SKOOT­PLA­SING: BLOU­WIL­DE­BEES

(Con­no­cha­e­tes tau­ri­nus tau­ri­nus)

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

Daar word dik­wels na die blou­wil­de­bees ver­wys as die arm man se buf­fel. Nie net het hul­le weg­lê­ho­rings soos die buf­fel nie, maar is ook taai die­re wat al me­ni­ge jag­ter ver­ras het deur op te staan en weg te hard­loop na­dat hul­le plat­ge­trek is.

KALIBERKEUSE

Blou­wil­de­bees­te is een van ons taai­ste wilds­bok­ke en pre­sie­se skoot­pla­sing met ’n vol­doen­de ka­li­ber word ver­eis vir dood­sko­te. Hier­die bok­ke is tuis in bei­de bos­veld- en vlak­te-ter­rein. Af­han­gend van waar jy jag kan sko­te dus op kort- of lang­af­stand ge­neem word. In die bos­veld is skiet­af­stan­de sel­de ver­der as 120m ter­wyl 200 of selfs 250m-sko­te in de­le van die Noord-Kaap en Ka­la­ha­ri nood- saak­lik kan wees. Van­weë blou­wil­de­bees­te se groot­te en taai­heid be­veel ons die .30-ka­li­bers en gro­ter aan. E­ni­ge van die vol­gen­de is goeie bos­veld­ka­li­bers vir blou­wil­de­bees­te: .308, ge­laai met 180gr-koe­ëls; .30-06, met 180, 200 of 220gr-koe­ëls; die 8x57 met 170 of 196gr-koe­ëls; die 9.3x62, .375 H&H met koe­ëls van 270gr en swaar­der. In oop ter­rein sal e­ni­ge van die .300 Mag­nums, ge­laai met 180gr-koe­ëls vol­doen­de wees, as­ook die .338 Win Mag of iets soort­ge­lyk.

SKOOT­PLA­SING

Die hart/lon­g­a­rea van blou­wil­de­bees­te is on­ge­veer 27x20cm groot en die hart al­leen on­ge­veer 15x11cm. Som­mi­ge in­di­vi­du­e­le bok­ke se har­te is ef­fens gro­ter. Die skou­er­be­ne is groot en dik. Daar­om is dit be­lang­rik om ka­li­bers te ge­bruik waar­van die koe­ëls swaar ge­noeg is om die be­ne te kan breek en dan nog ge­noeg mo­men­tum te hê om diep ge­noeg te pe­ne­treer. Dit is ver­al be­lang­rik wan­neer sko­te skuins van voor ge­neem word wat die koe­ël nood­saak om skou­er­been te breek. Die groot skou­er­bog­gel en maan­ha­re op die dier se rug kan die il­lu­sie skep dat die bors die­per is as wat die skut dink en hom ver­war om te hoog te skiet. Baie skuts word deur hier­die il­lu­sie mis­lei, want die blou­wil­de­bees is een van daar­die bok­ke wat ge­reeld te hoog op die blad ge­skiet word. Skiet jy te hoog, is die kan­se goed dat jy s­legs die dier se kam­be­ne sal tref. So ’n s­koot sal dalk die blou­wil­de­bees laat val, maar die dier sal na ’n paar se­kon­des her­stel, op­spring en weg­hard­loop.

Maak dus baie se­ker dat jy laag op die blad mik (sien fo­to’s). Pa­s­op vir nek­sko­te! ’n Mens is ge­neig om vir die mid­del van die nek te mik, maar ont­hou die wer­wels lê la­er as die mid­del. Skiet jy na die mid­del van die nek, is die koe­ël te hoog ge­plaas en gaan jy ’n kwes­bok soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.