SA Jagter Hunter

DIE REËNBOKKE EN ’N RAVIN

Daar is altyd ’n eerste keer vir alles... of dalk vir altyd.

-

JACQUES BOSHOFF

Ek was ietwat op my senuwees toe ek einde verlede jaar gevra is om die nuwe Ravin R20-kruisboog in die jagveld uit te toets. Die laaste keer dat ek aan enige vorm van ’n boog geraak het, was toe ek as kind ’n beertjie by die kerkbasaar wou wen. Die dag toe ek Magnum Archery se winkel in Pretoria-Oos besoek om die Ravin te kry, was ek steeds onseker oor dié besigheid. Die vriendelik­e personeel daar het my gou touwys gemaak oor hoe dié wapen werk en waarvoor om op te pas.

Toe sê hulle ek moet op hul boogskietb­aan binne-in die winkel ’n skoot met dié dodelike kruisboog na ’n teiken skiet. ’n

Paar manne het nader gestaan om te kyk en skielik het dit vir my gevoel soos die dag toe ek my eerste vlakvark geskiet het. Daardie dag was dit my pa, die gids en oom At wat oor my skouer geloer het en my op my senuwees gemaak het. Met al die oë nou weer op my was ek nie net verlig toe ek die teiken tref nie, dit het my sommer ook ’n goeie skoot selfvertro­ue gegee. Die genot om die sneller te druk, maak nie saak na wat se teiken nie, het deur my gespoel en ek was gretig om weer ’n skoot te skiet. Ek het so by myself gedink dat boogjag dalk nog vir my gaan lekker raak...

EERSTE INDRUKKE

My eerste indrukke van die Ravin was goed. Soos wat die manne vir my verduideli­k het hoe dit werk, kon ek sien dat alles op dié kruisboog daar is vir ’n rede en vir veiligheid. Laasgenoem­de is die heel belangriks­te aspek as dit kom by die hantering van enige wapen en wat my beïndruk het van die Ravin is dat jy nie sommer met die laai van die boog per ongeluk ’n skoot kan aftrek nie. As ekstra veiligheid­smaatreël aktiveer die boog self tydens die laaiproses sy veiligheid­sknip.

UNIEKE MEGANISMES

Ek is baie opgewonde huis toe met die wapen sodat ek daarmee vertroud kon raak en kon voorberei vir my eerste kruisboogj­ag. Deur ’n bietjie navorsing te doen, het ek uitgevind dat die Ravin drie unieke, gepatentee­rde ontwerpe het: Die Versa-Draw-oorhaalste­lsel; die Trac-Trigger-snellermeg­anisme en die Frictionle­ss Flight System.

Die Versa-Draw-oorhaalste­lsel werk saam met die Trac-Trigger-snellermeg­anisme en is ingebou in die kolfgedeel­te van die Ravin. Dit werk amper op dieselfde beginsel as ’n visstokkat­rol. Die spansleute­l of draw handle word gebruik om die boog te span. Die eerste stap is om die spansleute­l op die kolf in te haak en dit so een draai terug te gee om die knoppie agterop die kolf (by die Trac-Trigger) waarvan die snaar moet haak, los te maak. Dit beweeg dan op die spoor af na waar jy dit aan die snaar kan klik sodat die snaar teruggetre­k kan word. ’n Mens voel en hoor dadelik wanneer die knoppie aan die snaar geklik het. Dit beteken dat die snaar elke keer perfek in die middel teruggetre­k word, wat goeie akkuraathe­id verseker. Daarna katrol jy die snaar met die spansleute­l terug. Soos ’n visvangkat­rol maak dit ’n klikklikge­luid, maar as jy in die veld is en die klikgeluid­e wil vermy, kan jy dieselfde knoppie druk wat die Trac-Trigger losmaak om die klikgeluid stil te maak. (Dié knoppie kan ook gebruik word om die snaar te ontspan.) Draai die spansleute­l totdat jy nie meer weerstand voel nie, dan is die snaar gespan en jy kan die sleutel verwyder.

Volgens die vervaardig­er kan jy vir ongeveer drie ure lank met die boog gespan loop. Ek het dit nie gedoen nie, want ek glo nie dis goed vir die boog of snaar nie. Dis ook nie nodig nie aangesien jy die boog vinnig en stil in die veld kan laai.

Anders as met gewone kruisboë waar die hele pyl op die spoor lê, het die Ravin die Frictionle­ss Flight System wat beteken die pyl is swewend, behalwe vir twee kontakpunt­e voor op die spoor en agter waar dit aan die snaar haak. Dit gee die pyl meer spoed en akkuraathe­id en verleng ook die snaar se leeftyd omdat daar minder wrywing is.

Met ’n kruisboog moet jy ’n paar stappe reg voltooi voordat jy die sneller kan druk. Dus moes ek heelwat by die huis oefen voordat ek genoeg vertroue gehad het om dit vinnig en foutloos te doen. Hoe meer ek geoefen het, hoe meer het ek besef dat die boog ideaal is as »

» jy kinders wil leer skiet. Dit het feitlik geen terugslag nie en maak ook nie ’n geraas nie. Jong kinders skrik maklik vir ’n geweer se terugskop en dan sit jy met ’n toekomstig­e skootsku-jagmaat wat terugdeins wanneer die sneller gedruk word. Ek het dat my sesjarige seuntjie, CJ, met die kruisboog vanaf ’n sandsak na ’n teiken op 20m skiet. Hy het fantasties gevaar en sy drie skote het mekaar gesny. Die afwesighei­d van klank en terugskop het hom goed laat skiet en heelwat selfvertro­ue gegee.

KOMPAKTE ONTWERP

’n Pyl met ’n 400gr-punt verlaat die Ravin teen 430vps, met ’n kinetiese energie van 164vt/lbs. Die kompakte ontwerp van die Ravin R20 is indrukwekk­end. Sy totale lengte is so 88cm en gespan is dit slegs 16cm breed van sy een as na die ander. Met ’n gewig van 3.2kg is dit ideaal vir stapjag. Die Ravin se teleskoopk­ruishaar is in jaarts gemerk vanaf 20 tot 100. Vir die afstandaan­duiers om perfek te werk, moet jy die pyl eers oor ’n kronograaf skiet om die snelheid te bepaal. Stel dan die teleskoop daarvolgen­s in sodat die trefpunt en die afmikmerki­es goed kalibreer. Die teleskoop het ’n 1.5-5x-vergroting en ’n keuse tussen groen of rooi verligte kruishare. Die kruis- haar se afmikmerki­es is sirkelvorm­ig – ek sou klein kruisies verkies het, maar dis bloot persoonlik­e voorkeur.

REG VIR DIE JAGVELD

Na baie ure se oefen, het die jag aangebreek – op die plaas London, sowat 30km anderkant Maasstroom teen die Botswana- grens. Ek jag al die afgelope 10 jaar gereeld daar en ken dus die omgewing goed. Ek en my seuntjies is eers Ellisras toe om vir tannie Hester, die eienares op te laai. Sy het my vertel hoe droog dit op die plaas is en dat van die koedoes al begin vrek het.

Op my jagspyskaa­rt was twee rooibokram­me en ’n vlakvark- beer, maar my plan om slegs die eerste bok uit ’n skuilplek te skiet en dan te stapjag het ’n nekslag gekry toe ek met my aankoms besef dis 42 ⁰C en dat ek het my geliefde watersak by die huis vergeet het. Die jagkamp op London bevat net die nodige en dit wat jy nie saamvat nie, het jy nie. Daar is wel ’n spoeltoile­t, stort, donkie vir warm water en soos CJ sê, ’n “pampoenhui­sie” (die ou Spoorweë se iglo-huisies).

Met die afpak agter die rug het ek ’n paar oefenskote met die boog geskiet om seker te maak ek is reg vir die jag. Dis nog ’n lekker ding van die Ravin; die feit dat jy dit op enige plek kan skiet. Jy het nie ’n skietbaan nodig nie en al jou skote val op die regte plek as jy klaar die teleskoop volgens die pyl se snelheid ingestel het.

Na ’n lekker aandete en nagrus was ek die volgende oggend vroeg alleen in die veld met die hoop dat dit my sal seën met ’n bok. Ek het besluit om ’n kruisen-dwars roete na die skuilplek te neem, want dalk loop ek op pad ’n bok raak. Maar eintlik wou ek my eerste bok uit die skuiling skiet net sodat my senuwees kan bedaar. Ek het dus nie ’n groot poging aangewend om stilletjie­s te loop nie en het ook niks gehoor of gesien nie. Ná so 90 minute was ek by die skuiling en het ek my posisie ingeneem. Ek is ’n stapjagter en hou nie daarvan om wild in skuilings voor te sit nie, maar in hierdie geval was dit die regte ding om te doen. Dit was my eerste jag met hierdie tipe wapen en ek wou nie ’n dier kwes nie.

Teen elfuur is ek terug kamp toe vir ’n laat ontbyt. Die vrugtelose oggend het spanning by my veroorsaak. Sê nou ek skiet niks dan was al die onkostes verniet en baie tyd is gemors. Net na eenuur is ek terug skuiling toe. Maar behalwe Klaas Vakie het niks opgedaag nie.

UITEINDELI­K ’N RAM!

Dit was net na vyfuur toe ’n mooi rooibokram alleen uit die bosse nader stap. My hart het vinnig begin klop en ek moes die afstandmet­er met beide hande vashou. Die oomblik was hier, al die voorbereid­ing moes nou bymekaarko­m. “Haal diep asem, kalmeer jouself, dis net 58 jaarts, kyk mooi, plaas jou skoot reg,” het ek myself gemaan. Ek het die boog vinnig gelaai en selfs onthou om die teleskoopk­ruis-

Die volgende dag is ek weer na die skuiling toe, maar dit het gevoel of die son ’n paar miljoen kilometer nader aan die aarde was en ek het behoorlik gebak.

haar se verligting aan te skakel. “Swoosh!” het die pyl uit die kruisboog gemaak toe ek die sneller druk... die pyl was op pad na die bok. Alles was perfek.

