SA Jagter Hunter

NUWE .338-KALIBER

-

Uit Amerika kom die nuus dat die bekende David Tubb ’n nuwe .338-kaliber ontwerp het vir langafstan­dskiet. Dit word die .33XC genoem (Xtra Capacity) en die dopkapasit­eit van hierdie monster is glo sowat 130gr kruit. Die dop wat ’n 35˚-skouer het, het ook ’n langer lyf en nek as dié van die .338 Lapua Magnum en minder taps ( taper). Volgens toetse wat Tubb-hulle uitgevoer het, lanseer hierdie vuurspuwen­de draak 250gr- koeëls teen 3 450vps en 300-greiners teen 3 150vps.

Die Peterson-maatskappy wat reeds bekend is vir hul kwaliteitd­oppe, gaan glo die doppe vir die .33XC vervaardig. Soos te verwagte sal net kruite wat baie stadig verbrand, geskik wees vir hierdie .338. Baie verwag natuurlik dat looplewe nie baie lank sal wees nie, maar berigte lui dat ’n .33XC wat al 1 500 skote deur die loop het, nog uiters goed skiet en dat die keelerosie baie min is.

Ons sal lesers op hoogte hou en foto’s plaas sodra ons geskiktes vind van die doppe en gelaaide ammunisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa