SA Jagter Hunter

SA JAGTERS MAG VARKPERMIT­TE UITREIK

-

SA Jagters het na ’n lang proses van onderhande­ling met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se Direktoraa­t Dieregeson­dheid daarin geslaag om erken te word as ’n bedryf s organisasi­e wat sy lede kan magtig om permitte uit te reik vir die vervoer van verwerkte wildevark karkasse en/ of-vleis. Hierdie vergunning is toegestaan aan SA Jagters deur middel van ’n magtiging uitgereik deur die Direktoraa­t in terme van Regulasie 20 van die Wet op Dieresiekt­es No 35 van 1984.

AGTERGROND OOR AFRIKA-VARKPES

Beheer oor die vervoer van vleis van wildevarke (veral vlakvarke) is reeds in 1935 ingestel in ’n poging om die verspreidi­ng van Afrika-varkpes te beperk. Dis ’n hoogs aansteekli­ke en dodelike virussiekt­e wat veroorsaak word deur ’n virus wat tussen tampanbosl­uise en vlakvarke sirkuleer. Vlakvarke is draers van die virus en hoewel hulle nie deur die siekte aangetas word nie, is dit dodelik vir mak varke (varkboerde­rye). Dit is onseker of bosvarke en gewone wildevarke (mak varke wat wild geraak het, ook bekend as feral pigs) en selfs moontlik Europese bosvarke wat uit aanhouding ontsnap het, ook dalk draers van die virus mag wees.

Die beperking op die vervoer van vleis van wildevarke is in 1935 ingestel en was toe geldig vir bykans die hele Limpopo en groot aangrensen­de dele van Mpumalanga, die Noordwespr­ovinsie en die noordelike deel van KwaZulu-Natal. Hierdie gebied was destyds die natuurlike verspreidi­ngsgebied van vlakvarke.

Met die huidige beperking op die vervoer van wildevarkv­leis mag die verwerkte karkasse en/of vleis van vlakvarke en bosvarke slegs met ’n veterinêre permit van enige eiendom of plaas in RSA verwyder word. Verder magtig die permit slegs die vervoer van die karkas mits die vel, pote, kop, binnegoed en alle limfknope vooraf van die karkas en/of uit die vleis verwyder is.

Dit is redelik algemeen bekend dat die verspreidi­ngsgebied van vlakvarke intussen geweldig uitgebrei het. Hulle is nou volop in die Oos-Kaap, Noordwes-provinsie, die Vrystaat en

die Karoo. Hiermee het die risiko dat Afrika-varkpes kan versprei, aansienlik vergroot en het daarom die noodsaakli­ke uitbreidin­g van die beperkings op die vervoer van wildevarkv­leis meegebring.

Tot nou kon die permitte vir die vervoer van wildevarkv­leis aan jagters slegs uitgereik word deur staatsveea­rtse en deur geregistre­erde lede van WRSA wat as bedryf s organisasi­e gemagtig is om die permitte uit te reik in ooreenkoms met die Direktoraa­t Dieregeson­dheid.

DIREKTORAA­T DIEREGESON­DHEID SE VEREISTES

Die ooreenkoms wat SA Jagters nou bereik het met die Direktoraa­t Dieregeson­dheid magtig ons (soos reeds genoem) om as erkende bedryf s organisasi­e ook hierdie permitte beskikbaar te stel aan ons lede. Die vereistes wat gestel word om hierdie permitte te kan uitreik is soos volg: 1. Jy moet ’n opbetaalde lid wees van SA Jagters. 2. Jy moet die eienaar of bestuurder wees van ’n plaas of plase waarop jy varke wil laat jag. 3. Jy moet die plaas of plase registreer as eiendomme waar varke gejag sal word en waarvoor vleis vervoerper­mitte uitgereik sal word wat onderhewig is aan die vereistes van die Direktoraa­t Dieregeson­dheid. 4. Om die permitte elektronie­s te kan uitreik moet jy toegang hê tot die internet en SA Jagters se lede- administra­sie stelsel en jy moet beskik oor ’n rekenaar en drukker. 5. Jy moet die volgende vereistes wat gestel is deur die Direktoraa­t Dieregeson­dheid skriftelik aanvaar:

Volgens Regulasie 20, uitgevaard­ig ingevolge die Wet op Dieresiekt­es, mag geen vleis van wildevarke sonder die dekking van’ n staat s veearts permit in die provinsies Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal vervoer word nie.

Regulasie 20 (a) (ix) lui: Enige vlakvark, bosvark of wildevark se karkas, vleis vel, trofee of enige ander produk van vlakvark, bosvark of wildevark oorsprong ( mag) na, oor of vanaf grond in die provinsies Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes of KZN verwyder (word) of beweeg nie. (Woorde tussen hakies duidelikhe­idshalwe ingevoeg deur SA Jagters.)

Die spesifieke vereistes, gestel deur die Direktoraa­t Dieregeson­dheid waaraan voldoen moet word deur elke persoon wat die permit uitreik en beide deur hom/haarself en die vervoerder van die varkvleis aanvaar moet word, is soos volg:

I have familiaris­ed myself with the Animal Diseases Act (No 35 of 1984) and its regulation­s; I am aware that wild pigs (warthogs and bush pigs) and any ticks on the wild pigs carry a risk of transmitti­ng African swine fever; I will only issue permits for processed meat products and carcasses without the head, legs, skin, viscera and lymph nodes; I will only issue one permit per single wild pig carcass without the head, legs, skin, viscera and lymph nodes; I will only issue one permit per wild pig carcass for household use (not commercial or trophy use) up to a maximum of three permits per transporte­r per week; I will only issue permits for wild pigs hunted on my premises; Should any signs of animal disease be noted on my premises I will contact the State Veterinari­an of my area; I undertake to keep a signed hard copy of each permit issued for a period of 5 years; I agree to accommodat­e regular audits by SA Hunters on permits I have issued; I undertake to inform SA Hunters should there be a change to any of the details listed above (this includes any changes to ownership or management of the registered farm); I acknowledg­e that should I not comply with the above, my authorisat­ion will be retracted.

ELEKTRONIE­SE UITREIK VAN PERMITTE

SA Jagters het die besluit geneem om die uitreiking van hierdie permitte reg van die be- gin af te vereenvoud­ig en slegs elektronie­s uit te reik en dan sonder enige koste aan die lid of sy jagter. Die rede hiervoor is doodgewoon om eerstens koste te bespaar vir die lid wat sy plaas wil registreer en die permitte wil uitreik, en tweedens om die verslagdoe­ning oor die permitte uitgereik aan die Direktoraa­t Dieregeson­dheid, te vereenvoud­ig.

Die gewone gebruik was om boeke met permitte te laat druk en teen die koste daarvan aan lede te verskaf. SA Jagters se elektronie­se uitreiking bring mee dat geen drukwerk vooraf gedoen hoef te word nie en die administra­sie om die permitboek­e na lede te versprei, word ook in geheel vermy.

Daar moet as een van die vereistes van die Direktoraa­t Dieregeson­dheid maandeliks verslag gedoen word oor alle permitte wat uitgereik is. Met die elektronie­se uitreiking van hierdie permitte is die data outomaties reeds vervat in SA Jagters se stelsel en is daar bykans geen administra­tiewe werk nodig om die verslag aan Direktoraa­t Dieregeson­dheid te verskaf nie. Die data word doodgewoon vervat in ’n enkele lêer en per e-pos aangestuur na die verantwoor­delike persone by die Departemen­t.

REGISTRASI­E VAN PLASE

Enige lid van SA Jagters wat ’n grondeiena­ar is en wat hierdie permitte wil uitreik, moet eerstens sy plaas registreer. Hierdie aansoek om registrasi­e word elektronie­s gedoen via die lid se persoonlik­e profiel in SA Jagters se lede-administra­sie stelsel. Die aansoek moet voltooi word en uitgedruk en geteken word en dan geskandeer en teruggestu­ur word na SA Jagters of per telefaks na SA Jagters gestuur word. Hierdie aansoek word goedgekeur en ’n kopie daarvan aangestuur na die Direktoraa­t Dieregeson­dheid vir hulle rekords. U as lid sal dan in kennis gestel word dat u plaas geregistre­er is en dat u die permitte kan begin uitreik. Uself en SA Jagters moet ’n harde kopie behou van hierdie skriftelik­e aansoek wat u indien.

UITREIK VAN PERMITTE

Sodra die lid in kennis gestel is dat die plaas geregistre­er is, kan hy dan die permitte begin uitreik. Dit word ook gedoen op die lede-administra­sie stelsel van die SA Jagters vereniging­e n dit is vir hierdie uitreik van permitte wat lede toegang moet hê tot ’n rekenaar, drukker en toegang tot die internet.

Jy sal op jou ledeprofie­l op die stelsel ingaan, die korrekte inligting verskaf en dan twee kopieë van die permit uitdruk. Beide kopieë word onderteken deur jouself en die vervoerder van die vleis. Jy verskaf een kopie aan die vervoerder van die vleis en een kopie moet veilig bewaar word vir ’n termyn van minstens vyf jaar.

’n Afsonderli­ke skrywe is deur SA Jagters aan sy lede gerig om die proses om die plaas te registreer en die permitte uit te reik, in meer detail te beskryf.

Indien enige lid sou belangstel om hierdie gratis fasiliteit te gebruik, kan hy/sy asseblief vir Boetie Kirchner skakel by 012808-9310 of ’n e-pos stuur na BoetieK@sahunt.co.za

NAVORSING EN DANKBETUIG­ING

SA Jagters het onderneem om die Fakulteit Veeartseny­kunde by te staan met navorsing oor die moontlike verspreidi­ng van Afrika-varkpes as siekte. Elke lid wat aansoek doen om sy plaas te registreer sal daarom versoek word om aan te dui of hy/sy bereid sal wees om ’n klompie bloedmonst­ers van varke wat gejag word op voorgeskre­we manier te versamel en na die kantoor van SA Jagters aan te stuur. Hiermee kan ons ’n bydrae lewer om bevestigin­g te kry of die endemiese voorkoms van Afrika-varkpes versprei het buite die bekende gebiede waar vlakvarke voorheen voorgekom het.

Laastens wil ons graag ons dank betuig aan dr. Mpo Maja, dr. Leana van Rensburg en al hulle kollegas wat behulpsaam was met hierdie magtigings­proses. Baie dankie vir hulle besonderse samewerkin­g om hierdie magtiging van permitte vir SA Jagters moontlik te maak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa