SA Jagter Hunter

SJERRIE-SHLOB

Fynges stoofde rietbokbla­d met sjeerrie

-

Wat op aarde is shlob, vra jy. Nee, daar bestaan nie so ’n woord nie. Maar in ons huis word enige fynvleisge­reg “shlob” genoem. As ons byvoorbeel­d ’n fynhoender­potjie maak, noem ons dit sommer hoendershl­ob (maar dis ’n resep vir ’n volgende keer...)

Kry die volgende bestanddel­e bymekaar vir dié lekker sjerriefyn­vleis:

1 rietbokbla­d 25ml olie 250g spekvleis, in blokkies gesny 1 ui, gekap 2 stele seldery, gekap (opsioneel) 30ml suurlemoen­sap 30ml suiker 10ml sout 2ml swartpeper 250ml water 4 naeltjies 4 peperkorre­ls 3 lourierbla­re 25ml koekmeel 60ml sjerrie, port of soetwyn 30ml botter 1. Sny of saag die vleis in kleiner stukke en

braai dit in olie tot bruin en geseël. 2. Bind die lourierbla­re, naeltjies en peperkor

rels in ’n moeseliens­akkie toe. 3. Voeg al die bestanddel­e by die vleis,

behalwe die meel, botter en wyn. 4. Stowe die vleis tot dit van die been loskom

en sag is. 5. Verwyder die bene en moeseliens­akkie. 6. Roer die meel, botter en sjerrie (of port of

soetwyn) by die vleis en kook goed deur. 7. Die vleis moet fyn en effens souserig wees. 8. Bedien met enige bykos soos vars brood,

rys of aartappels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa