­kie af en ’n paar treë die veld in waar ek toe ’n oop s­koot op ’n bul kry. Hy het skuins na my toe ge­staan op om­trent 200m en ek het die kruis­haar op sy skou­er laat hui­wer en die snel­ler ge­druk.

Die klap van die s­koot het goed ge­klink en die bul het, voor­kwart eer­ste, die lug in ge­spring en teen ’n spoed weg­ge­trek. Daar was bloed en stuk­kies be­ne op die spoor. Nes met die vo­ri­ge aand se s­koot op die koei het ek ’n ge­bulk ge­hoor en ge­hoop en ge­glo dat ons die bul dood sou aan­tref. Die don­ker het eg­ter ons soek­tog in die wie­le ge­ry en ek het my­self ver­wens oor die dwaas­heid om weer so laat in die mid­dag ’n s­koot te waag. Ek glo die mees­te van jul­le het al die be­drem­mel­de ge­sig van ’n kwes­bok­jag­ter om ’n kamp­vuur be­leef. Dis ’n ge­voel wat ek nie eens my vy­an­de toe­wens nie!

Die vol­gen­de og­gend is die soek­tog voort­ge­sit. Die bloed het al min­der ge­word en dit was moei­lik om op die spoor te bly. Teen laat­og­gend het ek (met ’n klip in my maag) pro­beer om die re­a­li­teit te aan­vaar. Ons het die res van die dag bly soek en ook die vol­gen­de og­gend, maar son­der suk­ses.

SLOT­SOM

’n Week na ons jag het D­ries se seun, D­ri­aan ’n mank­been-blou­wil­de­bees­bul ge­waar en hom ag­ter­na ge­sit. Hy kon hom eg­ter nie on­der s­koot kry nie. Blou­wil­de­bees­te is se­ker een van die spe­sies wat die mees­te deur jag­ters ge­kwes word. Hul­le word nie ver­niet die arm man se buf­fel ge­noem nie. Klaar­blyk­lik is té hoë skoot­pla­sing deur die kam­be­ne met ’n dwars­skoot die mees al­ge­me­ne fout wat jag­ters maak. Wat ons eg­ter die na­week van I­ga­nu op­ge­val het, is dat nie een van ons ’n plankd­wars­skoot op ’n wil­de­bees kon kry nie. In­dien hul­le van die jag­ter be­wus raak, sal hul­le óf skuins, óf reg­uit in die jag­ter se rig­ting draai en jou aan­kyk voor­dat hul­le vlug. On­no­di­ge kan­se en waag­sko­te op dié die­re moet liefs ver­my word. Hier preek ek be­slis vir my­self.

(Fo­to: Fer­di de Bruyn).

Coert het dié prag­ti­ge 27¼”-bul op 200m met sy krag­ti­ge .375 Ru­ger ge­skiet.

Die wil­de­bees­koei wat ek Vry­dag­aand met die 9.3x62 ge­skiet het.

Coert en Sam oor die skiet­stok­ke met die .375 Ru­ger

Twee e­land­bul­le kruis die pad voor Coert en Sam.

FO­TO ON­DER: Ka­meel­per­de in die ge­deel­te net noord van die di­a­baas­kop­pies.

NO­VEM­BER 2018 BO: Sko­te van 200m-plus is moont­lik in I­ga­nu se o­per ge­deel­tes.

Rooi­bok­ke was vol­op op I­ga­nu. Hier­die ram bied ’n s­koot op om­trent 50m.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.