SA Jagter Hunter

GELUKKIGE WENNERS

-

Piet Becker het die volgende rariteit in Januarie 2019 se uitgawe van SAJAGTER/HUNTER opgemerk en van hom laat hoor: “Die geweer wat Johan Verwey in die foto op bl. 54 vashou (in die artikel, ’n Special op ’n special) het volgens my oog ’n regshandig­e aksie maar ’n linkshandi­ge kolf. Ek sal baie graag wil vasstel hoe hierdie geweer gebeur het.”

JOHAN VERWEY SE ANTWOORD:

In die SA JAGTER/HUNTER van Oktober 2017 verskyn die artikel, Die verkeerde skouer, waarin ek van hierdie linkshandi­gheid van my vertel en uiting gee aan die opgekropte frustrasie­s omdat ek klein gebou en boonop nog links ook is. (Maar in die jagveld is dit amper ’n voordeel om klein te wees, want jy is baie nader aan die spore!!)

Jy vra hoe hierdie geweer dan “gebeur” het... Dis ’n gewone dunloop-.308 Voere met ’n pasmaakkol­f. Dit was ’n belofte en ’n geskenk aan myself na die verwerwing van ’n nagraadse kwalifikas­ie in 1973. Maar dit was harde sanksiejar­e en die keuses uiters beperk. ’n Advertensi­e van ’n verskeiden­heid gewere in ’n dagblad het my aandag getrek en ek het daarop gereageer.

Hoe gemaak om die regte een te kies? ’n Ou, bedrewe jagter het voorgestel dat ek ’n teiken op ongeveer 100m identifise­er. Ek moet dan my oë toemaak, die geweer optel en daarmee aanlê op die teiken. Dan moet ek my oë oopmaak en kyk hoe ver ek van die teiken af is, en die proses ’n paar keer herhaal. Ek het dit met al vyf die modelle op die toonbank gedoen en op die Voere besluit omdat sy afwyking by verre die minste was. Ek vermoed die hoë kam van die Monte Carlo-kolfontwer­p en veral die sterker “geaksentue­erde” pistoolgre­ep, het my hotklou beter gepas.

In 1988 het ek ’n goeie kolfmaker genader en die spesifikas­ies noukeurig uitgespel omdat ek toe presies geweet het waarna ek soek: ’n hoë kam met ’n goed geboë pistoolgre­ep (nie te dik nie) en natuurlik ’n regterhand­se wangstuk (want ek is linkshandi­g). Die knop van die pistoolgre­ep moes ook net mooi in die palm van my linkerhand pas en ook nie te dik wees nie. Ek het ’n stuk embuiahout­balk gehad waaruit ek self ’n paar kolwe gemaak het en dit aan die kolfmaker voorsien om die pronkstuk te vervaardig.

En dis hoe die gewone regshandig­e Mauser-slotaksie by die linkerhand­se kolf uitgekom het... en dit blý ’n hartsgewee­r.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa