DOOIERUS – 'N DRAAI MET DIE LIG

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Ek is nie skaam om dit te er­ken nie: Ek is met die maan ge­pla. Ver­al as sy so smeu­lend vol­rond en o­ran­je oor die ho­ri­son loer. Maar so mal soos ek oor die vol­maan is, net so dank­baar is ek vir ’n skraal se­kel­tjie. Want dis met don­ker­maan dat Die Lig tot sy reg kom.

Dis hoe ons die stuk toe­rus­ting som­mer kort­weg noem: Die Lig, want hy staan sen­traal tot al­les wan­neer ons met hom werk. Gee aan Die Lig. Laat sak Die Lig. Lig meer links. Lig dié kant of daai kant.

Die ske­mer­wê­reld van die soek­lig is an­ders as die be­ken­de om­ge­wing van die dag. Net so is nag­skiet ook ’n he­le an­der ding as jag. Fair cha­se is dit glad nie. Fair chan­ce ook nie, in­ge­val jy ’n ver­skil tus­sen die twee sou wou vind. Dob­bel is dit wel, want jy moet op die reg­te tyd op die reg­te plek wees om die reg­te oog te vang met die lig. Dis ’n soek­tog, net soos jag, en dit verg be­dre­wen­heid om ’n dood­skoot te trek, net soos jag. Mak­lik om te ver­war der­hal­we, maar jag in die wa­re re­spek­vol­le sin van die woord? Nie in my boek nie.

Daar­voor het ek da­rem al te veel ’n kruis ge­trek op twee b­link oë wat blind ge­an­ker staan of soek-soek aan­strom­pel. Jy smok­kel ’n dier se kop mos heel met daai lig. Al wat jy dan nog hoef te doen, is raak skiet.

En tog hoor jy men­se sê hul­le gaan jag as hul­le eint­lik be­doel hul­le gaan nag­skiet met ’n lig. Wat se­ker te ver­sta­ne is, want dees­dae word al­les waar­by die dood van ’n dier en ’n vuur­wa­pen be­trok­ke is, jag ge­noem. Of jy nou in ’n kraal of uit ’n he­li­kop­ter of van ’n ki­lo­me­ter weg af skiet, men­se praat van ‘jag’.

Hoe dit ook al sy, nag­skiet is nie ’n nu­we ding nie. Selfs in die dae van die lan­tern was dit al ’n tak­tiek van wild­stro­pers en Lang­plaas­skie­ters. In baie ge­val­le is dit nog steeds ’n on­wet­ti­ge jag­me­to­de, maar dit skrik men­se skyn­baar nie af nie. “Kom ons gaan ry ’n draai met die lig,” sal ie­mand voor­stel na ’n braai, of wan­neer ’n paar ver­veel­de ou­tjies lus kry vir ’n bie­tjie ak­sie.

As daar ge­we­re saam­gaan, kan din­ge so ’n slag le­lik raak. Be­ne­wens die wet­tig­heids­as­pek raak so ’n uit­stap­pie soms ’n moord­tog waar ge­skiet word op e­nig­iets. K­lein­wild loop deur en ook die­re soos muis­hond­jies, grou- en swart­poot­kat­te, erd­var­ke, ys­ter­var­ke en bak­oor­jak­kal­se.

Maar Die Lig het nog­tans sy plek. Ty­dens nag­oes is ’n soek­lig by­voor­beeld on­ont­beer­lik. Hier­die oesme­to­de is ’n nood­saak­li­ke been van wild­be­stuur, een wat die ver­min­de­ring van ge­tal­le ef­fek­tief en met re­la­tief min steur­nis moont­lik maak. Ook met pro­bleem­dier­be­heer is Die Lig ’n sleu­tel tot suk­ses. En dan is daar na­tuur­lik ’n draai ry met Die Lig – son­der wa­pens – som­mer net om te kyk wat in die nag in die veld aan­gaan.

Só ’n na­g­rit is ’n won­der­li­ke er­va­ring. Dis die ‘Huis­ge­noot ont­hul’ van die veld – vo­yeu­ris­me op sy na­tuur­lik­ste. Al­ler­han­de don­ker­stre­ke wat ’n mens an­der­sins nooit sou sien nie, word bloot­ge­lê in die hel­der lig­straal. Die aard van die to­neel – ’n ver­lig­te kol ge­raam in don­ker­te – gee selfs ’n te­le­vi­sie­ge­voel aan die ky­ker. En dan lyk die vier­voe­tak­teurs boon­op as­of hul­le to­neel speel as hul­le so self­be­wus en stok­ke­rig be­weeg. Maar tog is dit eg; le­wen­de 3D op die hoef as’t wa­re.

Dit kan eg­ter ook be­drieg­lik wees. In die wis­se­len­de spel van lig en ska­du lyk die om­ge­wing heel an­ders as in die dag. Jy’s ge­dis­o­ri­ën­teerd en plek­ke ver­toon vreemd. Din­ge is na­der. Of ver­der. Suid in plaas van noord. Of selfs heel on­her­ken­baar.

Die lek­ker van so ’n na­g­rit is na­tuur­lik dat jy kans kry om die­re en hul ge­drag deeg­lik van na­der te be­kyk. Hul­le word ge­an­ker deur die lig en gee jou meer tyd as be­dags. Jy sien ook die­re wat jy sel­de in die dag sou raak­loop. Mus­kel­jaat­kat, rooi­kat, krimp­var­kie, ys­ter­vark, erd- vark, bos­vark, ie­ter­ma­gog, si­vet en dies meer: In die straal van die lig kry jy ge­leent­heid om hier­die skug­ter nag­lo­pers mooi te be­kyk.

Jy leer la­ter selfs om die­re aan hul oë te ei­en. Die aar­se­len­de groen o­gies van ’n steen­bok. Jak­kals­draf se sien jou/sien jou nie. Die ma­len­de flik­kers van ’n klom­pie rooi­bok­ke. Die hoë oë van koe­does. ’n Na­g­a­pie se bon­sen­de hel­der pie­rings. Die dow­we glin­ster van ’n nag­uil­tjie op die grond.

As jy die vol­le waar­de uit so ’n er­va­ring wil kry, moet die man ag­ter die lig eg­ter sy s­to­rie ken. Kyk waar jy lig, moe­nie lig waar jy kyk nie, is tra­di­si­o­neel die raad, want an­ders kan nie­mand saam­kyk nie. Swaai die lig e­ga­lig van ne­ge­uur links tot d­rie-uur regs en maak se­ker jy kam ook die han­ge en dui­ke deur.

’n On­ge­dul­di­ge dry­wer kan net so ’n ir­ri­ta­sie wees soos ’n ruk­ke­ri­ge lig­man. Die be­stuur­der moet sta­dig ry en weet waar om te talm en wan­neer om te stop as hy sy pas­sa­siers ’n aan­ge­na­me er­va­ring wil gee.

En dan is daar na­tuur­lik die koue om mee re­ke­ning te hou. Op ’n win­ters­aand kruip die koue in jou are in. Die hand wat die lig swaai, al is dit met ’n dik hand­skoen, voel la­ter soos ’n le­we­lo­se pros­te­se. Die ure glip ver­by maar tog wil nie­mand gaan slaap nie, want wie weet wat wag dalk in die vol­gen­de swaai van Die Lig?!

Kyk waar jy lig, moe­nie lig waar jy kyk nie, is tra­di­si­o­neel die raad...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.