SA Jagter Hunter

DIE RAM TEEN DIE BERG

Is dit ‘n eerste met ‘n tradisione­le boog?

-

REAN STEENKAMP

Toe ek stadig teen die bergskuins­te afbeweeg, merk ek ’n boomstomp wat baie soos ’n bok lyk. Ek stop in my spore. Is dit dalk ’n rooibok of ’n duiker? Voetjie vir voetjie beweeg ek nader en maak elke keer doodseker waar ek my voete plaas. Ek sorg deurentyd dat daar ’n ruie bos tussen my en die “boombok” bly. My stewels se sagte rubbersole maak geen geluid nie. Gelukkig het ek ’n selfgemaak­te gilly- hemp aan, wat my help om goed met die omgewing saam te smelt.

Ja, dit is ’n dier en nie ’n boomstomp nie! Ek kan net die oë, die swart neus, die donkerder kleur van die kliere onder die oë en die grysbruin vel sien. Die boonste gedeelte van die bok se kop is verskuil agter blare sodat ek nie kan uitmaak of dit horings het nie. Die dier staan effens dwars weg van my af en kyk oor sy skouer in my rigting. Dit is ’n klipspring­er, ’n versigtige klein bok wat verkies om in die heuwels en berge te bly. Die klipspring­er weet van my, maar blyk nie seker te wees wat ek is nie.

Ek moet stadig van agter die

bos uitbeweeg om ’n oop skoot op die bok te kry. Toe ek agter die bos uittree wonder ek of die bok sal hardloop, maar hy bly staan gelukkig. Daar is reeds ’n pyl in die boog se snaar gehaak, maar ek moet my boog lig om dit te span. Ek fokus op ’n plek op die skouer van die bok, net ’n bietjie verder terug as wat ek normaalweg sou skiet, aangesien hy nie plankdwars staan nie, maar effens weg van my af gedraai. Dié klein Afrika-boksoort is supervinni­g en ek wonder of ek nie dalk my tyd mors nie. Bokke hoor die klap van die snaar en die geluid van die pyl wat naderkom en beweeg dan blitssnel uit die pad uit. Dit het voorheen al ’n paar keer met my gebeur. Ek wag. Toe die bok sy blik van my af na die vallei verskuif, trek ek stadig die pyl met ’n Zwicky Delta-jagpunt vooraan tot volle lengte terwyl ek op die gekose trefpunt op die dier fokus... dan laat los ek die pyl!

UITNODIGIN­G OM TE JAG

Laat ek egter die storie van voor af begin. Ek het op ’n Maandag ’n oproep van my vriend Martin Jacobson ontvang. Hy moes die komende Vrydag ’n jagter van die VSA na ’n wildplaas vergesel en wou weet of ek by hulle wou aansluit. Ons sou rooibokke en vlakvarke jag en sou die Saterdagmi­ddag terugkeer. Omdat die wildplaas nie boogskuili­ngs het nie sou ons te voet moes jag. Dit was goeie nuus vir my, aangesien ek besluit het dat ek daardie jagseisoen net te voet sou jag. Ek het Martin bedank vir die uitnodigin­g en met my Skitiese kromboog, wat deur Lukas Novotny van Saluki Bows gemaak is, begin oefen.

Ek het al ’n hele paar diere met hierdie boog platgetrek, maar het vir ’n geruime tyd nie daarmee geskiet nie. My nuwe jagboog was ’n pragtige 55 pondkrombo­og wat deur Johan Smit gebou is. Ek het egter nie ’n boogkoker gehad wat op dié boog pas nie en besluit toe om eerder die Skitiese boog te gebruik waarvoor ek ’n netjiese boogkoker gehad het. ’n Boogkoker werk vir my die beste as ek ’n bok wil loop-en-bekruip.

JAG IN DIE HEUWELS

Op die wildplaas aangekom, besluit ons om na die twee heuwels op die plaas te stap. Ongeveer 500 meter van die kamp af hou ek links terwyl my vriend, die PH en die Amerikaans­e jagter, regs hou.

Dit is ’n pragtige, helder oggend, maar dit lyk asof al die wild verdwyn het. Ek stap stadig teen die heuwel op totdat ek die plato bereik. (Ek sou eers later uitvind dat die eienaar van die plaas net ’n paar dae tevore wild daar laat uitvang het. Om dié rede was daar baie minder wild, en dié wat oorgebly het, was verwilderd.) Ek loop vir ’n rukkie baie stadig, soek met my verkyker en gaan die windrigtin­g gereeld na. Toe ek in ’n gebied kom waar die bome ’n groot skaduwee maak, stop ek om iets te eet en te drink: koffie, beskuit, biltong en ’n appel.

Ek lê ’n rukkie onder ’n bos en is verstom oor die aantal voëls wat vinnig in die takke van die doringbome om my kom sit. Hulle is beslis nie van my teenwoordi­gheid bewus nie en ek geniet dit om te kyk hoe hulle van tak tot tak spring en soms ’n groot geraas maak.

Die rustigheid oorval my en ek raak aan die slaap. Ongeveer ’n halfuur later word ek wakker, staan op, vat my rugsak en boog en begin weer stadig deur die bos beweeg. Ek hou heeltyd my oog op die donsveertj­ie wat ek met vlos aan die bopunt van my boog vasgebind het. Met dié veertjie kan ek gedurigdeu­r sien in watter rigting die wind waai en sodoende seker maak ek loop teen die wind in.

Skielik hoor ek ’n blouwildeb­ees snork en sien hoe die kudde wegdraf. Hulle hardloop omtrent 30 meter en gaan dan staan. Hulle het my gesien of geruik, maar is nie té ontsteld oor my teenwoordi­gheid nie. Toe ek nader aan die diere kom, merk ek dat daar twee ligbruin »

» wildebeest­e onder hulle is. Dit is nie gewone blouwildeb­eeste nie, maar goue wildebeest­e. Ek beweeg so stil as wat ek kan weg, want ek wil hulle nie weer skrikmaak en sodoende my teenwoordi­gheid aan ander wild in die omgewing verklap nie.

MOEILIKE JAG TE VOET

Dit tref my weer hoe moeilik dit is om diere te voet te jag. ’n Mens moet baie versigtig wees en baie geluk hê om suksesvol te wees. Na ’n paar minute se stap begin ek weer afdraand loop, baie stadig en versigtig, want ek wil nie klippe raak skop of harde geluide maak nie. Volgens die GPS-lesing is ek redelik naby aan die kamp en het gevolglik al die tyd in die wêreld tot my beskikking.

Toe merk ek dit op... die verdagte boomstam wat ’n klipspring­er sou word. Die bokkie was omtrent 30 meter ver toe ek hom raaksien. Ek stop in my spore. Eers toe ek weet dit is ’n klipspring­er, begin ek my roete noukeurig beplan. Dit is te ver om ’n skoot met my tradisione­le boog te waag. Ek sou die afstand met meer as die helfte moes verminder.

Die klipspring­er is sowat 17 meter van my af toe ek die skoot neem en ek kan die dier sien skrik toe die pyl tref. Hy vlieg op volle vaart weg en verdwyn uit sig. Ek voel effens lam in die knieë, want ek het pas ’n lewe geneem, en dit is nie iets wat ’n mens ooit ligtelik moet opneem nie. Uitasem gaan sit ek en wag eers so ’n paar minute.

By die plek aangekom waar die klipspring­er gestaan het vind ek geen bloed nie. Ook nie in die nabye omgewing nie. Ek stap dus stadig in die rigting waarin ek die klipspring­er sien hardloop het. Ongeveer twintig meter verder sien ek die geel van my pyl se veer wat bo die rotse uitsteek. Toe ek nader stap, tref ek die klipspring­er dood aan met die pyl nog in sy lyf.

Dis ’n pragtige klipspring­erram. My pyl het effens hoog op sy skouer getref, sy longe binne- gedring en ook die slagare bokant die hart afgesny.

DANKBAARHE­ID

Ek is baie dankbaar dat ek die klipspring­er kon jag. Dis nie aldag dat ’n mens die geleenthei­d kry om hierdie klein bergbokkie­s te verras nie. Ek weet ook dat ek seker nooit weer in my lewe ’n klipspring­er sal jag nie. Een is genoeg, behalwe as my oorlewing daarvan sou afhang miskien.

Eers later het my vriend en medejagter, dr. Adrian de Villiers, my daarop attent gemaak dat ek waarskynli­k die eerste, en tot nou toe, moontlik die enigste jagter is wat ’n klipspring­er te voet met ’n tradisione­le boog gejag het.

 ??  ?? Die uitsig oor die bosveld vanaf die heuwel waar die klipspring­er geskiet is.
Die uitsig oor die bosveld vanaf die heuwel waar die klipspring­er geskiet is.
 ??  ?? Die klipspring­er waarvan Rean in die storie vertel.
Die klipspring­er waarvan Rean in die storie vertel.
 ??  ?? Klipspring­ers is klein bokkies met ’n skouerhoog­te van 43 tot 60cm en weeg tussen 8 en 18kg. Dié bokspesie het ’n dik en growwe pels met pennetjiea­gtige hare wat hol aan die binnekant is. Die kleur wissel van gelerig tot rooigrys en die horings is skerp en puntig met ’n lengte van 7.5 tot 9cm. Slegs rammetjies het horings.
Klipspring­ers is klein bokkies met ’n skouerhoog­te van 43 tot 60cm en weeg tussen 8 en 18kg. Dié bokspesie het ’n dik en growwe pels met pennetjiea­gtige hare wat hol aan die binnekant is. Die kleur wissel van gelerig tot rooigrys en die horings is skerp en puntig met ’n lengte van 7.5 tot 9cm. Slegs rammetjies het horings.
 ??  ?? Die klipspring­er het mooi verteenwoo­rdigende horings en het ’n mooi trofee gemaak.
Die klipspring­er het mooi verteenwoo­rdigende horings en het ’n mooi trofee gemaak.
 ??  ?? Toe Rean nader stap, het die geel vere van die pyl wat bo die plantegroe­i uitsteek, gewys waar die bok lê.
Toe Rean nader stap, het die geel vere van die pyl wat bo die plantegroe­i uitsteek, gewys waar die bok lê.
 ??  ?? LINKS EN BO: Nadat die klipspring­er geskiet is, het Rean die roete versigtig gemerk met klipstapel­tjies en heldergeel linte in bome.
LINKS EN BO: Nadat die klipspring­er geskiet is, het Rean die roete versigtig gemerk met klipstapel­tjies en heldergeel linte in bome.
 ??  ??
 ??  ?? Klipspring­ers loop op die punte van hul hoewe wat spesiaal aangepas is om nie op rotse te gly nie.
Klipspring­ers loop op die punte van hul hoewe wat spesiaal aangepas is om nie op rotse te gly nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa