MY EER­STE JAGDROOM

JO­HAN VAN WYK

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Na meer as der­tig jaar se jag in A­fri­ka en in een of twee plek­ke oor­see, is daar se­ke­re hoog­te­pun­te wat vir my uit­staan. Al­hoe­wel ek nie juis ’n tro­fee­jag­ter is nie, was daar nog al­tyd spe­sies wat ek vir di­ver­se re­des baie graag wou jag, en met so ’n bie­tjie be­plan­ning en meer as net ’n bie­tjie ge­duld, kon ek deur die ja­re my dro­me en i­de­a­le ver­we­sen­lik.

Van­dat ek ’n klein seun­tjie was, was ’n buf­fel heel bo-aan my jag­wens­lys – groot­liks my pa se skuld. Dis se­ker maar wat ge­beur as jy groot­word met sto­ries van buf­fels in die Zam­be­si­val­lei en an­der af­ge­leë plek­ke waar groot­wild­jag­ters deur die ja­re heen hul­le spo­re ge­los het.

Die ge­leent­heid om ’n buf­fel van my eie te jag het in 2010 ge­kom. Na maan­de se spaar, be­plan­ning en na­vrae het ek met die hulp van ’n goeie Aus­tra­lie­se vriend op die spoor van pro­fes­si­o­ne­le jag­ter, Bar­ry S­ty­le ge­kom. Bar­ry, saam met sy broer Rob, is die ei­e­naars van Buffalo Ran­ge Sa­fa­ris in Zim­bab­we.

Buffalo Ran­ge Sa­fa­ris is een van vier sa­fa­ri­maat­skap­pye wat in die vroeë 1970’s die groen lig ge­kry het by die des­tyd­se R­ho­de­sie­se re­ge­ring om met kom­mer­si­ë­le tro­fee­jag te be­gin en

word tot van­dag deur die S­ty­le­fa­mi­lie be­stuur. Die naam van die maat­skap­py is af­ge­lei van die S­ty­les se 85 000 ak­ker-fa­mi­lie­plaas, Buffalo Ran­ge, na­by C­hi­re­d­zi in die suid­oos­te van Zim­bab­we. Buffalo Ran­ge is in die jaar 1953 ge­koop deur Bar­ry se ou­pa, Ge­or­ge S­ty­le, wat op sy beurt goed be­vriend was met B­ven­ke­nya Bar­nard, die be­ken­de i­voor­jag­ter.

Al­hoe­wel die (eens) prag­ei­en­dom swaar deur­ge­loop het as ge­volg van plak­kers wat se­dert 2000 hul­le in­trek op die plaas ge­neem het, is dit ’n plek waar le­gen­da­rie­se jag­ters soos wy­le B­ri­an Marsh en an­de­re hul­le jag­tan­de in die ou dae ge­slyp het. Buffalo Ran­ge was ook een van die eer­ste ei­en­dom­me in die des­tyd­se R­ho­de­sië wat vroeg reeds aan wild­be­wa­ring en wild­boer­de­ry toe­ge­wy is toe wild nog as ’n oor­las be­skou is en op groot skaal uit­ge­roei is om vir bees­te plek te maak.

REG OM VELD TOE TE GAAN

Ek was vroeg wak­ker op die eer­ste og­gend van my buf­fel­jag saam met Bar­ry in Ok­to­ber 2010. Die jag­kamp was op die wal­le van die C­hi­re­d­zi­ri­vier ge­leë en in die 30 mi­nu­te voor die kom­buis­as­sis­tent ons sou kom wak­ker maak met ’n kop­pie kof­fie, het ek met groei­en­de af- wag­ting na die nag­ge­lui­de lê en luis­ter... Van­dag gaan ons buf­fels jag!

Dit was skaars ’n half­uur na sons­op­koms toe ons in Bar­ry se Land Crui­ser klim en skud­skud die klip­pe­ri­ge laag­wa­terdrif­fie deur die ri­vier aan­durf. Die jag­a­rea wat aan die an­der kant van die ri­vier be­gin het, was ’n e­nor­me stuk feit­lik on­ge­rep­te bos­wê­reld. Be­ne­wens die ge­bruik­li­ke spe­sies soos e­lan­de, koe­does, se­bras, blou­wil­de­bees­te en rooi­bok­ke het die a­rea ook die Groot Vyf ge­huis­ves, ’n hand­jie­vol kos­ba­re swart­re­nos­ters (wat soos goud op­ge­pas is) was hier­by in­ge­sluit.

Ons sou die eer­ste og­gend af­skop deur te soek na vars buf­fel­spo­re, maar eers na elf­uur het ons ge­vind waar­na ons soek. Die spo­re van ’n al­leen­lo­per­buf­fel­bul het die pad ge­kruis. Na ’n laas­te sluk wa­ter het ek die .375 se ma­ga­syn vol ge­laai en Bar­ry en die twee spoor­sny­ers, Ken­ne­dy en Bi­ki­ta, ge­volg. Die bul het wind-op ge­wei en ons het ge­hoop dat hy oor die mid­dag wan­neer dit baie warm is ie­wers sou gaan lê so­dat ons hom kon be­kruip ten ein­de vas te s­tel of hy skiet­baar was of nie. Ten spy­te van die ver- sen­gen­de hit­te het die bul eg­ter nooit gaan lê nie en teen laat­mid­dag het Bar­ry halt ge­roep.

Vroeg die vol­gen­de og­gend was ons weer aan die gang en som­mer gou het ons die spo­re van twee buf­fels raak­ge­loop. Die spoor­sny­ers was oor­tuig dat dit die spo­re van twee da­gha boys (ou buf­fel­bul­le wat nie meer saam met die trop loop nie en met ’n voor­lief­de vir mod­der­bad­dens) was en ons het die groot spo­re deur die mo­pa­nie­bos­se be­gin volg. By tye was die spo­re en die mis só vars dat ek ge­dink het die bul­le kan nét me­ters voor ons wees, »

» maar na ver­skeie ki­lo­me­ters het ons hul­le steeds nie in­ge­haal nie. Net soos die bul van die vo­ri­ge dag het dié twee bul­le ook nie ’n si­ës­ta ge­neem nie. Teen twaalf­uur was ons moeg en dors en ons het die wel­ko­me ska­du van ’n do­ring­boom op­ge­soek vir ’n half­uur se rus. ’n Iet­wat ver­lep­te toe­brood­jie en ’n paar mon­de­vol lou­warm wa­ter was eg­ter on­der dié om­stan­dig­he­de ’n fees­maal.

Teen laat­mid­dag het ons ’n ran­te­ri­ge ge­deel­te van die kon­ses­sie be­reik waar daar baie los klip­pe was. Ons was be­sig om deur ’n droë loop te be­weeg toe ons skie­lik ’n diep bulk voor ons hoor. So 40m voor ons was ’n jong kre­me­tart­boom en net langs hom het ’n le­wens­groot­te buf­fel­bul stip na ons staan en kyk. Hy het ’n prag­ti­ge s­tel ho­rings ge­had, maar net ’n se­kon­de la­ter het hy met nog ’n diep bulk om­ge­vlieg en met ’n ge­breek van tak­ke saam met sy mak­ker die bos­se in ver­dwyn. Hart­klop­pings!

DIE DER­DE JAGDAG BREEK AAN

Vroeg die vol­gen­de og­gend is ons weer op die spo­re van die twee bul­le waar ons hul­le die vo­ri­ge dag met laas­te lig ge­los het. Bar­ry was vas­be­slo­te om ’n af­spraak met die vo­ri­ge mid­dag se buf­fel­bul te prak­seer en ons het so­veel wa­ter as moont­lik in my ka­me­ra­sak saam­ge­dra om ons te pant­ser teen die hit­te. Weer­eens het die bul­le, net soos die vo­ri­ge dag, mee­do­ën­loos bly voort­be­weeg en die ki­lo­me­ters het al hoe sta­di­ger be­gin ver­by­gaan. Teen tien­uur het die twee bul­le se spo­re eg­ter by ’n klei­ne­ri­ge trop buf­fels aan­ge­sluit. Waar ons van­te­vo­re twee die­re ag­ter­volg het, was daar nou ewe skie­lik der­tig pa­re oë en skerp neu­se om in be­re­ke­ning te bring!

Die ter­rein waar­in die trop be­weeg het, was plek-plek re­de­lik oop en in die droë Ok­to­ber­veld kon ons die trop soms volg deur net die stof­wolk wat hul­le op­skop deur die oop­tes dop te hou. Teen elf­uur het die spo­re ewe skie­lik be­gin me­an­der en kort hier­na het die eer­ste van dié bon­ki­ge die­re gaan lê. Aan­ge­sien ons nie veel van ’n keu­se ge­had het nie, het ons maar die­self­de ge­doen en ek en Bar­ry het ons tuis­ge­maak on­der ’n klei­ne­ri­ge har­de­kool­boom, met die trop uit­ge­sprei voor ons.

Die neer­druk­ken­de hit­te en die son­be­sies se ge­suis het my laat won­der of ’n og­gend­sla­pie nie dalk ’n goeie i­dee sou wees nie, maar Bar­ry het vin­nig ’n mooi bul aan die reg­ter­kant van die trop uit­ge­wys as ’n ge­skik­te kan­di­daat. Op een of an­der sta­di­um moes leeus ’n po­ging aan­ge­wend het om dié bul te vang, want hy het ’n ken­mer­ken­de wit kol op sy lin­ker­flank ge­had wat baie soos ’n ou wond ge­lyk het.

“That one,” is al wat Bar­ry ge­fluis­ter het. Deur my ver­ky­ker kon ek sien dat die bul oud was. Sy ho­ring­ba­sis­se ( boss) was al glad af­ge­skuur en sy haar­lo­se ge­sig am­per wit in die hel­der son­skyn. Hy was net so bles soos ek!

Die af­stand tus­sen ons en die trop was nie ver­der as 50m nie, maar ’n he­le paar an­der buf­fel­ly­we was tus­sen ons en “my” bul. Par­ty, meestal koeie en kal­lers, het in die skraps koel­te lê en her­kou. Nog ’n bul, veel klei­ner as die een waar­op Bar­ry reeds be­sluit het, het sta­dig van links na regs be­weeg. E­ven­tu­eel het “my” bul ook be­sluit om ’n uil­tjie te k­nip en het gaan lê.

Met niks meer om op daar­die oom­blik te doen nie, het ek maar te­rug­ge­sit en die veld­uit­sig voor my ge­niet. Om in ’n on­ge­rep­te stuk A­fri­ka te kon wees, met ’n swaar­ka­li­ber­ge­weer in my han­de en ’n trop buf­fels voor my uit­ge­strek, was my jagdroom vir baie ja­re en ek het on­wil­le­keu­rig ge­dink aan iets wat Ro­bert Ru­ark, die A­me­ri­kaan­se skry­wer wat so lief was vir A­fri­ka, in die 1950’s ge­skryf het: “I be­gan to think of how much of my li­fe I had spent wai­ting for so­mething to hap­pen – of how long you wai­ted for an e­vent to occur and w­hat a s­hort ti­me was con­su­med w­hen the e­vent you had been wai­ting for ac­tu­al­ly did co­me to pass.”

Die feit dat Ro­bert Ru­ark hier­die woor­de juis ge­skryf het oor ’n lang­ver­wag­te jag in OosA­fri­ka saam met pro­fes­si­o­ne­le jag­ter Har­ry Sel­by, het per­fek by my om­stan­dig­he­de ge­pas. Hoe i­ro­nies. ’n Half­uur la­ter het die eer­ste van die buf­fels sta­dig op­ge­staan en dit was nie lank nie, toe staan die bul met die wit kol op sy lin­ker­flank ook op. Die trop het eg­ter bly rond­maal en die buf­fel­bul was heel­tyd ag­ter ’n an­der buf­fel en het nie ’n oop skoot ge­bied nie.

ONS IS GE­REED

Die on­der­ste helf­tes van die po­te van Bar­ry se skiet­stok­ke was lank reeds af­ge­skroef en my .375 was in po­si­sie. Ek het die bul deur die ge­weer se te­le­skoop ge­volg. Ver­ba­send ge­noeg, ge­ge­we wat ek op die punt was om te doen, was ek rus­tig en kalm en die .375 het ge­mak­lik in my han­de ge­voel. Voor my was ’n oop strook in die gras waar­deur ek sou kon skiet en toe die bul uit­ein­de­lik na links be­weeg, het ek die vei­lig­heids­knip af­ge­haal...

Die bul het sta­dig na ons lin­ker­kant toe ge­stap. Deur die te­le­skoop kon ek hom baie mooi sien en ek het die kruis­draad laag op sy lin­ker­blad ge­hou. Na wat soos ure ge­voel het maar eint­lik skaars ’n mi­nuut was, het die bul in die oop strook in­ge­loop. Toe hy oom­blik­ke la­ter stop, het ek die snel­ler ge­druk.

Ek kan nou nog die Leu­pold se kruis­draad sien, pre­sies waar dit moes wees op die bul se lin­ker­blad. Maar ek kan glad nie ont­hou dat ek die skoot hoor af­gaan het nie, al­hoe­wel die .375 se te­rug­skop ver­oor­saak het dat ek die bul uit die sig­veld van die te­le­skoop ver­loor het.

Die buf­fels, wat tot nou toe sa­lig on­be­wus van ons teen­woor­dig­heid was, het in ’n stof­wolk ge­vlug, met ’n ge­bulk en groot ge­raas soos hul­le deur die gras en tak­ke ge­hard­loop het. Ek het op­ge­spring en herlaai, hier­die keer met ’n 300gr Wood­leigh- so­lid wat die vol­gen­de pa­troon in die ma­ga­syn was. Die eer­ste pa­troon wat ek ge­bruik het, was ge­laai met ’n 300g S­wift-sag­te­punt.

Bar­ry was langs my en toe die ge­kwes­te bul ef­fens na links swenk, het ek nog ’n skoot ge­skiet, hier­die keer ge­mik op sy lon­g­a­rea. Tot my kon­ster­na­sie het die twee­de skoot ab­so­luut geen re­ak­sie ont­lok nie, en so ook nie ’n der­de skoot in die­self­de a­rea nie.

Ek was op die punt om die buf­fel weer te skiet toe Bar­ry my stop. “Just wait”, was sy woor­de, en ewe skie­lik het die bul be­gin strui­kel. Bloed het uit sy neus ge­stroom. Oom­blik­ke la­ter het die bul op sy sy ge­rol en daar­die ken­mer­ken­de, wee­moe­di­ge doods­bulk ge­gee van ’n buf­fel wat weet hy het sy laas­te stryd ver­loor. Ek kry van­dag nog hoen­der­vleis as ek daar­aan dink. Ons het sta­dig, met ge­laai­de ge­we­re na­der ge­stap en ek het ’n laas­te skoot reg in die bul se hart ge­skiet, net om se­ker te maak. Die bul was eg­ter mors­dood en die groot lig­gaam het net ge­ruk toe die koe­ël hom tref. Die jag was ver­by.

Teen hier­die tyd het ek ’n groot knop in my keel ge­had. Bar­ry het my hand ge­skud en so ook die spoor­sny­ers, eers Ken­ne­dy (hy was die se­ni­or een van die twee wat al baie ja­re vir Bar­ry werk) en toe Bi­ki­ta. Ons het die bul reg­op ge­rol vir fo­to’s en ek kon my buf­fel van na­der­by be­skou. Een ding is se­ker: ’n mens be­sef nooit reg­tig hoe groot ’n groot buf­fel­bul is voor jy nie langs hom staan nie!

My eer­ste koe­ël was per­fek ge­plaas en het die hart en bei­de lon­ge flen­ters ge­skiet. Ons het dit la­ter on­der die vel van die reg­ter­blad ge­kry, per­fek om­ge­klink. Waar die dier die krag van­daan ge­kry het om nog ag­ter die trop aan te hard­loop, weet ek nie. Buf­fels is reg­tig on­ge­loof­li­ke taai die­re.

Ek en Bar­ry S­ty­le het na my eer­ste buf­fel ver­skeie ke­re die A­fri­ka-bos­paad­jie saam­ge­loop. Die ho­rings van “ons” buf­fel, my eer­ste een en die ver­werk­li­king van ’n droom, hang bo­kant my her­laai­ta­fel saam met ’n plaat­jie met die da­tum waar­op die jag plaas­ge­vind het en ook my en Bar­ry se na­me. Dis een van my waar­de­vol­ste be­sit­tings en ’n fan­tas­tie­se her­in­ne­ring aan ’n on­ver­geet­li­ke dag in A­fri­ka.

14

Jo­han by die buf­fel wat voor sy .375 H&H ge­val het. Let op die ou da­gha boy se haar­lo­se, am­per wit ge­sig en glad­de ho­ring­ba­sis­se.

Die kurk­droog mo­pa­nies het reeds al hul­le bla­re af­ge­gooi en dit het die jag be­moei­lik.

Die twee spoor­sny­ers Ken­ne­dy en Bi­ki­ta hard aan die werk om die a­rea om die dooie buf­fel ge­reed te kry vir die fo­to’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.