BOSVELDFISANT, BABER, BOSBOK EN BRULPADDA!

GERRIE VOSSER

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

In my groot­word­wê­reld in die Ma­ri­co-bos­veld het seuns net skoe­ne ge­dra wan­neer hul­le kerk toe ge­gaan het en ons voet­so­le was net so taai soos ons swart maats s’n. S­treep­sui­ker as tug­vorm was nie on­wet­tig nie en ons werk op die plaas is nie as kin­der­ar­beid be­skou nie. Die eel­te in ons hand­palms was so hard soos dié van ons pa’s, en net soos ons pa’s was ons ver­sot op jag.

Maar des­tyds het nie­mand ge­weet dat rooi­keel­bos­veld­fi­san­te Fran­co­li­nus swain­so­nii heet, of dat ’n be­snor­de been- kop­ba­ber se eint­li­ke naam Cla­ri­as ga­rie­pi­nus is nie. Ons was ook on­be­wus daar­van dat die skug­ter-skelm bosbokke se grênd naam Tra­ge­lap­hus scrip­tus sy­l­va­ti­cus is of dat daar in die S­kot­se Hoog­lan­de iets was soos ’n M­cNab-kom­pe­ti­sie.

Nie dat ons weens ons on- kun­de sleg­ter daar­aan toe was nie. Tog sou dit vir my be­ter ge­wees het as ek meer van die brulpadda Pyx­i­cep­ha­lus ads­per­sus ge­weet het. Soos by­voor­beeld dat dit ons groot­ste pad­da is wat mak­lik 2kg kan weeg en ’n leng­te van 24cm haal; dat hy twee skerp, tan­dag­ti­ge been­uit-

groei­sels in sy on­der­ka­ke het, en dat, wan­neer hul­le na die eer­ste len­te­re­ëns uit hul­le diep on­der­grond­se ko­kon­ne te voor­skyn kom, hul­le ra­send hon­ger is en vir e­nig­ie­mand kans sien...

’N OU BE­KEN­DE

In 1967 het die Bos­veld uit­bun­dig ge­re­a­geer op vroeë len­te­re­ëns en ty­dens die Ok­to­ber-skool­va­kan­sie was die bo­me reeds uit­ge­dos in ska­ke­rings van groen. Weers­kan­te van die kron­ke­len­de Ma­ri­co­ri­vier was gol­wen­de lae ran­te oor­trek met pla­te swart­haak­bos­se vol ron­de vaal­wit blom­me­tjies wat ge­lyk het soos ’n in­da­ba van wy­se ou grys­kop­man­ne.

D­ries en ek was in ons vroeë tie­ner­ja­re en een mooi og­gend, ge­klee in ons ou ka­kie­kort­broe­ke en kort­mou­hem­de, het ons kaal­kop en kaal­voet voet­ge­slaan ri­vier toe om babers te vang. Soos al­tyd het ons ket­ties om ons nek­ke ge­hang en in elk­een se broek­sak was ’n hand­vol ‘koe­ëls’ – stuk­kies ⅜”-sag­te­staal­be­wa­pe­ning wat met ’n in­dus­tri­ë­le guil­lo­ti­ne na maat ge­sny was. Dit was do­de­li­ke ket­tie-am­mu­ni­sie. D­ries het ’n lang stok ge­dra waar­aan ’n skel­pienk plas­tiek­sak voor aan die punt vas­ge­knoop was. Bin­ne die sak was ’n bon­del goed ryp, on­wel­rie­ken­de skaap­derms wat on­weer­staan­ba­re aas vir babers was. Oor my skou­er het ek ’n ver­weer­de bam­boes­vis­stok met ’n an­tie­ke hout­ka­trol ge­dra en in my een hand ’n blik­trom­mel­tjie met hoe­ke en sin­kers.

’n En­tjie van die ri­vier af was daar langs die voet­pad ’n ou miers­hoop wat dig be­groei was met dwerg­haak-en-steek-bos­se, wil­de ro­syn­tjies en kat­ster­te. Van­uit hier­die bos­se het die skel ter­ri­to­ri­a­le roep van ’n bosveldfisant luid op­ge­klink. Ek en D­ries het dié ou haan goed ge­ken. Hy het ál ons vo­ri­ge po­gings om hom in die pot te kry, ont­duik deur skelm te ver­dwyn son­der om ooit op te vlieg. Nou het hy kort­ston­dig op ’n lae tak ver­skyn, sy rooi keel op­ge­pof en ons kras­send uit­ge­skel voor­dat hy na vei­lig­heid af­ge­wip het waar ons hom in die bos­ka­sie kon hoor rond­skar­rel.

Ek en my maat het ge­stop en ka­juit­raad ge­hou. Dit sou hier­die keer ’n an­der plan verg as vo­ri­ge po­gings. Ons het be­sluit dat D­ries bin­ne sig van die miers­hoop sou bly sit en die sak vol aas bo sy kop heen en weer swaai om die fi­sant se aan­dag te hou. Ek moes dan met ’n wye draai ons prooi van ag­ter be­kruip om hom met die ket­tie on­der skoot te kry. So ge­sê, so ge­daan. Al­les het goed ver­loop tot­dat ek in ’n vlak sloot­jie 20 me­ter van­af die miers­hoop, met my ket­tie ge­laai en ge­reed in my han­de, tot stil­stand ge­dwing was. Tus­sen my en ons tei­ken was daar ’n oop a­rea. Ek kon nie na­der nie. S­kaak­mat. D­ries het na­der­hand my pe­na­rie op­ge­merk en i­ni­si­a­tief ge­neem. Met ’n bloed­stol­len­de gil het hy op­ge­spring en die miers­hoop ge­storm­loop. Din­ge het daar­na baie vin­nig ge­beur.

Die fi­sant het sy roep mids­kree in­ge­sluk, uit die bos­se die lug in ont­plof en met klap­pen­de vler­ke oor my ge­boog. Die skoot met my ket­tie was in­stink­tief en son­der om eint­lik te mik – ’n vin­ni­ge te­rug­trek en laat los. Dit was be­loon met ’n re­sul­taat net so skou­spel­ag­tig as wat dit on­ver­diend was. Die stuk­kie staal het hoor­baar ge­tref, ve­re het bruin teen die blou lug ge­war­rel, die fi­sant het met ’n ge­knak­te nek uit die lug ge­val en die aar­de ag­ter my met ’n plof­ge­luid ge­tref. My mond het oop­ge­hang. Wat ’n ge­luk­skoot!

D­ries se mond was ook oop soos hy, steeds al jil­len­de, na­der storm ter­wyl hy die stok tri­om­fant­lik bo sy kop op en af pomp. Iets wat hy eer­der nie moes ge­doen het nie, want die plas­tiek­sak het ge­skeur en ter­stond die sly­me­ri­ge in­houd daar­van met ’n slurp­ge­luid oor hom uit­ge­stort. Hy het hy­gend na sy a­sem ge­snak; nog iets wat hy eer­der nie moes ge­doen het nie, nie met die klomp derms om sy kop ge­dra­peer nie. Wat vol­gen­de ge­beur het, is nie iets wat ’n mens in ’n tyd­skrif kan be­skryf nie...

WEER OP KOERS

’n Ruk la­ter het ons aan­be­weeg. Ek voor en D­ries met ’n kaal bo­lyf bui­te reuk­af­stand heel­wat ver­der ag­ter­toe. Die derms, wat hy son­der my hulp van hom­self moes af­stroop, was saam­ge­bon­del in sy vuil hemp. Die pienk plas­tiek­sak het die gees ge­gee en die aas was heel­wat min­der.

Met die aan­koms by ons ge- ko­se plek teen die ri­vier – ’n lang, diep poel wa­ter – kon D­ries sy mond uit­spoel en hom­self skoon was. Dít het sy ge­moe­de­lik­heid her­stel. Aan die ein­de van die win­ter het se­di­ment in die stil­staan­de ri­vier vol­doen­de uit­ge­sak so­dat die wa­ter se­mi-deur­sig­tig was. Ons het die vis­stok ge­reed ge­kry deur ’n groot hoek aan die lyn vas te maak en ’n bon­del­tjie derms daar­om te woel. Ge­noeg lyn is van die ou ka­trol af­ge­rol en op ’n skoon kol sand in ’n wye o­vaal ge­plaas. Toe is die hoek met ’n on­der­arm­be­we­ging ’n ent weg in die poel ge­gooi is. Ons het in die koel­te van ’n groot soet­do­ring stel­ling in­ge­neem so­dat ons ska­du’s nie op die wa­ter sou val nie. D­ries was eer­ste aan die beurt om die vis­stok te be­man.

Dit was nie lank nie of ’n baber het op sy ken­mer­ken­de gry­pen-laat-spaan­der­wy­se die aas ge­vat. D­ries, wat sy reg­ter­hand­palm teen die tol­len­de ka­trol se rand ge­druk het om ’n kraai­nes te ver­hoed, het die vis kans ge­gee om goed spoed op te tel. Toe lig hy die stok se punt so­dat die baber kan be­gin speel, maar dit was eer­der ’n ge­val van pro­beer speel, want die ou ka­trol het min hulp ge­bied teen die vis se veg­ver­moë. Som­mer gou was dit no­dig om die ka­trol, waar­op daar in elk ge­val nie veel lyn was nie, vas te hou en met die ge­krom­de stok teen die ri­vier se vals­bank uit te s­tap en só son­der se­re­mo­nie die baber uit te trek. Die pro­ses en suk­ses is her­haal en teen die tyd wat ons aas op was, het ’n goeie vangs van se­we babers op klam mod­der in die koel­te ge­lê – vin­nig ge­dood deur die wer­wel­ko­lom by die breë kop met my knip­mes af te sny.

Op pad te­rug het D­ries by »

Die fi­sant het sy roep mid-skree in­ge­sluk, uit die bos­se die lug in ont­plof en met klap­pen­de vler­ke oor my ge­boog.

» ’n vlak pan­ne­tjie wa­ter aan die voet van ’n rant­jie die babers se bin­ne­goed uit­ge­haal en hul­le skoon ge­spoel om die vrag lig­ter te maak. Tuis het ons die vis­se om die beurt aan hul on­der­ka­ke op­ge­hang, die taai vel net on­der hul kop­pe los­ge­sny en met ’n draad­tang af­ge­stroop. Daar­na is die babers net­jies in fi­let­te ge­sny.

BOSBOK SE BEURT

Laat­mid­dag het ek en D­ries te­rug­ge­koers ri­vier toe. Hier­die keer met ’ n ou oop­vi­sier-.303 Lee En­field in die hoop om ’n bosbok raak te loop. Ons het reeds ge­weet ons kan­se was goed om een on­der skoot te kry, want dis die tyd van die dag wan­neer hier­die ruig­te­be­wo­ners lief is om aan die rand van die bos in die o­per de­le te wei. Met hoe­dens op ons kop­pe om die b­link van ons ge­sig­te iet­wat te ver­berg, ’n sak­ken­de son in ons blaaie en ’n lig­te wind­jie skuins van voor, het ons ’n en­tjie weg van die ri­vier­oe­wer­bos on­der die tak­ke van ’n taai­bos in­ge­skuif.

Die Ma­ri­co­ri­vier maak hier ’n wye boog wat ons goeie skoots­vak­ke van so­wat 100 me­ter elk na weers­kan­te ge­bied het. Roer­loos het ons ons on­der­skeie a­re­as dop­ge­hou in af­wag­ting dat ’n bosbok sou ver­skyn. Net voor die son on­der­gaan, het ’n trop­pie blou­a­pe teen die ri­vier ver­by­ge­trek. Ek en D­ries het ons a­sems op­ge­hou en ge­hoop dat die a­pies ons nie sou sien en ons teen­woor­dig­heid met hul­le ken­mer­ken­de “kga­bo!”-a­larm­kre­te weg­gee nie.

Pas na­dat die laas­te a­pie ver­dwyn het, het D­ries langs my ver­styf en met sy ken be­duie na waar ’n bos­bok­ram, sjo­ko­la­de­bruin en met sy ken­mer­ken­de krom rug, sta­dig in ’n oop kol­le­tjie in­be­weeg het. Dit was in my skoots­vak en soos ons voor­af oor­een­ge­kom het, was dit dus my skoot. Sta­dig het ek die ou ge­weer ge­lig, ’n pa­troon reeds in die ka­mer maar met die slag­pen­veer ont­span. Ek het oor my knieë aan­ge­lê voor­dat ek die plat ron­de knop aan die ag­ter­kant van die g­ren­del sag te­rug­ge­trek en die wa­pen ge­span het. Die gloed van die on­der­gaan­de son ag­ter my het ’n dui­de­li­ke aan­lê­prent­jie op die don­ker bok ge­bied. Na die ein­de­lo­se lang voor­trek het ek meer druk op die snel­ler toe­ge­pas tot­dat die skoot ge­knal en die geel­ko­per­be­slaan­de kolf skerp teen my skou­er te­rug­ge­skop het. Toe die ge­weer­loop weer te­rug­sak na die ho­ri­son­ta­le po­si­sie, was daar geen te­ken van die bok nie. Kort daar­na het ’n ef­fen­se stof­wolk ver­skyn waar hy ge­staan het, en kon ons hom hoor skop – die skoot was raak!

Ons het vin­nig vo­ren­toe ge­draf en die laas­te en­tjie ver­sig­tig na­der ge­stap, die oor­ge­haal­de .303 aan my skou­er en D­ries skuins ag­ter my. ’n Ge­won­de bosbok is nie­mand se speel­maat nie. Net toe ons die ram kon sien, het hy ’n laas­te keer ver­styf en die lig in sy oë het ver­dof... Dit was ver­by. Ons aan­vank­li­ke brui­sen­de vreug­de het vir die eer­ste keer, en dus nog vreemd vir ons as jong jag­ters, om­ge­sit in ’n stil be­deesd­heid toe ons die prag­ti­ge dier met sy draai­ho­rings met die skerp pun­te be­trag het.

Na ’n ruk­kie was dit die prag­ma­tie­se D­ries wat, toe hy die bok wou bloei, be­sef het dat hy my knip­mes by die wa­ter­pan­ne­tjie laat lê het, daar waar hy die babers se bin­ne­goed ver­wy­der het.

PARMANTIGE PAD­DA

Al ge­sel­sen­de het ons saam­saam te­rug­ge­draf na die pan om my mes te gaan haal. Met ons aan­koms daar het nog ’n nu­we vreemd­heid ons be­groet: Die vlak­wa­ter het plek-plek kri­oel van brulpaddas waar­van daar vroe­ër die dag geen te­ken was nie. Waar ons die babers skoon­ge­maak het, het ’n nog vreem­der ge­sig ons be­groet. Op die bin­ne­goed was ’n be­son­de­re groot brulpadda be­sig om derms y­we­rig met sy voor­po­te in sy wye bek te druk en af te wurg. Hy het ge­deel­te­lik op my knip­mes ge­sit. Toe ek my mes wou vat, het die ou hom ver­erg, hom­self nog gro­ter op­ge­blaas, sy lyf op kort been­tjies reg­op ge­ruk en drei­gend met ’n oop bek ko­miek­lik na my toe ge­hop. Ge­a­mu­seerd deur sy par­man­tig­heid, het ek my vin­ger voor sy neus ge­waai, waar­op hy in ’n oog­wenk vo­ren­toe ge- spring en my vin­ger pyn­lik beet­ge­kry het. Voor­dat ek kon re­a­geer, het hy al kou­en­de die­per ge­byt en my vin­ger soos ’n waf­fer­se bul­hond ver­be­te heen-en­weer ge­ruk. Die skerp pyn het my met ’n gil laat te­rug­stei­er, my hand swaai­end deur die lug om die ver­woe­de mi­ni­a­tuur­mon­ster van my af te kry. Die bloed het ge­loop ter­wyl ek tot my skan­de ge­hol het om van die ge­vaar weg te kom. Hier­die keer was dit D­ries se beurt om lek­ker te lag...

Op hier­die u­nie­ke dag het ek on­we­tend, met bosveldfisant, baber en bosbok, ’n Ma­ri­coM­cNab ver­werf. Boon­op moes ek eer­ste­hands er­vaar dat selfs ’n jag­ter moet lig­loop vir (van al­le din­ge) ’n blês­sit­se brulpadda! Ek haal aan: “[Be­wa­re] the amphi­bi­ous frog: co­mic look­ing pre­da­tor, li­on of the mud.” – Out of the A­fri­can Ark, deur Da­vid en Guy But­ler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.