IN MY VISIER

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Ver­tel die ou do­mi­nee een­dag hoe hy na die oor­log met sy 1947 Ford-bak­kie (hul­le het mos sul­ke lek­ker groot mod­der­skerms en breë tree­plan­ke ge­had) diep in die rooi Ka­la­ha­ri huis­be­soek ge­doen het.

Teen son­on­der trek hy weg van­af ’ n kor­rel­kop-oom se plaas. Na­by die huis is daar ’n kraal­stel­sel met ’n paar hek­ke waar­deur hy moet ry, maar hy let nie mooi op nie en glip deur die ver­keer­de hek. Ver­dwaal was sy voor­land en ’n uur la­ter is hy te­rug by die oom.

Hy vra wéér pad en die oom spring som­mer op die Ford se tree­plank. “Ry reg­uit hier af,” be­duie die oom. “Draai links... weer links en ry deur die hek.” “Slap regs nou...” skrou die oom. “Reg­uit, draai regs...” Ter­wyl die Ford deur die dik sand skui­fel, spring die oom van die tree­plank af en be­duie met die hand. “Neuk reg­uit aan nou tot by die groot­pad. Ek weet nie hoe jy men­se he­mel toe wil lei as jy nie eens jou weg hier op aar­de kan vind nie.”

Nou vra ek ook, “Ken jy die pad?” Al­mal se mou­ters staan mos reg­ge­draai om op ’n sty­we ga­lop see toe weg te spring, maar dis nie eint­lik die pad wat ek be­doel nie. Dis nie ’n pad wat rê­rig saak maak nie. Ek praat van an­der paaie... Bos­veld toe, K’roo toe, Ka­la­ha­ri toe. Noord-Kaap se o­lien­hout­bos­veld en Suid­wes se diep sui­de of ka­meel­do­ring­boom­veld toe.

Moet nou nie vir my sê, ja jy ken hom want Google Maps het jou ge­wys nie. Die rê­ri­ge pad is veel meer kron­kel­rig. Ene waar­op jy moet ver­suim en dit stuk­stuk ont­dek.

Sy ver­trek­punt is daar waar jy die see­sand tus­sen jou to­ne uit­vryf en jou mou­ter se neus huis toe draai. Kry nou vis, kreef, strand­sam­bre­le, so­no­lie en nat wat­tel­hout uit jou ge­stel ter­wyl jou ske­donk die my­le vreet huis toe. Dink slot­ak­sies en snel­lers, kruit en koe­doe­bil­tong of bos­bok en be­kruip. Om ’n pad reg te vat, moet jy in die stem­ming daar­voor kom.

By die huis ge­kom, loer da­de­lik in die kluis. O­lie die ok­ker­neut­hout­kolf, voel of al die skroe­we vas is, haal die ge­weer oor en lê ’n bie­tjie aan (ja, dit ís ’n buf­fel op die gras­perk, nie ’n ha­de­da nie).

So­dra die kin­ders se skool­boe­ke oor­ge­trek is, vat die pad ge­weer­win­kel toe (laat ge­noeg tyd daar­voor toe, dis groot ver­dwaal). Daar’s al­ler­lei nood­saak­lik­he­de waar­son­der jy nie kan klaar­kom nie. Vir 2019... nu­we koe­ëls wat dood­ter skiet as dié wat jy in 2018 ge­bruik het. Nu­we ka­li­bers en ge­we­re ook. Be­kyk en be­voel hul­le. En wat van daar­die ou­li­ke nu­we skou­pie op die rak? Jou oë raak juis nou swak­ker, het jy op die strand ag­ter­ge­kom.

Wat van nu­we skoe­ne? Ver stap is dalk jou voor­land en jou een knie lol hoe­ka. Nu­we skiet­stok­ke dalk ook, wild is duur, jy kan nie be­kos­tig om te kwes nie. En na­tuur­lik moet jy skiet­baan toe om die nu­we am­mu­ni­sie of la­dings te gaan toets.

Ja man­ne en da­mes, die nu­we jaar lê braak, sy jag­paaie kron­kel­rig en on­ge­kaart. Ver­dwaal dus ge­rus daar­op, maar vra kort­kort pad by al die plek­ke waar an­der jag­ters ook ge­reeld ver­dwaal, want voor jy jou kom kry, is dit win­ter en tyd om die pad van Google Maps te vat.

Mooi loop!

JANUARIE 2019

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.