AS DIE SWA­ERS JOU LAAT SWAARKRY

’n Mens moet jou sto­rie ken, of jy nou in die dui­ne jag of ’n vuur­wa­pen han­teer.

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

COBUS A. ERASMUS

Wan­neer ’n bok so on­ge­luk­kig is om in ’ n do­de­li­ke strik te be­land, is daar feit­lik geen weg­kom­kans vir die ar­me dier nie. As dit ’n groot, sterk bok is wat ge­vang word, soos ’n eland, kry hy dit wel par­ty­keer reg om die strik van die an­ker­plek af los te breek, maar dan is die strik ge­woon­lik steeds vas om sy nek, poot of waar ook al hy of sy ge­vang is.

Soms trap ons as men­se ook in ’n strik en dit kan erns­ti­ge ge­vol­ge hê of selfs jou dood ver­oor­saak. On­lang­se nuus­be­rig­te ra­ken­de som­mi­ge le­de van die SAPD se on­be­voegd­heid om vuur­wa­pens te han­teer het my nie net ont­stel nie, maar ook my ge­dag­tes baie ver te­rug­ge­neem. Ek het ge­dink aan my swa­er An­dré van Na­mi­bië wat hom­self per on­ge­luk met sy eie pis­tool dood­ge­skiet het.

’N REG­TE SUID­WES-JAGTOG

Ter­wyl my ge­dag­tes so op ver paaie dwaal, het ek ook ont­hou van die keer ty­dens die ja­re van die Bos­oor­log toe ek en my an­der swa­er Ed­die hier in die Re­pu­bliek be­sluit het dat ons na ’n reg­te Suid­wes-jagtog hun­ker. Dit was ook nie lank nie of my an­der (ook reeds oor­le­de) swa­er Hen­nie het vir An­dré ge­help re­ël dat ons daar kan gaan jag. Na­tuur­lik ook nie som­mer so se jag nie; ons sou met ’n Flos­sie (van die weer­mag) van P­re­to­ria af na Run­du vlieg waar my swa­ers des­tyds diens ge­doen het – een in die po­li­sie en die an­der as lid van Koe­voet.

Ter wil­le van ons jon­ger jag­ters moet ek se­ker gou ver­dui­de­lik: Run­du is in die noor­de van Na­mi­bië, bo in O­vam­bo­land en die Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag het daar ge­help om die Ku­baan­se en an­der mag­te uit Na­mi­bië en dus ook uit die Re­pu­bliek van Suid-Afrika te hou. Koe­voet was ’n hoogs op­ge­lei­de een­heid wat re­de­lik on­der die vy­and a­mok ge­maak het en ’n Flos­sie is ’n Her­cu­les C-130-vlieg­tuig wat ge­bruik is om sol­da­te en voor­raad mee te ver­voer. Dié vier­mo­to­ri­ge-vlieg­tuig het nie juis “klank­dem­pers” ge­had nie, ook nie sit­plek­ke nie en ’n mens het op sul­ke hang­net­te ge­sit. Vir se­ker nie ’n pre­trit nie, maar die prys het ons sak­ke ge­pas en dit het na ’n a­von­tuur ge­klink. My swa­ers het in elk ge­val niks ge­noem van swaarkry nie...

In Na­mi­bië se lug­ruim het ons eg­ter spoe­dig groot­oog ge­sit toe ons op een lug­ha­we am­per ge­land het, maar weer met ’n spoed moes op­styg... Iets van “terrs” in die bos! By die vol­gen­de bos­lug­ha­we het ons nog die een oom­blik in­ge­kom vir lan­ding en toe hou ons ver­by. By Run­du het ons al in die rond­te ge­vlieg, ter­wyl he­li­kop­ters die bos fyn­kam. Na ’n ruk het ons wel ge­land en ui­t­ein­de­lik was ons vei­lig, of al­tans só het ons ge­dink. El­ke huis in Run­du het ’n bom­skui­ling in die ag­ter­plaas ge­had en ty­dens ons ver­blyf daar het ons meer as een keer ver­vaard na die skui­ling ge­hard­loop. Ons was skoon ver­lig toe ons die Crui­ser se neus bos toe kon draai.

Saam op ons jag was twee K­hoi­san; ou X!hum’sa en ’n ge-

raam­te­riem wat stok­oud was en wie se naam ek al ver­geet het, so kom ons noem hom A­ga­rob. Net bui­te Run­du het An­dré ’n ou oom en sy vrou wat ge­ry­loop het, op­ge­laai. Ek en Ed­die was jonk en moes maar ag­ter­op ry. Dit was vrek ver en daar was pad­blok­ka­des en an­der op­ont­hou­de. Die oom­blik toe die son sy kop weg­draai, toe trek die Suid­pool sy koue gor­del om ons vas. Het jy al ooit in die win­ter in Na­mi­bië ag­ter op ’n oop bak­kie ge­ry? Dit was ie­wers ná 1980, maar nie lank nie toe lê ek en Ed­die le­pel met die twee K­hoi­san.

Ons het eers laat­nag kamp op­ge­slaan. Ek het geen i­dee waar nie, maar dit was noord van Groot­fon­tein en nog in O­vam­bo­land. Jy ken mos daai grap­pie van die weer­mag­man wat vir sy ma skryf dis heer­lik in die ar­my, hy mag net nie sê waar hul­le is nie.

ONS ELANDJAG BE­GIN

Ons jag het baie vroeg die vol­gen­de og­gend be­gin en ons kon e­nig­iets skiet, maar daar was ver­al baie e­lan­de. An­dré het ver­dui­de­lik dat ons in die dui­ne was en vir die eerste keer het ek ken­nis ge­maak met dui­ne en stra­te. Die dui­ne was meest­al met gras be­groei en die stra­te soms dig be­bos, daar het selfs groot bo­me ge­groei. An­dré en A­ga­rob het vir Ed­die saam­ge­neem en hul­le het ’n koers in­ge­slaan. Met ’n laaste waar­sku­wing teen “ter­ro­ris­te” (was dít nou no­dig?) het die bos hul­le in­ge­sluk. Ek en X!hum’sa het in ’n an­der rig­ting ge­stap.

Dit was nie lank nie of ou X!hum’sa sê dat ons op ’n e­land­spoor loop. Ek het half sim­pel ge­voel dat ek dit nie op­ge­merk het nie. Net toe ek die spoor mooi volg, re­ken hy daar is nou vier e­lan­de. En my ver­leë bek het skaars ge­trek, toe ver­tel hy my hul­le is hier voor ons; daar­van het die sly­me­ri­ge tak­kie in sy hand ge­tuig. Ai, ’n K­hoi­san kán!

So het ek ge­re­ken, maar ek het eers laat­og­gend, so skuins voor twaalf, die e­lan­de se gat­kan­te ge­sien toe hul­le die vol­gen­de straat in­draf. ’n Eland, as jy hom eers skrik­ge­maak het, kan heel­dag ’n Cas­ter Se­me­ny­a­draf vol­hou. Ons het la­ter moeg en dors tou op­ge­gooi en die spoor ge­vat te­rug bak­kie toe.

Na­tuur­lik was ek da­de­lik lek­ker suur vir die an­der groep. My moeë brein het my oor­tuig dat hul­le al lank­al heer­lik on­der ’n groot ma­roe­la­boom ont­span ter­wyl ons warm ag­ter ’n eland aan­swoeg.

DIE LANG GE­WAG

Hier­die le­li­ke ge­dag­tes het my be­sig ge­hou tot ons die Crui­ser be­reik het. My ver­ba­sing was groot toe daar geen siel in sig was nie, net die snik­warm bos wat skaars a­sem­ge­haal of be­weeg het. Op die voer­tuig was ’n melk­kan vol wa­ter en na­dat ek die helf­te uit­ge­drink het, ef­fens her­stel het en toe nog ’n paar sluk­ke vir die wis en die on­wis ge­vat het, het ek al hoe vie­ser ge­word. Ek was dik­bek om­dat ek ge­dink het dat hul­le waar­skyn­lik heer­lik jag en nie hul tyd ken nie, en dit ter­wyl ons nou maar by die bak­kie moes sit en wag. La­ter het ek teen ’n wiel be­gin in­dut en X!hum’sa teen ’n boom. Hier teen drie-uur het vrees en on­se­ker­heid my moe­rig­heid be­gin ver­plaas.

“Wat as...?” “Sê nou net...”, en an­der sul­ke spook­ge­dag­tes het my op­ge­jaag en laat rond­stap (met my ge­weer oor­ge­haal). Ge­luk­kig het An­dré die Crui­ser se sleu­tel daar ge­los en met X!hum’sa ag­ter­op het ons sta­dig deur die bos be­gin aan­ry. Waar­heen, weet ek self nie. Daar was nie ’n pad nie en ek het ook nie die rig­ting te­rug ge­ken nie, al­hoe­wel ek ge­weet het ons sou op ons spo­re kon te­rug. Ons was nog so aan’t rond­kruie toe bars al­le hel los.

’n Ge­weer­skoot het skie­lik van­uit die dig­te bos op­ge­klink en ek kon die koe­ël oor ons kop­pe hoor fluit. Toe nóg ’n skoot. Ek het my eie weer­mag­dae her­leef en die bak­kie se rem­me vas­ge­skop, die deur oop­ge­ruk, my ge­weer aan die kolf ge­gryp en oor­ge­haal ter­wyl ek laag uit die Crui­ser duik, om­rol en ag­ter ’n boom in­seil. Ek was be­wend van skrik, er­ger as die erg­ste bok­koors. Ar­me ou X!hum’sa was ook lam ge­skrik. Hy het vas­ge­vries ag­ter op die bak­kie bly staan, nog­al met ’n groot gryns­lag op sy min-tan­de-mond.

Ek kon nie glo hy was al so ge­woond aan die vy­and se ge­weer­vuur nie en toe waai hy ook nog vir hul­le. Ek het ver­sig­tig ag­ter my boom reg­op ge­kom, net om te sien hoe An­dré na­der draf. Ver ag­ter hom was Ed­die, as­vaal en skou­ers krom, met die ge­weer wat hy ag­ter hom aan­sleep. A­ga­rob was nê­rens te sien nie. Ek was so ver­lig ek kon hul­le al­twee uit pu­re blyd­skap oop­bek soen.

OP ’N DWAALSPOOR

Hul­le sto­rie? “Na­dat ons by die Crui­ser weg is, was ons bin­ne ’n paar mi­nu­te op ’n trop­pie e­lan­de se spo­re. A­ga­rob het ge­sien dat een swaar draf as ge­volg van ’n strik om sy been, maar dit be­te­ken nie hy was mak­li­ker om te jag nie. Jy ken mos vir eland, hy kan heel­dag draf.”

Ter­wyl ek en An­dré so staan en ge­sels, het Ed­die ook daar aan­ge­kom. Hy was ge­daan en ons het hom met die res van die wa­ter in die melk­kan ge­la­we. An­dré het ver­der ver­tel: “Ar­me Ed­die het gou ge­suk­kel om by te hou, daar­om kon ons nie die e­lan­de in­draf nie. La­ter het A­ga­rob ge­sê, ‘Die ou me­neer moet maar hier wag, ons sal hom weer kom kry.’”

Ons het lek­ker ge­lag, maar dit was nie juis vir Ed­die snaaks nie: “Daai bled­die Boes­man is vier keer so oud soos ek, maar hy noem mý oud! Maar ja! Ek was reg­tig am­per dood en toe hul­le nie te­rug­keer nie, het ek ge­weet ek gaan daar vir dood op­ge­tel word. Ek het al klaar vir my vrou ’n af­skeids­brie­fie in die sand ge­skryf.”

Toe die moeë jag­ters ui­t­ein­de­lik be­sluit het om die af­tog te blaas, het hul­le ag­ter­ge­kom dat A­ga­rob so­waar ver­dwaal het. Al ge­na­de was om hom met ’n draai te­rug te stuur so­dat hy die bak­kie se spo­re kon soek, ter­wyl An­dré vir Ed­die gaan soek het. Hy het hom ge­luk­kig weer ge­kry en toe­val­lig het hul­le ’n ruk la­ter die Crui­ser ge­hoor. Dit is tóé dat hul­le sko­te vuur om ons aan­dag te trek.

Nou ja, van elandjag het ons toe ge­noeg ge­had. Ons het op ons spo­re te­rug­ge­ry, waar ons na ’n ruk­kie ook vir A­ga­rob ge­kry het, kom­pleet met nog meer plooie as vroe­ër die dag. Van­daar af is ons na ’n plaas na­by Groot­fon­tein met die hoop om daar iets te jag, maar die om­ge­wing was so be­groei met swart­haak en se­kel­bos dat jy glad nie meer as twee me­ter van die paad­jies af kon be­weeg nie. (Hoe daar­die plaas van­dag daar­na uit­sien, won­der ek nog­al.) Ons is die vol­gen­de dag met leë han­de, maar met vol ge­moe­de­re te­rug Run­du toe. Al het ek niks ge­skiet nie en swaar­ge­kry on­der my swa­ers, was dit ’n be­le­we­nis wat my al­tyd sou by­bly.

Al­tyd sal die na­ge­dag­te­nis aan swa­er An­dré, wat ons so swaar laat kry het, en wat die ge­vaar­li­ke Bos­oor­log as ’n baie er­va­re veg­ter oor­leef het, daar wees. Ver­al om­dat hy la­ter hom­self per on­ge­luk in sy eie huis ge­skiet het. Daar­in is be­slis ook ’n les. Dalk moet ons as wa­pe­n­ei­e­naars aan­dring daar­op dat ons “be­sker­mers”, nes ons, ook be­kwaam en be­voeg moet wees al­vo­rens hul­le ’n wa­pen mag op­neem. As on­ge­luk­ke kan ge­beur met be­hoor­lik ge­kwa­li­fi­seer­de wa­pe­n­ei­e­naars en er­va­re jag­ters, hoe­veel te meer nie met on­be­voeg­de be­amp­tes nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.