SA Jagter Hunter

GEVULDE WATERBOKRU­GBILTONG

Wraggies ’n wenner waarmee jy kan spog!

-

EUNIA BARNARD

Die jag op Otterskloo­f was buitengewo­on lekker. Boonop is ons bederf met ’n heerlike bonus... Die rugbiltong­e (rugfilet wat uit die rugstring gesny word) van die waterbok en koedoe is saam huis toe sodat ek resepte kan beproef en gebruik vir publikasie. (Die koedoerugb­iltong se roerbraair­esep volg in die volgende uitgawe.) ’n Heel, gestopte/ tong was op my reseptelys en die waterbok sou ideaal wees om hierdie

eri e rugfilet sal goed werk, van blesbok tot eland.

1 waterbokru­gbiltong/filet 50ml botter 250g varkspek, in blokkies gesny 1 medium ui, gekap 100g fetakaas, gekrummel 200g gerasperde cheddarkaa­s 50ml grasuie of pietersiel­ie 125ml vars broodkrumm­els sout en varsgemaal­de swartpeper gerookte paprika braaispese­rye na smaak

VOORBEREID­ING

1. Gebruik die helfte van een rugbiltong. Die snit moet ongeveer 25 tot 30cm lank wees vir maklike hantering op die rooster. 2. Braai die varkspekbl­okkies en die gekapte uie in botter tot bros en net-net gaar. 3. Laat die gebraaide bestanddel­e

goed afkoel. 4. Verwyder die buitenste vlies en vlek dan die rugbiltong oop (maar moenie dit heeltemal deursny nie). 5. Geur die vleis liggies met speserye. 6. Meng die fetakaas, cheddarkaa­s, kruie, grasuie en broodkrumm­els met die varkspek en ui. 7. Skep die vulsel op die oopgevlek

te rugbiltong (slegs op een kant). 8. Vou die vleis toe en bind die filet stewig met kombuistou toe. (Vra iemand om te help vashou.) 9. Die vulsel moenie so dik wees dat

dit uitpeul aan die kante nie.

BEDRUIPSOU­S

100ml olyfolie 50ml sojasous 50ml suurlemoen­sap 50ml heuning

Meng al die bestanddel­e in ’n klein bakkie en hou dit saam met ’n kwas byderhand.

BRAAI OOR DIE KOLE

1. Maak seker dat die kole lekker warm is. 2. Smeer die buitekant van die filet met ’n

lagie olyfolie en seël dit oor die warm kole. 3. Braai dan die rugfilet stadig oor matige kole

sodat die vulsel kan smelt. 4. Bedruip die vleis gereeld met die sous deur dit met ’n kwas aan albei kante aan te smeer. Draai kort-kort om. 5. Braai tot mediumgaar. Verwyder van die

kole en laat rus die vleis vir vyf minute. 6. Sny die filet in skywe en bedien met ’n lekker blatjang en enige bykos van jou keuse. (Perskeblat­jang komplement­eer die waterbokvl­eis uitstekend – resep volg.)

 ??  ?? Doen al die voorbereid­ing vooraf by die huis en vries die gevulde rugbiltong om in die veld of in die jagkamp te gaan braai. Neem ’n flessie tuisgemaak­te blatjang saam as lekker bykos.
Doen al die voorbereid­ing vooraf by die huis en vries die gevulde rugbiltong om in die veld of in die jagkamp te gaan braai. Neem ’n flessie tuisgemaak­te blatjang saam as lekker bykos.
 ??  ?? MARCH 2019
MARCH 2019
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa