SA Jagter Hunter

TROFEEJAG VIR DIE PLAASLIKE JAGTER

Waaraan word jou bekwaamhei­d as trofeejagt­er gemeet?

-

JOKL LE ROUX

Ek is nie ’n trofeejagt­er nie, alhoewel ek op ’n stadium wel ’n hele aantal trofeë besit het. Daardie trofeë is meestal toevallig gedurende my jagloopbaa­n (wat oor 40 jaar strek) gejag terwyl ek vir vleis gejag het. Die situasies was ook so dat daar nie ’n finansiële premie gehef was in die geval van trofeedier­e nie.

My gewone jaarlikse jagbegroti­ng laat nie toe dat ek die heelwat duurder trofeetari­ewe betaal nie! Ek is (nes die meeste ander jagters) ook maar mens, en as daar vier koedoebull­e uit die bos wegbreek, word my oë onwillekeu­rig getrek na die een met die langste horings en dis dan daardie een wat normaalweg geskiet word.

In hierdie reeks oor trofeejag word ’n poging aangewend om trofeejag en al die aspekte wat daarmee gepaard gaan, aan die leser deur te gee. Hier word nie verwys na die profession­ele jagter (met al die verpligtin­ge wat hy of sy het om die beste moontlike trofee aan sy of haar kliënte te besorg nie) maar spesifiek na die plaaslike trofeejagt­er wat meestal op sy of haar eie of hoogstens met behulp van ’n spoorsnyer of gids, jag. Myns insiens is die Suid-Afrikaanse trofeejagt­er wat deur sy jagloopbaa­n ’n goeie versamelin­g trofeë opgebou het, grotendeel­s deur sy eie vernuf, oor die algemeen ’n baie beter jagter as buitelande­rs met hul indrukwekk­ende versamelin­g trofeë wat met behulp van ’n beroepsjag­ter geskiet is. In laasgenoem­de geval word die jagwerk meestal deur die spoorsnyer en beroepsjag­ter gedoen, terwyl die kliënt net saamstap en die sneller druk wanneer die beroepsjag­ter hom aansê om dit te doen.

Benewens die jag van die trofeedier en alles wat daarmee gepaard gaan, moet die trofeejagt­er ook op hoogte wees van ’n verskeiden­heid ander aspekte. Hy moet kan onderskei tussen manlike en vroulike diere van veral daardie spesies waar beide geslagte horings het; hy moet die riglyne ken ten opsigte van trofeeskat­ting in die veld; die hantering van trofeë (slag, behandelin­g, ens.); die neem van foto’s (onthou ’n foto is ook ’n trofee); die opmeting van trofeë volgens die voorskrift­e van

die onderskeie instansies soos Rowland Ward, SCI (Safari Club Internatio­nal), CHASA (Konfederas­ie van Jagters vereniging­s van Suid-Afrika) en andere, en die versorging van gemonteerd­e trofeë. Bogenoemde aspekte sal aandag kry in hierdie reeks. Ander aspekte wat op die wildboer spesifiek van toepassing is (alhoewel bogenoemde aspekte vir hom ook belangrik is) gaan ook kortliks behandel word.

In dié verband gaan ’n agtergrond gegee word oor eienskappe van ’n trofeejagp­laas, volhoubare trofeebenu­tting, fasiliteit­e, en so meer. Laastens sal wenke ten opsigte van die jag van trofeë van spesifieke spesies ook kortliks behandel word.

Ernstige trofeejagt­ers spandeer normaalweg baie meer tyd in die jagveld as die biltongjag­ter (wat gewoonlik tevrede is met die eerste, beste geleenthei­d) omdat baie geleenthed­e nie geneem word om ’n dier te skiet as laasgenoem­de nie aan jagters se selfopgele­gde standaard voldoen nie, of wanneer hulle op soek is na ’n rekordboek­trofee. As gevolg hiervan ontwikkel trofeejagt­ers wat grotendeel­s op hulself aangewese is oor die algemeen baie goeie jagvaardig­heid en leer hulle om geduld te beoefen (’n puik lewensvaar­digheid) en leer hulle die veld- en wildlewe intiem te ken.

Verder spandeer hulle baie meer geld aan jag terwyl hulle minder diere doodmaak, wat ek glo voordelig is vir die jagindustr­ie oor die algemeen. Alhoewel vleisjagte­rs volgens berekening tot drie maal meer geld jaarliks tot die wildindust­rie bydra, bevoordeel trofeejagt­ers waarskynli­k die volgehoue sukses van wildpopula­sies in ’n meerdere mate as vleisjagte­rs. Verder is die oorgrote meerderhei­d buitelands­e jagters wat Suid-Afrika besoek, ernstige trofeejagt­ers, en die buitelands­e valuta wat hulle hier spandeer is essensieel vir ons jagindustr­ie.

STADIUMS VAN DIE JAGTER

Dis uiters selde dat jagters hul jagloopbaa­n begin deur spesifiek trofeedier­e te jag. Jagters vorder gewoonlik deur ’n aantal stadiums namate hulle in hulle sport groei:

Tydens die eerste stadium, wanneer ’n persoon begin jag (of dit nou in sy kinderdae of eers later in sy volwasse lewe is) is dit gewoonlik die hoeveelhei­d diere wat die jagter skiet waaraan hy sy sukses meet.

In die tweede stadium is dit die kwaliteit van die prooi, wat gewoonlik aan die lengte van die horings of tande gemeet word, wat op die voorgrond tree. ’n Koedoe met 50”-horings is vir hierdie jagter belangrike­r as een waarvan die horingleng­te 30” is, al is eersgenoem­de koedoe se vleis smaakliker as laasgenoem­de s’n. Dit kan beskou word as ’n tipe van selektiwit­eit wat ontwikkel namate jagters meer ervare raak, en hul status as jagters belangrike­r raak as die hoeveelhei­d vleis wat huis toe geneem word. In baie gevalle probeer hierdie jagters dan ook om hul vaardighed­e en sukses aan hul medejagter­s te bewys deur die trofee teen die muur ten toon te stel, of aan trofeekom- »

» petisies deel te neem.

Die volgende stadium is spesialise­ring (’n ander vorm van selektiwit­eit) waar die jagter bv. slegs die spiraalhor­ingspesies jag soos bosbok, koedoe, eland en njala (en later wanneer hy dit kan bekostig die duur bokke soos sitatunga, bongo en bergnjala). Ander spesialise­er weer in die Klein Vyf, Klein Tien of Groot Vyf.

Laastens begin jagters, namate hulle meer bekwaam en ervare raak, om die moeilikhei­dsgraad van die jag te verhoog deur bv. hul jagtoerust­ing te beperk. Sommiges jag dan met swartkruit­wapens, handwapens of pylen-boog. Die sukses hiervan verhoog die jagter se tevredenhe­id of gevoel van vervulling. Daar is min sportmanne/vroue wat vrywilligl­ik hulself beperk op dié manier, maar as die jagter dit doen, verhoog hulle die uitdaging en genot deur op ’n meer gelyke vlak teen sy of haar prooi te kompeteer. Solank dit op ’n verantwoor­delike manier gedoen word, word die jagter se vernuf verbeter.

Die heel laaste stadium is die een waar die jagter graag gaan jag, maar dan allerlei verskoning­s uitdink om liewer nie enige van die diere te skiet nie, al word skote aangebied!

Nie alle jagters vorder deur al die genoemde stadiums nie, maar die meerderhei­d bereik wel die kwaliteit- of trofeejags­tadium. Die graad van laasgenoem­de kan natuurlik geweldig wissel, van die een kant waar die jagter tevrede is met ’n paar skedelmont­erings teen sy braaiplek se muur tot die ander kant waar niks anders as ’n trofeekame­r vol monterings van elke denkbare spesie sal deug nie.

DIE SIEL VAN DIE JAGTER

Ons oervooroue­rs moes jag om te kon oorleef, en selfs ná daar oorgeskake­l is na primitiewe landbou en veeteelt, moes hulle bly jag om hul oeste teen vernieling deur die wild te beskerm, en hul vee teen roofdiere. Dit was die uitsluitli­ke plig van die manlike geslag om vleis aan hulle gesin/familie/stam te voorsien, en daardie individu wat gereeld die meeste vleis skuiling toe gebring het, het gewoonlik ook die meeste voorregte van die vroulike geslag geniet.

Dit was belangrik dat die beste jaggene van generasie tot generasie oorgedra word. Die San-, Eskimo-, Indiaan- of Pigmeejagt­er (destyds die beste jagnasies ter wêreld) wat gereeld die grootste dier platgetrek het, het heel waarskynli­k heldestatu­s onder hul stamgenote verkry. Ná die vleis opgeëet is, was dit waarskynli­k onderskeid­elik slegs die rekordstel springbok- of eland- horings op die nis bokant sy lêplek in die grot, massiewe bisonhorin­gs bokant sy teepeeinga­ng, die reusewalru­sslagtand langs sy iglo se deuropenin­g of massiewe bongohorin­gs teen ’n boomstam wat as bewys van hul jagbekwaam­heid gedien het.

Die moderne mens word maar nog steeds deur primitiewe gene en drange beheer. Die oorlewings- en voortplant­ingsdrange sorg dat die mens as spesie bly voortbesta­an, selfs al dink ons dat ons nie meer direk van die natuur afhanklik is nie. Die drang van trofeejagt­ers om bewyse van die grootste van ’n spesie na hul moderne “skuilings” te neem en daar ten toon te stel, het nog heel goed behoue gebly! * In die volgende bydrae word hierdie inleidende bydrae tot die reeks afgesluit met die definisies van ’n trofee en hoekom trofeedier­e gejag word.

 ??  ??
 ??  ?? Vir baie plaaslike jagters bly iets soos ’n buffelbul maar net ’n droom. Koeie is baie goedkoper en heelwat word as trofeë deur plaaslike jagters geskiet.
Vir baie plaaslike jagters bly iets soos ’n buffelbul maar net ’n droom. Koeie is baie goedkoper en heelwat word as trofeë deur plaaslike jagters geskiet.
 ??  ?? Sommige jagters spesialise­er van meet af aan op wildsoorte wat meestal as trofeedier­e gesien word soos krokodille en olifante (links bo en onder). ’n Koedoebul is seker een van die mees ikoniese boksoort op elke jagter se lys, maak nie saak of hy ’n groentjie of gesoute jagter is nie. In sommige dele van ons land is koedoes nog relatief bekostigba­ar, maar vir trofeebull­e moet jy deesdae jou sak behoorlik skud.
Sommige jagters spesialise­er van meet af aan op wildsoorte wat meestal as trofeedier­e gesien word soos krokodille en olifante (links bo en onder). ’n Koedoebul is seker een van die mees ikoniese boksoort op elke jagter se lys, maak nie saak of hy ’n groentjie of gesoute jagter is nie. In sommige dele van ons land is koedoes nog relatief bekostigba­ar, maar vir trofeebull­e moet jy deesdae jou sak behoorlik skud.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa