SA Jagter Hunter

VRA VIR KASSIE

-

Dis belangrik om te weet wat die drukvlakke is wat ’n spesifieke koeël/ladingkomb­inasie ontwikkel. Alle handlaaier­s wil en moet spesifiek weet wanneer hulle die maksimum toelaatbar­e drukvlakke vir hul wapens nader of oorskry.

Hierdie is ’n onderwerp met baie fasette waaroor selfs wetenskapl­ikes nog meningvers­kille het, en waar die gewone handlaaier heeltemal sy diepte kan verloor. Ekself is ’n leek wat die wetenskapl­ike verklaring­s betref, maar probeer altyd om die waarneemba­re simptome wat die opbou van druk aantoon, te herken. Selfs met simptoom-identifika­sie moet die vertolking verantwoor­delik gedoen word omdat wapens se eienskappe verskil en komponent-eienskappe wissel. As enige een van die vier komponente van ’n patroon verander word, beïnvloed dit die gedrag van die waarneemba­re druk.

Lading voorspelli­ngs is dus nooit meer as net ’n berekende projeksie nie, want dit kan nooit absoluut wees nie. Die effek van ’n lading moet altyd empiries getoets en waargeneem word, vandaar die doktrine dat ’n lading altyd versigtig opgebou moet word en die simptome progressie­f vertolk moet word.

VRAAG:

Hoe kan ek waarneem of daar te veel druk is wanneer ek my handlading­s afvuur?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Hierdie onderwerp was al tevore direk of by wyse van verwysing bespreek, maar dit bly ’n aangeleent­heid wat van die uiterste groot veiligheid­sbelang en ook onderligge­nd ter beskerming van die wapen en prestasiev­lakke is.

TROMPSNELH­EDE WISSEL

Die eerste tekens van drukvlakke bo die normale, is wanneer die trompsnelh­eid nie meer in ooreenstem­ming met ladinginkr­emente presteer of toeneem nie. Ons moet egter versigtig wees om ’n oordeel op klein monsterget­alle te fel. Verwerk die gedrag van vyf skote en herhaal die eksperimen­t om die verskil tussen ’n warm loop en kamertempe­ratuur te vergelyk.

Wat hier gebeur is dat, sodra die lading te hoog raak, word van die druk gebruik om die dop meer as normaalweg te laat uitswel. Trompsnelh­ede word dan negatief beïnvloed en raak onvoorspel­baar. Die verhoogde druk word nie alles gebruik om stukrag agter die koeël te gee nie en dan verhoog die trompsnelh­eid nie in verhouding met die verhoging van die lading nie. Die handlaaier sal opmerk dat in baie gevalle die verskil in trompsnelh­eid tussen opeenvolge­nde skote ook meer vergroot as dié van ladings waar daar matige druk was.

Weereens moet die gemiddelde oor ’n groter aantal skote geneem word uit ’n warm loop én uit ’n koue loop. Hierdie, soos in enige ander toets wat deur die herlaaier gedoen word wat nie toegang tot ’n drukmeetap­paraat het nie, moet nie as ’n absolute toets beskou word nie. Gebruik dit om veiligheid­sredes as ’n aanduider dat jy versigtig moet raak en eerder ’n laer ladingnode moet probeer.

Dis nie so belangrik om die vinnigste koeël op die baan te hê nie. Die korrekte benadering is om persoonlik­e prestasied­oelwitte ondergeski­k te stel aan veiligheid­srisiko’s.

BIED DIE GRENDEL WEERSTAND?

Die volgende waarna die handlaaier moet oplet, is hoe moeilik die grendel oplig om te ontsluit. Hoe meer weerstand die grendel bied, hoe groter was die druk met die afvuur van die skoot. Elke handlaaier ken die weerstand wat die grendel bied met normale ladings in sy geweer en sal gou-gou agterkom as die grendel moeiliker as normaalweg lig. In so ’n geval, kyk dadelik vir druktekens wanneer die patroondop uitgetrek is en tref voorsorgma­atreëls om dit reg te stel. Begin met die skoonmaak van die loop en die kamer as die lading in die verlede nog altyd ’n goeie een was.

Met die inspeksie moet opgelet word na die sogenaamde “halfmaan-smeer” agter op die dop se kop, nadat dit uit die kamer gehaal is. Ek het ongelukkig nie ’n makrolens om die verskynsel goed te fotografee­r nie, maar sal probeer verduideli­k. Hiervoor het die handlaaier ’n vergrootgl­as nodig. Die tipe wat ’n ingeboude liggie het, werk die beste. Alle gewere het ’n opening op die grendelges­ig waardeur die uitwerperp­en moet kan beweeg om die leë dop uit te werp nadat dit uit die kamer uitgetrek is. Die hardheid van die doppe van verskillen­de vervaardig­ers verskil en as die druk binne die dop ’n sekere vlak oorskry, forseer dié druk dat die dopmateria­al in enige hol plekkie of opening op die grendel se kop “vloei”.

Sodra die grendel opgelig word, draai die grendelkop en as daar van die dopmateria­al in enige hol plekkie ingevloei het, is daar groter wrywing tussen die grendelges­ig en die dop se kop wanneer die grendel gelig word. Wanneer die dop se metaal in die uitwerperg­aatjie ingevloei het en die grendel draai antikloksg­ewys (gewere vir regshandig­es) wanneer dit ontsluit word, skuur die rand van die uitwerperg­aatjie van die doppie se metaal af, wat dit dan na ’n smeermerk laat lyk. Hierdie verskynsel kom veral by gewere voor wat ’n gaatjie vir die veerbelaai­de uitwerper het, soos byvoorbeel­d Remington en Tikka. Die smeermerk is soms breër aan die een kant (die linkerkant by regterhand­se aksies). Dit is omdat die draai-aksie van die grendel die druk op die doppie ontspan soos wat die grendel “oopdraai” en die sluitnokke aan die grendelges­ig ontsluit.

Om te verseker dat die smeermerk nie dalk tydens die kamer van die patroon gebeur het nie, kan die handlaaier die patroon kamer en dan weer uittrek om te inspekteer, en dán die skoot skiet. Die druk-smeermerk kan net deur te veel druk vir daardie dop veroorsaak word. As die smeermerk nie baie opvallend is nie, is die druk nie noodwendig gevaarlik nie, die handlaaier moet egter bewus wees daarvan en liewer voorkomend optree. Probeer ’n ander dopfabrika­at of slagdoppie, verminder die lading of gebruik ’n kruit met ’n stadiger brandspoed.

Wanneer die vorm van die uitwerp-opening só duidelik op die kop van die dop ingeëts word dat dit lyk asof daar ’n blink verhewe merk is, is die druk te veel. Dan moet die hand-

laaier beslis nie daardie ladingkomb­inasie verder verhoog nie.

INSPEKTEER DIE SLAGDOPPE

Die volgende teken van hoë druk is die vorm van die slagdoppie. Wanneer die slagdoppie ’n swelling rondom die slagpen se merk of duikie vertoon, is daar niks mee verkeerd nie. As die swelling egter begin om ’n “getande” rand of krater te vorm, moet die handlaaier beslis bekommerd raak.

Kraters word nie noodwendig deur druk veroorsaak nie, maar wel deur druk aangehelp. Die krater is eerder ’n vorm van defek aan die geweer, deurdat daar ’n speling is tussen die slagpen en die wande van die slagpenope­ning op die grendelkop (met ander woorde, die slagpengat in die grendelkop is groter as wat dit moet wees). Die sagte slagdoppie word dan deur die interne druk van die dop in daardie spasie geforseer. Hoe groter die speling, hoe groter die krater. En hoe groter die druk, hoe skerper die krater se rand. As die speling tussen die slagpen en die opening groot is, lyk dit partykeer asof daar ’n proppie uit die slagdoppie wil breek. As dit gebeur, skiet die proppie soms deur die slagpenope­ning op die grendelkop en veroorsaak dan dat die slagpen hierna nie behoorlik sy werk kan doen nie, met gevolglike dowwerts. Wanneer ’n slagdoppie gepriem is, met ander woorde, wanneer daar ’n gaatjie in die slagdoppie gebrand is, is dit nie noodwendig ’n teken van druk nie. Inteendeel, dit is gewoonlik ’n aanduiding dat daar te veel speling tussen die slagpendeu­rsnee en die slagpenope­ning op die grendelkop is, of ander defekte soos slagpenvor­m en verkeerde slagpenvee­rspanning. Dit kan ook ’n baie dun tipe slagdoppie wees.

As ’n ander slagdoppie gebruik word en die verskynsel verdwyn, kan die handlaaier voortgaan met die nuwe slagdoppie­s. Dis egter raadsaam om die wapen dan ook dadelik na ’n goeie wapensmid te neem dat hy kyk of die slagpen en ander onderdele nie beskadig is deur die terugblaas van gas wat in die grendel in ontsnap het nie. Ek verstaan dat, in die geval van oormatige slagpenspe­ling, kan ’n bussie in die grendelkop geïnstalle­er word wat die slagpen beter laat pas. Hoe dit ook al sy, dit is nie goed om die wapen aan te hou gebruik met slagdoppie­s wat priem of oormatige groot kraters veroorsaak nie.

Wanneer die slagdoppie se ronding platter is in vergelykin­g met ’n nuwe slagdoppie s’n in ’n gelaaide patroon, kan dit ’n aanduiding wees van oormatige druk, mits die platter slagdoppie vergesel word van ander druktekens soos hierbo beskryf. Indien daar geen ander teken van druk op die dop se kop sigbaar is nie, is dit gewoonlik meer die gevolg van doppe waarvan die slagdophul­s ( primer pocket) gerek het. Dit gebeur gewoonlik na ’n toevallige hoë lading wat gebruik was, of langdurige gebruik van ’n dop. Sommige vervaardig­ers se doppe is sagter en die slagdophul­se rek vinniger as andere. Wat dan gebeur, is dat die slagdoppie deur normale druk uit die huls geforseer word en teen die grendelkop stuit of plat slaan. Onthou die slagdoppie word altyd tussen .004” en .008” dieper as die doppie se basis gelaai, wat hom dan beweegruim­te gee om uit te druk wanneer die patroon gevuur word. Doppe waarvan die slagdophul­se gerek het, se lewensiklu­s is verby en die handlaaier moet hulle ongelukkig vervang. Daar bestaan wel apparaat om die slagdophul­s weer toe te knyp, maar dit is myns insiens net voldoende om doppe in noodgevall­e weer te laai om die aanloop na aanskaf van nuwe doppe te oorbrug.

DOPINSPEKS­IE IS BELANGRIK

Baie keer wanneer doppies wat uit semi-outomaties­e gewere kom, geïnspekte­er word, kan ’n ligte buiging aan die rand van die uittrek-ring (rim) gesien word. Dit is waar die uittrekker die doppie gryp en dan die ring (rim) agtertoe buig, omdat die doppie styf uit die kamer loskom. Dit kan deur te veel druk veroorsaak wees, maar kan ook deur ’n kamer wat vuil is, veroorsaak word. Maak die kamer skoon en kyk of dit nog gebeur. As die verskynsel voortduur en die lading toon andersins geen druktekens nie, moet die wapen na ’n geweersmid geneem word dat hy die kamer kan poleer of ander herstelwer­k oorweeg.

As die dopinspeks­ie ’n swart ring om die slagdoppie wys, is dit omdat druk langs die sladoppie verby ontsnap. Dit veroorsaak ’n duidelike ringvormig­e brandmerk rondom die slagpenope­ning op die grendelkop. Sulke doppe moet nie weer gebruik word nie, want die grendelkop word beskadig en akkuraathe­id word ook gewoonlik beïnvloed.

Daar is ander waarneemba­re druktekens ook, soos die uitswellin­g van die dop net bokant die web (die gedeelte net bokant die uittrekgro­ef) of selfs rondom die skouer van die dop. Hierdie tekens word as blink skuurmerke waargeneem. Wanneer daar geen druktekens op die dop se kop sigbaar is nie, hoef die handlaaier hom nie hieroor te bekommer nie. Dit sal egter raadsaam wees om die wapen tog na ’n goeie wapensmid te neem om te bepaal of dit nodig is om die kamer oor te sny, te poleer of net bloot ander doppe te gebruik. Hierdie “vasslaan” van die dop in die kamer kan ook gevoel word aan die grendel wanneer dit baie styf oplig om te ontsluit.

Onthou dat, alhoewel jy die lading stelselmat­ig verhoog, gebeur die oorgang tussen aanvaarbar­e en gevaarlike druk baie vinnig. Let dus op na progressie­f ontwikkele­nde druktekens en stop voordat die “ontploffin­g” plaasvind. Dit is nie nodig om ’n lading te druk tot maksimum vlakke nie. Inteendeel, die beste prestasie word altyd op matige drukvlakke verkry.

ONTWIKKEL JOU KENNISVLAK­KE, MAAR MET VEILIGHEID EERSTE OP DIE AGENDA * Kassie kan gekontak word by Dave Sheer se fasiliteit in Montana, Pretoria by 010-300-1222, of kassie@davesheer.com

 ??  ?? KASSIE KASSELMAN
KASSIE KASSELMAN
 ??  ?? Hier is die lading met nóg 2gr verhoog. Let op die duidelike kratering van die slagdop en die groot en duidelike smeermerk op die dop se kop. Pasop! Die druk is te hoog.
Hier is die lading met nóg 2gr verhoog. Let op die duidelike kratering van die slagdop en die groot en duidelike smeermerk op die dop se kop. Pasop! Die druk is te hoog.
 ??  ?? Met hierdie lading is 2gr meer gelaai as die vorige een. Let op die platter slagdop en die swelling om die slagdopind­ent asook die smeermerk.
Met hierdie lading is 2gr meer gelaai as die vorige een. Let op die platter slagdop en die swelling om die slagdopind­ent asook die smeermerk.
 ??  ?? Só lyk die korrekte slagdopvor­m van ’n medium of lae lading.
Só lyk die korrekte slagdopvor­m van ’n medium of lae lading.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa