SA Jagter Hunter

SKOOTPLASI­NG: SEBRA (EQUUS BURCHELLI)

-

ONDERSKEID TUSSEN GESLAGTE: Moeilik om te onderskei as hings se geslagsdel­e nie sigbaar is nie. Hingste is groter as merries met ’n meer manlike kop en hul nekke is dikker. In ’n trop sal die hings altyd heel agter volg wanneer die diere vlug. As sebras drinkplekk­e nader, sal die hings gewoonlik lei. GEWIG: ±300 tot 360kg (700lb) SKOUERHOOG­TE: 1.3m (51”)

TROFEE: Indien jy ’n mooi ongeskonde vel wil hê, skiet ’n jong hings of ’n merrie (hulle baklei veel minder). Ou hingste se velle het dikwels baie littekens as gevolg van bakleiery.

IDENTIFIKA­SIE: Die Burchell- of vlaktesebr­a het skadustrep­e in die wit gedeeltes en die strepe loop reg rondom die lyf. Hartmann se bergsebra het nie skadustrep­e nie en die pens is wit omdat die

strepe nie al die pad om die maag loop nie. Bergsebras het gewoonlik ook ’n klein dew lap (keelvel). Normaalweg oorvleuel hul habitat nie, maar op sommige wildplase mag beide dalk voorkom. HABITAT: Die vlaktesebr­a verkies operige bosveld en grasveld. KOS: Hoofsaakli­k gras. DRAAGTYD: Ongeveer 12 maande. OUDERDOM: Kan tot 28 jaar oud word.

GESKIKTE KALIBERS: Sebras is taai diere en moet liefs nie met té klein kalibers aangedurf word nie. Die .270 Win gelaai met premium 150gr-koeëls is die minimum wat aanbeveel word. Verder sal die .30-06 Springfiel­d (180gr) of enige .300 Magnum goed werk en sommige mense verkies selfs ’n .338 Win Mag, 9.3x62 of die .375 H&H.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa