DIE LAASTE ELAND/DIE KEISERVOËL OOR NAMALAND

DIEKEISERVOËLOORNAMALAND

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Koos Marais se his­to­rie­se ro­man, Die Keiservoël Oor Namaland, is in 2016 vol­tooi en uit­ge­gee. Dié boek ver­tel die ver­haal van die Na­ma- en He­re­ro-vry­heid­veg­ters wat in die vroeë 1900’s teen Duit­se ko­lo­ni­a­le be­set­ting in die des­tyd­se Duitswes of Suid­wes-Afrika ge­veg het.

Marais ge­bruik his­to­rie­se fei­te en weef daar­om die ver­haal van die Luch­ten­stein-fa­mi­lie van Duits­land wat in 1906 in L­ü­de­rit­z­bucht (van­dag L­ü­de­ritz) voet aan wal ge­sit het. Op hul­le trek die bin­ne­land in waar hul­le hul­self wil gaan ves­tig word die ge­sin oor­val deur Cor­ne­li­us F­re­de­ricks, die Na­ma­kap­tein Hen­drik Wit­booi, se skoon­seun. Cor­ne­li­us laat die Luch­ten­steins weg­kom, maar word self deur die Duit­se S­chut­strup­pe in heg­te­nis ge­neem.

Soos die Na­mas hul­le ver­set word dui­sen­de van hul­le in heg­te­nis ge­neem en baie be­land op Haai-ei­land na­by L­ü­de­rit­z­bucht waar al­ler­han­de wre­de eks­pe­ri­men­te op hul­le uit­ge­voer word deur dr. Eu­gen Fis­cher. Hier­die eks­pe­ri­men­te op men­se was die voor­lo­per van dit wat la­ter op die Jo­de uit­ge­voer is in die straf­kam­pe ty­dens die Twee­de Wê­reld­oor­log.

Die boek ver­tel die sto­rie van ver­al die jong Ernst Luch­ten­stein en die Na­ma­kap­tein Cor­ne­li­us F­re­de­ricks, maar Marais weef ook his­to­rie­se fei­te van an­der be­ken­de ka­rak­ters van daar­die tyd in die ver­haal in.

Duits­land se eer­tyd­se vlag­kleu­re was swart, rooi en wit en die “Keiservoël” ver­wys na die rooi­bors­laks­man wat pre­sies dié kleu­re het en wat vol­op in se­ke­re de­le van Na­mi­bië is.

Marais hoop dat die boek die kol­lig sal laat val op die ui­ters be­lang­ri­ke by­drae wat die Na­mas van Na­mi­bië en die K­hoi-K­hoin tot die A­fri­kaan­se taal ge­le­wer het. Hy ver­trou ook dat dit hier­die men­se trots sal maak op hul her­koms.

Die Keiservoël Oor Namaland be­slaan 356 blad­sye en is ryk­lik ge­ïl­lus­treer met foto’s uit die tyd van die Duit­se be­set­ting van Na­mi­bië. Dis boei­en­de lees­en kyk­stof en men­se wat be­lang­stel in die ou ge­skie­de­nis van Na­mi­bië, sal aan­klank by hier­die boek vind. * Die Keiservoël Oor Namaland kos R395 en is be­skik­baar by Up­per Ca­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.