SA Jagter Hunter

VRA VIR KASSIE

- KASSIE KASSELMAN

Jy is baie keer heeltemal tevrede met wat jou toerusting doen, omdat jy nie twyfel aan die resultaat as jy dit gebruik nie. Maar wanneer jy in gesprek tree met iemand of dalk iets lees oor die eienskappe van jou toerusting, wonder jy skielik oor die doeltreffe­ndheid daarvan.

Dieselfde gebeur met geweersake of -toerusting. ’n Mens hoor allerhande stories oor byvoorbeel­d die “jump” van die koeël, die snelheid waarmee elke geweer die beste vaar, hoe uitgeslyt die geweerloop kan raak, die beste patroon of koeël om te gebruik en nog talle ander dinge. Dan twyfel jy skielik oor jou roer. Voor jy egter te veel begin twyfel, gaan dink mooi oor waarvoor jy jou geweer/ kaliberkom­binasie wil aanwend.

’n Geweer en/of ammunisie wat vir ernstige kompetisie­s gebruik word moet oor heeltemal ander afrondings­eienskappe beskik as ’n geweer wat vir jag of geleenthei­d-sportskiet gebruik word. Kom ons kyk na vrae wat by geweereien­aars opduik:

VRAAG:

My P14 .303 se lande is redelik verweer. Ek wou die TPL meet en kry toe die volgende. ’n Patroon met ’n 174gr PMP-koeël se TPL meet rofweg 77mm. My geweer se kamer-TPL met daardie koeël meet 93mm. Dit gee ’n koeëlspron­g van 16mm. Die res van die loop lyk nog goed en die geweer skiet nog redelik akkuraat. ’n Geweersmid in die Kaap het aanbeveel dat ek die langste koeëls wat ek kan kry, moet laai. Ek het dus 215gr-koeëls by Petrus van Quest gekry, maar sukkel om herlaaidat­a daarvoor te kry. Enige voorstelle vir minimum en maksimum ladings? Ek gaan die TPL so lank as moontlik probeer. Wat is verder jou gevoel? Is dit veilig om met so ’n lang koeëlspron­g te skiet of moet ek die geweer laat aftree?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Om te begin: Jy het ’n juweel van ’n geweer, wat jy moet behou so lank jy kan. Die P14-aksie is van die sterkstes op die mark en is geskik vir die swaarste kalibers wat vandag bestaan. ’n Goed versorgde geweer met ’n P14-aksie hou op die baan kersvas by enige van die standaard-jaggewere wat vandag van die rak af beskikbaar is. In sy oorspronkl­ike .303-konfiguras­ie kan die P14 deur die handlaaier met tussen 15% en 20% meer druk gelaai en vertrou word as wat met die gewone Lee Enfield- en Lee Metfordaks­ies gedoen kan word. Hierdie eienskap maak die P14 uiters geskik vir omskakelin­g na die .303 EPPS-aanpassing.

Die geweersmid is heeltemal korrek dat ’n langer koeël in die geweer gebruik kan word, omdat die langer vryboor aan die handlaaier die geleenthei­d bied om die patroon langer te maak, sonder om die doppie se nekgreeple­ngte te benadeel en sonder om die dopvolume te verklein met die koeël wat tot sy finale diepte gelaai is. Dít, op sigself, gee weer geleenthei­d tot die gebruik van stadiger dryfmiddel­s, wat dan die drukvlakke laag hou. Hou egter die magasyn se beperkings ten opsigte

van patroonlen­gte in gedagte, want dit sal niks help as die patroon só lank gelaai word dat dit nie uit die magasyn kan voer nie. Tensy die geweer se kamer spesiaal aangepas word om ’n kort greep om die koeël se mantel te fasiliteer, moet jy ook onthou dat die lang koeël nie onbeperk lank buite die doppie se nek gelaai kan word nie, want dan kan die dop nie ’n effektiewe greep op die koeël uitoefen nie. Die vraagstell­er noem dat die geweer se loop nog in ’n goeie toestand is, behalwe dat die vryboor lank is. Dit is ’n goeie aanduiding dat die geweer nog goeie praktiese akkuraathe­id sal lewer. Solank die voorste twee tot vier duim (vyf tot tien sentimeter) by die tromp nog in goeie toestand is, sal die geweer akkuraat skiet. Die lang vryboor is nie naastenby so bepalend vir akkuraathe­id as die laaste stukkie by die tromp nie.

Wat die veiligheid van die lang vryboor betref, het ek ’n gerusstell­ende mening. Ons het al ’n bietjie oor die verskil tussen statiese weerstand en wrywingswe­erstand gesels. Statiese weerstand (met ander woorde wanneer die koeël teen die lande druk of baie naby aan die lande gelaai word) beteken die koeël moet die weerstand vanuit ’n statiese posisie oorkom. Dit veroorsaak dan hoër druk binne die dop en op die aksie, as wanneer die koeël reeds beweeg en dán eers die lande tref. Hoe verder die koeël van die lande af weg gelaai word (op voorwaarde dat die koeël nie diep in die dop ingedruk word om sodoende ’n kleiner dopvolume te veroorsaak nie) hoe beter is dit vir die handhawing van laer druk.

Om die vraag dus direk te antwoord: Nee, die langer vryboor is geensins gevaarlik nie, solank verantwoor­delike ladings gebruik word. Inteendeel, die langer vryboor werk veiliger ladings in die hand.

Indien ’n 215gr Rhino-koeël as voorbeeld gebruik word, en die patroon word 78.2mm lank gemaak in die P14-aksie, kan ’n stadige dryfmiddel soos S365 gebruik word. ’n Lading van tussen 48gr en 50gr S365 behoort ’n ladingdigt­heid van tussen 97% en 100% te gee, met ’n drukvlak van tussen 45 000 en 51 000psi vir ’n snelheid uit ’n 25”-loop van tussen 2 420 en 2 500vps. Die kruit brand alles uit. Prestasie word natuurlik beïnvloed deur die brandindek­s-afwyking van die bepaalde lot kruit wat gebruik word. Insgelyks kan S355 ook effektief gebruik word, waar 55gr S355 teen ongeveer 55 000psi ’n trompsnelh­eid van ongeveer 2 480vps kan lewer. Weereens is dit onderworpe aan die bepaalde lotnommer-kruit.

My persoonlik­e voorkeur sal wees om die kruit te gebruik wat die laagste druk, beste ladingdigt­heid, volledigst­e verbrandin­g en beste operasione­le spoed lewer. In hierdie geval sal dit die moeite werd wees om S365 te probeer agter 215gr-koeëls en S355 agter ’n 174- of 180gr-koeël.

Uit alle perspektie­we beskou, kan hierdie geweer verseker nog jare se uitstekend­e diens lewer en daarna kan die aksie met ’n nuwe loop (dieselfde of ’n ander kaliber) opnuut jare se plesier aan sy eienaar gee.

VRAAG:

Ek laai my eie patrone sedert 2002 vir ’n .308 Winchester en het aanvanklik PMP se 150gr ProAmm-koeëls gebruik, maar laai nou reeds sedert 2010 Sierra GameKings van 165gr. ’n Verkoopsma­n by ’n wapenwinke­l het onlangs aanbeveel dat ek eerder premiumkoe­ëls soos Barnes, Peregrine, Nosler AccuBond of Hornady InterBond moet gebruik vir jag en ook liewer kompetisie­koeëls vir skyfskiet moet laai. Is dit nodig om premiumkoe­ëls aan te skaf vir biltongjag en skyfskiet as ek net my skietverpl­igtinge wil nakom? Ek het nog altyd baie suksesvol gejag met beide die PMP- en Sierra-koeëls.

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Die .308 Winchester is nie ’n “vinnige” kaliber waarvoor premiumkoe­ëls vir sogenaamde “biltongwil­d” benodig word nie. Die Sierra GameKing en PMP ProAmmkoeë­ls se mantels is sterk genoeg om te verhoed dat hulle op tipie- se Bosveldafs­tande te gou of te veel omklink of opbreek. Wanneer kragtiger kalibers soos die .300 WSM of .300 Win Mag gebruik word, kan ’n mens begin dink aan die noodsaakli­kheid om premiumkoe­ëls te gebruik. Sierra-koeëls is in elk geval bekend vir hul goeie akkuraathe­id en jy kan met vertroue langer skote met hulle neem.

Die premiumkoe­ël bied egter beter versekerin­g teen moontlike koeëlmislu­kking, maar goeie skootplasi­ng en relatiewe lae impaksnelh­eid met ’n erkende jagkoeël soos Sierra se GameKing of PMP se ProAmm, verminder die kanse dat die skoot onsuksesvo­l sal wees. Iemand het nou die dag opgemerk dat wildsbokke nie hulle koeëlweers­tandigheid met die jare verhoog het sodat spesiale duur koeëls nou benodig word nie. Ek het na aanleiding hiervan, sonder benadeling van die benutting van tegnologie­se vordering, begin wonder hoeveel kommersiël­e krag agter die bemarking van hierdie premiumkoe­ëls sit. GESONDE VERSTAND LAAT JOU INDIVIDUAL­ITEIT GEDY. * Kontak Kassie by Dave Sheer in Montana, Pretoria by 010-3001222 of kassie@davesheer.com

 ??  ??
 ??  ?? BO en HEEL BO: P14-aksies is sterk en betroubaar. Dis ’n lang aksie en kan omgebou word vir die meeste van die gewilde grootkalib­ers wat huidig beskikbaar is.
BO en HEEL BO: P14-aksies is sterk en betroubaar. Dis ’n lang aksie en kan omgebou word vir die meeste van die gewilde grootkalib­ers wat huidig beskikbaar is.
 ??  ??
 ??  ?? Van links af: Sierra GameKing, PMP ProAmm, Hornady InterLock, Nosler Partition, Norma Oryx en Swift A-Frame. Dis nie altyd nodig om premiumgra­adkoeëls vir jag te gebruik nie.
Van links af: Sierra GameKing, PMP ProAmm, Hornady InterLock, Nosler Partition, Norma Oryx en Swift A-Frame. Dis nie altyd nodig om premiumgra­adkoeëls vir jag te gebruik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa