SA Jagter Hunter

MAMBA BULL’S-EYE BENCHRESTS­KIETRAAM

As jy ’n bobaasskut benodig, maar nie een ken nie, is hierdie produk vir jou.

-

Wanneer jy die ware akkuraathe­id van jou geweer/ladingkomb­inasies wil toets, is dit noodsaakli­k om ’n uiters stabiele rus te gebruik. Die meeste van ons toets ons gewere en ladings van skietbanke af met een of ander rus, maar die feit bly staan dat ons eintlik steeds ons eie vermoë ook toets omdat daar interaksie tussen die skut en die geweer is.

HOE NOU GEMAAK?

Die beste toetsmetod­e is om alle menslike kontak met die geweer te vermy tydens die afvuur van die skoot. Dis waar die sogenaamde rail-gun, waar die wapen stewig in ’n apparaat vasgeklem word, die geweer se terugskop deur die apparaat self opgeneem word en die sneller hidroulies afgedruk word, so ’n goeie beginsel is. ’n Rail-gun is dus ’n geslote stelsel, wat heel- temal sonder negatiewe menslike invloed is tydens die afvuur van die skoot.

Die tydsverloo­p vandat die skut besluit om die sneller af te druk totdat die koeël die loop verlaat, staan bekend as die “ewigdurend­e sekonde”. Dit is dan ook gedurende hierdie kort tydjie wat ’n mens die skoot kan opfoeter deur nie die sneller mooi egalig af te druk nie, te skrik vir die skoot en/of die geweer nie doodstil op teiken te hou nie.

Om hierdie probleem vir gewone skuts te oorkom, het Cassie Nienaber van Mamba-Reloading dus ’n skietraam ontwerp wat, soos ’n rail-gun die menslike invloed uitskakel. Cassie se Bull’s-eye Benchrest doen die volgende: Die geweer word só stewig in die staander gemonteer dat die raam en geweer ’n

eenheid vorm; Die raam se stewige, soliede konstruksi­e ondersteun die geweer so goed dat dit doodstil op die teiken gerig bly; Die kolf se skopkussin­g rus agter teen ’n houer daarvoor terwyl die geweer self op verskeie plekke stewig aan die raam geanker word; Die raam bestaan uit ’n onderste helfte wat doodstil en vas op die tafel staan terwyl die boonste deel onder terugskop, vry terug beweeg; Die boonste raam beweeg baie glad op ’n sisteem van ronde chroomstaw­e en liniêre rollaers; Die boonste raam se beweging word deur spiraalver­e beheer sodat die energie geleidelik opgeneem word en dit nie met ’n harde slag tot stilstand kom nie; Hierdie veer is ontwerp sodat dit die geweer doodstil op die teiken gerig hou tydens die moontlike bewegings wat veroorsaak word deur die afset van die slag- dop, ontsteking van die dryfmiddel, impak en gravering van koeël in die loop en die wringkrag veroorsaak deur rotasie van die koeël in die loopgroewe; Al bogenoemde verseker dus dat die geweer doodstil gerig bly tydens daardie “ewigdurend­e sekonde”; Mamba voorsien ’n eenvoudige hidroulies­e stelsel met twee plastiek inspuiting­s wat aan mekaar verbind is met dun sjirurgies­e pyp; Hierdie hidroulies­e stelsel maak aan die geweer se snellerbeu­el vas; Die sneller word hiermee afgedruk sonder dat die skut enigsins aan die geweer of raam raak en sodoende word negatiewe menslike invloede heeltemal uitgeskake­l. Die geweer word só stewig aan die skietraam geanker dat die raam en geweer ’n integrale eenheid vorm. Voor elke skoot het die skut slegs nodig om die geweer/teleskoop presies op die teiken te bring.

DIE TOETS

Goed, dit is nou in teorie hoe die Bull’s-eye Benchrest werk, maar hoe werk dit in die praktyk?

Cassie Nienaber en Koos Barnard (SA JAGTER/HUNTER se redakteur) het baasskut Flippie van Tonder gevra om te help. Flippie is een van die top-skuts van die SA Jagters vereniging ,’ n man met Proteakleu­re in Galleryski­et en ’n trofeekas vol skiettoeke­nnings. Hy het sekerlik geen bekendstel­ling nodig nie. Flippie het ook ’n ten volle geakkredit­eerde binnenshui­se skietbaan onder sy huis in Pretoria (die enigste van sy soort in die land). Koos en Cassie het verlede jaar op 21 Desember die Bull’s-eye Benchrest op Flippie se skietbaan gaan toets.

Om te kyk of die skietraam werklik werk, is Flippie gevra om teen die skietraam te kompeteer op 100m. Die idee was om te sien of Flippie beter kon skiet as die skietraam. Eers het Flippie met twee van sy eie kompetisie­gewere vyf skote elk vanaf sy eie Farley-rus geskiet en sewe skote met Cassie se Howa .243. Daarna is dieselfde gewere in die skietraam opgestel en daar is weer vyf skote elk geskiet met Flippie se gewere en sewe skote met Cassie se Howa .243 Win. Flippie se groepering­s en die skietraam s’n is toe met mekaar vergelyk (sien foto’s).

Soos julle kan sien, kon Flippie nie die skietraam wen nie, maar beide hy en Koos het sekere voorstelle gemaak hoe die skietraam nog verder kon verbeter – onder meer die meganisme wat vir die fyner linksen regsstelli­ng verantwoor­delik is om die geweer presies op teiken te bring.

Hierdie mooi groepering­s met die skietraam beteken eintlik dat wanneer ’n gewone skut die Mamba-skietraam gebruik, dit net so goed is asof hy vir Flippie, met sy uitsonderl­ike vermoë, kry om sy geweer en ammunisie se akkuraathe­id persoonlik vir hom te kom toets.

Bitter min van ons is in Flippie se liga en daarom het Cassie dit ook goed gedink om die »

» skietraam met gewone, deursneesk­uts te toets. Op 20 Januarie het Frans Strydom, Kobus Rossouw, Kobie Griesel, Tony de Beer en Cassie afgesit na die Premier-skietbaan naby Cullinan. Die skuts is uitgedaag om met hul eie gewere en herlaaide ammunisie teen die skietraam mee te ding. Ongelukkig was skiettoest­ande daardie dag bitter sleg – dit was koud, ’n mis- reëntjie het elke nou en dan geval en daar was deurentyd rukwinde van tot 30km/h. Alhoewel skiettoest­ande swak was, het dit vir almal gegeld (en ook vir die die skietraam).

Die meegaande foto’s spreek boekdele – dit is duidelik uit die resultate dat die Bull’s-eye Benchrest beslis beter skiet as gewone skuts. Vir diegene wat dus nie soos Flippie ’n baasskut is nie, is hierdie skietraam aan te bevole. Dit sal jou in staat stel om jou geweer/ladingkomb­inasie se ware potensiaal self te meet.

Volg die volgende skakel: https://youtu.be/6DzdZAx0M3­I. In dié video kan jy presies sien hoe die Bull’s-eye Benchrest werk.

Die Bull’s-eye Benchrest se gewone prys is R7 800, maar ’n beperkte aantal is beskikbaar aan leser steen die bekendstel­ling prys van R 6800. * Vir meer inligting kontak Cassie via www.mamba-reloading. co.za

 ??  ?? Só lyk die Mamba Bull’s-eye Benchrest-skietraam wat deur Cassie Nienaber ontwikkel is. Dit stel skuts in staat om die ware akkuraathe­id van hul geweer/ladingkomb­inasies te toets. Let op na die voorste rus en die agterste verstellin­g (insette) wat jou in staat stel om die geweer fyn te verstel vir rigting en hoogte en dit sodoende op teiken te kry.
Só lyk die Mamba Bull’s-eye Benchrest-skietraam wat deur Cassie Nienaber ontwikkel is. Dit stel skuts in staat om die ware akkuraathe­id van hul geweer/ladingkomb­inasies te toets. Let op na die voorste rus en die agterste verstellin­g (insette) wat jou in staat stel om die geweer fyn te verstel vir rigting en hoogte en dit sodoende op teiken te kry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Meegaande foto’s wys hoe die skietraam in elke geval gevaar het teen die skuts wat dooierus van ’n skiettafel af geskiet het. Soos julle kan sien, was die skietraam elke keer die wenner! Hierdie toetse is op die Premier-skietbaan naby Cullinan gedoen.
Meegaande foto’s wys hoe die skietraam in elke geval gevaar het teen die skuts wat dooierus van ’n skiettafel af geskiet het. Soos julle kan sien, was die skietraam elke keer die wenner! Hierdie toetse is op die Premier-skietbaan naby Cullinan gedoen.
 ??  ?? Hierdie stel foto’s wys hoe baasskut Flippie van Tonder teen die skietraam gevaar het. Die resultate wys dat die skietraam gewis ’n aanwins sal wees vir skuts wat akkuraathe­id probeer toets.
Hierdie stel foto’s wys hoe baasskut Flippie van Tonder teen die skietraam gevaar het. Die resultate wys dat die skietraam gewis ’n aanwins sal wees vir skuts wat akkuraathe­id probeer toets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa