IS INGEVOERDE DRYFMIDDELS BE­TER?

CASSIE NIE­NA­BER

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Iets waar­oor som­mi­ge her­laai­ers reeds ’n ge­rui­me tyd droom, het waar ge­word. Waar ons in die ver­le­de aan­ge­we­se was slegs op plaas­li­ke dryfmiddels (ge­weer- en pis­tool­kruit) is daar nou ver­skeie al­ter­na­tie­we, ingevoerde dryfmiddels in plaas­li­ke vuur­wa­pen­win­kels be­skik­baar. Die mees­te van jul­le het se­ker ook al ge­hoor hoe die won­der­li­ke ei­en­skap­pe van hier­die “nu­we” dryfmiddels be­sing word. Ge­rug­te wil dit hê dat hier­die dryfmiddels glad nie tem­pe­ra­tuur­sen­si­tief is nie, dat ge­weer­lo­pe sko­ner bly as jy dit ge­bruik en lan­ger hou, dat dit baie mak­li­ker is om daar­mee goeie, ak­ku­ra­te la­dings te ont­wik­kel, en­so­voorts, en­so­voorts. Luis­ter jy na al die kom­men­ta­re, klink dit am­per as­of ons ons­self nou in die her­laai­he­mel be­vind!

DIE KOMPONENTE VAN ’N EN­JIN

In­dien jy voel dat die vol­gen­de ge­deel­te in ’n an­der tyd­skrif tuis­hoort, gee my ’n kan­sie, ek het iets om te ver­dui­de­lik. Wan­neer die on­der­skeie on­der­de­le van ’n en­jin aan­me­kaar ge­sit is en die en­jin aan­ge­ska­kel word om te werk, sien ons glad nie meer die on­der­de­le as los­staan­de van me­kaar nie... hul­le word in ge­heel ge­sien as ’n wer­ken­de en­jin. Dis ’n feit dat en­jins be­ter werk­ver­rig­ting le­wer in­dien hul­le ge­bou word met uit­ge­soek­te en u­ni­for­me komponente van ge­hal­te.

Am­mu­ni­sie (pa­tro­ne) werk ook maar so. So­dra die on­der­skeie komponente by­me­kaar ge­voeg is, het ons ’n een­heid soos ’n en­jin wat in staat is om ’n spe­si­fie­ke taak te ver­rig. Ont­hou dat die pro­ses wat plaas­vind ty­dens die af­vuur van ’n pa­troon, di­na­mies is. Dit be­te­ken dat el­ke kom­po­nent in daar­die pa­troon ’n on­der­lin­ge in­vloed het op die werk­ver­rig­ting van die an­der komponente. Daar is dus al­tyd ’n ma­te van leer en weer pro­beer ( tri­al and er­ror) in ons pro­ses om die i­de­a­le kom­bi­na­sie van komponente te vind. Die her­laai­er moet komponente van u­ni­for­me ge­hal­te vind, en dan dit ge­bruik wat op­ti­maal en in har­mo­nie kan saam­werk teen die i­de­a­le koe­ël­snel­heid vir sy ge­weer.

OPTIMALE IN­STEL

Na­dat ’n en­jin ge­bou is, moet ’n klomp din­ge daar­aan, soos ont­ste­kings­tyd, vonk­prop­ga­pings, klep­spe­lings, en­so­voorts in­ge­stel word tot daar­die en­jin mooi glad loop en op­ti­maal werk. Net so met die pa­tro­ne wat ons herlaai. Die her­laai­er be­hoort nie, MAG eint­lik nie, som­mer net die komponente mog-het-trof­fe aan­me­kaar­flans nie.

Die eind­doel van herlaai is om die am­mu­ni­sie só te laai dat die pa­tro­ne vei­lig en op­ti­maal funk­si­o­neer. Vir ’n spe­si­fie­ke koe­ël om ak­ku­raat uit ’n spe­si­fie­ke ge­weer te skiet, is dit ’n ver­eis­te dat daar­die koe­ël teen ’n spe­si­fie­ke koe­ël­snel­heid uit daar­die ge­weer ge­lan­seer moet word. Die her­laai­er moet hier­die spe­si­fie­ke koe­ël­snel­heid deur eks­pe­ri­men­te­ring vind. Moet nooit aan­vaar dat twee van die­self­de mo­del ge­we­re van ’n spe­si­fie­ke fa­bri­kaat wat langs me­kaar op die rak staan en o­ën­skyn­lik een­ders lyk, een­der­se ak­ku­raat­heid en koe­ël­snel­heid sal le­wer nie.

Ek het al vir ses ge­we­re van die­self­de fa­bri­kaat en mo­del la­dings ont­wik­kel en nie een van hul­le hou van die­self­de koe­ël of la­ding nie. Hul­le skiet heel­te­mal ver­skil­lend met die­self­de komponente. Daar­om sê ek: Moe­nie van ’n ge­weer ver­wag om goed met se­ke­re komponente te skiet nie, toets en vind uit wat die ge­weer se voor­keu­re is om die mak­si­mum ak­ku­raat­heid en optimale werk­ver­rig­ting te le­wer.

Om jou pa­troon­en­jin mooi in­ge­stel te kry, moet jy be­gin deur ge­hal­te en u­ni­for­me komponente te ge­bruik en jy moet be­reid wees om te eks­pe­ri­men­teer tot­dat jy die i­de­a­le la­ding/ koe­ël­snel­heid (vir jou spe­si­fie­ke ge­weer en pa­troon­en­jin) vir mak­si­mum ak­ku­raat­heid en optimale werk­ver­rig­ting ont­dek.

Dit is juis hier­die soe­ke­ry na waar­van die ge­weer hou wat ons die mees­te laat suk­kel. Dit is maar soos om te be­sluit om kin­ders te hê en hul­le son­der ’n hand­lei­ding groot te kry. Voor jy ge­weer koop en be­sluit het om te herlaai, moet jy weet daar sal groei­py­ne wees en dat suk­kel en soek maar deel daar­van sal wees. Vas­byt, el­ke ge­weer het sy eie re­sep wat ge­vind moet word, daar­om herlaai ons!

WAT­TER BRAND­STOF/DRYFMIDDEL IS DIE BES­TE?

Met voer­tuie werk dit so dat brand­stow­we met ’n ho­ër ok­taan ho­ër werk­ver­rig­ting le­wer. Die­self­de geld vir die dryfmiddels wat ons in pa­tro­ne ge­bruik. Ver­skil­len­de dryfmiddels het ver­skil­len­de “ok­ta­ne”/werk­ver­rig­tings en al­le dryfmiddels is nie nood­wen­dig ge­skik vir ge­bruik in al­le wa­pens nie. Ge­bruik slegs die dryfmiddels soos aan­be­veel in her­laai­hand­lei­dings vir die komponente soos wat jy ge­bruik.

So­lank ek by die aan­be­vo­le ti­pe en ok­taan brand­stof vir my spe­si­fie­ke voer­tuig hou, sal ek nie ’n waar­neem­ba­re/ noe­mens­waar­di­ge ver­skil in die werk­ver­rig­ting van my mo­tor voel nie, al ge­bruik ek ver­skil­len­de ver­skaf­fers se brand­stow­we wat die soort­ge­ly­ke ok­taan­in­houd be­vat. My me­ning oor dryfmiddels is maar die­self­de. Jy sal meestal die ge­wens­te re­sul­taat ver­kry al ge­bruik jy ver­skil­len­de ver­vaar­di­gers se aan­be­vo­le dryfmiddels vir ’n spe­si­fie­ke ka­li­ber. Hou al­tyd in ge­dag­te dat die aan­be­vo­le la­dings vir die ver­skil­len­de dryfmiddels kan wis­sel om die­self­de koe­ël­snel­heid te be­haal.

Die vraag wat ek eint­lik pro­beer be­ant­woord is of een dryfmiddel werk­lik as in­he­rent be­ter en ak­ku­ra­ter as ’n an­der ge­re­ken kan word.

VERGELYKINGS TUS­SEN VIHTAVUORI EN SOMCHEM-RDM

Ek ge­bruik gro­ten­deels R­hein­me­tall De­nel Mu­ni­ti­on (Somchem-RDM) se en­kel­ba­sis- of stok­kies­dryf­mid­dels soos, S335 S355, S365 en S385. Ge­luk­kig het ’n paar kli­ën­te ge­vra dat ek ty­dens la­ding­ont­wik­ke­ling ver­ge­ly­ken­de toet­se moet doen tus­sen hier­die vier Somchem-dryfmiddels en Vihtavuori se N150, N550 en N560, (sien di­a­gram­me/fo­to’s). In my toets­te is ka­li­bers oor ’n wye spek­trum ge­bruik om te sien of daar e­ni­ge ver­skil in ak­ku­raat­heid is wan­neer Somchem-RDM en Vihtavuori ge­bruik word.

Neem die vol­gen­de in ag ty­dens die be­oor­de­ling van die tei­kens:

Vir fi­na­le be­oor­de­ling, ver­kies ek vyf­skoot­groe­pe­rings om­dat die ak­ku­raat­heids­po­ten­si­aal daar­mee gro­ter is as met drie­skoot­groe­pe­rings. So­ge­naam­de wyd­lo­pers ( fly­ers) wys dui­de­lik met vyf­skoot­groe­pe­rings en kan dus ge­ïg­no­reer word.

Lae waar­des vir sta­tis­tie­se aan­dui­ders soos stan­daard-af­wy­king ( s­tan­dard de­vi­a­ti­on of SD) en ek­stre­me ver­sprei­ding ( Ex­tre­me spre­ad of ES) dui op meer u­ni­for­me koe­ël­snel­heid.

Som­mi­ge her­laai­ers heg daar­om baie waar­de hier­aan en gaan selfs so ver om dit te ge­bruik as die groot­ste of e­nig­ste aan­dui­der van ak­ku­ra­te la­dings.

My on­der­vin­ding is dat dit nie nood­wen­dig al­tyd so is dat la­dings met lae SD- en ES-waar­des ook die ak­ku­raat­ste skiet nie. Jul­le sal merk dat die SD en ES soos aan­ge­dui langs die tei­kens wys dat die ak­ku­raat­ste la­dings soms die hoog­ste (swak­ste) waar­des toon.

Ten spy­te van al ons som­me en plan­ne bly die be­pa­len­de fak­tor dit wat op die tei­ken ge­beur. Die i­de­aal is na­tuur­lik ’n ak­ku­ra­te la­ding met lae SD- en ES-waar­des, nie­teen­staan­de, ek skiet al­tyd eer­der die ak­ku­ra­ter la­ding.

In my toet­se het ek nie al­tyd pre­sies die­self­de koe­ël­snel­heid met ver­ge­ly­ken­de dryfmiddels be­haal nie. Neem in ag dat dit wel soms ’n in­vloed op die groe­pe­rings kan hê. Die re­sul­ta­te kon moont­lik nog ef­fe an­ders/be­ter lyk in­dien ek aan­ge­hou het met la­ding- »

» ont­wik­ke­ling tot by die­self­de koe­ël­snel­heid.

Bo­ge­noem­de pun­te in ag ge­neem, gaan ek nie ha­re kloof oor die SD- en ES-waar­des nie, maar ek gaan oog­lo­pen­de fly­ersko­te ig­no­reer en my be­slui­te neem streng op grond van die al­ge­me­ne groe­pe­rings soos op die tei­kens. Die groe­pe­rings is tog se­ker uit­ein­de­lik die be­lang­rik­ste be­pa­len­de fak­tor van ak­ku­raat­heid.

Die re­le­van­te in­lig­ting vir el­ke tei­ken word op die di­a­gram­me/ fo­to’s aan­ge­dui (sien mee­gaan­de be­skry­wing vir meer in­lig­ting). Al­le groe­pe­rings is op 100m ge­skiet. Hier kon ek die spoed met bei­de dryfmiddels bring tot bin­ne 1vps van me­kaar en die groe­pe­rings is weer­eens prak­ties ge­spro­ke by­na i­den­ties in groot­te.

GEVOLGTREKKINGS EN AAN­BE­VE­LINGS

My ge­volg­trek­king is dat die on­der­skeie dryfmiddels soort­ge­ly­ke ak­ku­raat­heid ge­le­wer het. Al­hoe­wel ek ’n be­perk­te aan­tal toet­se ge­doen het, kan ek op grond van die re­sul­ta­te nie ’n dui­de­li­ke wen­ner uit die dryfmiddels kies nie.

Om my eie vraag te be­ant­woord: Ek glo nie dat een dryfmiddel werk­lik ak­ku­ra­ter as ’n an­der ge­re­ken kan word nie. My on­der­vin­ding is dat ek nog al­tyd ak­ku­ra­te la­dings en die ge­wens­te re­sul­ta­te met Somchem-RDM se dryfmiddels kon be­haal, en ek kon nou die­self­de met Vihtavuori doen.

Is Vihtavuori min­der tem­pe­ra­tuur­sen­si­tief , bly lo­pe wel sko­ner en hou lan­ger? Ek het my be­den­kin­ge, maar het nie ge­noeg in­lig­ting of bloot­stel­ling om my daar­oor uit te spreek nie. Ek vol­staan by my vro­ëe­re stel­ling dat die ge­wens­te re­sul­taat beslis ver­kry kan word met jou wa­pen en komponente deur by­kans e­ni­ge ver­vaar­di­ger se aan­be­vo­le dryfmiddel vir jou ka­li­ber te ge­bruik.

Her­laai­ers se by­drae tot Somchem-RDM se jaar­lik­se om­set deur die aan­ko­pe van dryfmiddel, is in der waar­heid baie min­der as baie min. Ingevoerde dryfmiddels is veel duur­der as dié van Somchem-RDM. Wat sal die ge­volg wees in­dien Somchem-RDM op­hou om dryfmiddels aan die plaas­li­ke mark te le­wer? Ons sal op die veel duur­der ingevoerde dryfmiddels aan­ge­we­se wees en dit kan ons dalk erg knie­hal­ter. Ek glo ons moet ons plaas­li­ke ver­vaar­di­ger on­der­steun so­lank ons kan. * Kon­tak Cassie via www. mam­ba-re­lo­a­ding.co.za

DE­SEM­BER 2018

BO: Jaco S­mit se .308 Win, N150 vs S335: Al­les in ag ge­no­me, is die groe­pe­rings prak­ties baie een­ders. In­dien ons on­no­dig moei­lik wil wees, kan ons sê dat die 150gr en 165gr Nos­lers ef­fe be­ter met S335 pres­teer het en die La­pua en Pe­re­gri­ne 167-grei­ners be­ter met Vihtavuori N150. Met nog ’n bie­tjie tyd en aan­dag mag ek dalk wel die koe­ëls kry om pre­sies die­self­de ak­ku­raat­heid met bei­de dryfmiddels te le­wer.

BO: Jan Wib­be­link se .260 Rem, N550 vs S355: Die 123gr La­pu­as groe­peer be­ter met S335, maar die koe­ël­snel­heid ver­skil met 48vps. Ber­ger se 130gr-koe­ëls groe­peer die­self­de met bei­de dryfmiddels.

BO: Dirk van Ree­nen se .300 Ul­tra Mag­num, N560 vs S385: Let mooi op na hier­die ka­li­ber se naam, daar staan Ul­tra voor Mag­num. Hier­die dop kan tot 97gr dryfmiddel neem met 100% dop­vul­ling. Neem dit in ag by die groe­pe­rings. Om dié ge­weer te skiet, is nie ’n grap nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.