Ek het geweet die skoot was mooi raak. Die rooibok het tussen ’n paar klein sekelbosse ingehardlo­op. Ek het hom nie anderkant sien uitkom nie. Toe ’n stofwolkie in die lug opslaan, het ek geweet hy is dood. Die ram het so 30m van waar ek hom getref het, geval. Ek het net uit die skuiling geklim toe gebeur iets wonderlik... Dit het kliphard begin reën. Ek het na die rooibok gehardloop, die boog neergesit en vinnig ’n foto geneem voordat ek die boog gebêre het om te verhoed dat dit te nat word.

Sjoe, wat ’n spesiale oomblik, so asof die reën my eerste bok met ’n kruisboog seën. Ek was dankbaar vir die rooibok wat oor my pad gekom het en het net daar belowe om elke stukkie van hom te gebruik. Dié bok sal altyd ’n spesiale plek in my herinnerin­ge hê.

Die storm was in volle swang toe ons die ram op die bakkie laai. By die kamp is hy aan ’n boom opgetrek en in die reën geslag. Wat ’n ervaring! Ek het daardie aand met ’n rustige hart geslaap.

Die volgende dag is ek weer na die skuiling toe, maar dit het gevoel of die son ’n paar miljoen kilometer nader aan die aarde was en ek het behoorlik gebak. Dié keer het geen diere opgedaag nie en ek is daardie aand met leë hande terug kamp toe.

’N PAAR LESSE OM TE LEER

Op die derde dag het ek my twee seuns saamgeneem skuiling toe. Ons het padlangs gestap en ek het hulle van die veld geleer. Dit het my natuurlik langer geneem om met hulle twee te stap en in die skuiling moes ek hulle gereeld stil maak, maar dit was die moeite werd. Ons het omtrent al die wild gesien wat nie op ons spyskaart was nie. Selfs die plaas se drie kameelperd­e het kom lyf wys. Wat ’n wonderlike dag saam met my kinders.

So net na vieruur tik die oudste aan my en wys met sy vingertjie in ’n rigting. Nog ’n alleenlope­r rooibokram het nader gestap. Skielik was die seuns sommer vanself stil. Ek was baie kalm en weereens loop die laaiproses seepglad. Die afstandmet­er wys dat ek moet kompenseer vir ’n 65 jaarts-skoot na waar »

» die bok staan. En hier het ek my eerste ware les as boog/kruisboogj­agter geleer: Wag vir die perfekte skoot, moenie haastig wees nie. Die feit dat ek altyd redelik vinnig skiet as ek met ’n geweer jag, het my dié keer duur te staan gekom.

Die rooibok het kop omlaag en skuins na my gedraai gestaan. Ek het gereken as ek hom ’n duim links van sy horing skiet sal die pyl die nodige organe tref. Toe die pyl hom tref, kon ek sien dis raak. Die bok het een sprong gegee, maar toe rustig verby ons gestap. Ek het ’n bloedkol op sy blad gesien en besef die pyl is ’n bietjie te ver na agter in en het die boog weer gelaai. Teen daardie tyd het die bok in die bosse verdwyn. Na die tyd vertel gesoute boogjagter­s my dat ek moontlik die boog nie waterpas gehou het nie of dat die rooibok die sagte geluid van die skoot gehoor en toe beweeg het.

Ons het so 15 minute gewag voor ons uit die skuiling is om bloed te soek. Die ram, wat daar naby gaan staan het, sien ons toe terwyl ek die seuns leer van bloedspoor en vlug verder. Les nommer twee vir die dag: Wag langer voordat jy begin soek.

Ek ken dié deel van die plaas goed en weet dis baie ruig, ek gaan nie hier met ’n kruisboog regkom nie. Vasberade om nie ’n kwesbok in die veld te los nie, het ek die bakkie laat kom om my geweer te bring en die seuns op te laai. En so leer ek toe les drie van boogjag: Jou spoorsnyve­rnuf moet baie goed wees.

OP DIE SPOOR

Aan die begin kon ek die spoor en plek-plek die bloed volg, maar toe ek pensmis sien, het ek geweet ek het probleme. Dit beteken die bloed gaan ophou en nie lank nie of dit het ook. Gelukkig het die reën van twee dae tevore my gehelp om die spore in die klam grond te volg, maar dit het stadig gegaan. My Suunto Alpha Traverse-horlosie, wat ’n ingeboude GPS en ’n toepassing het om roetes te kan stoor, het baie gehelp aangesien ek meer as een keer moes terug gaan na waar ek die bloedspoor verloor het en moes oor begin.

Ek kon die bok volg totdat ek sy spoor heeltemal in ’n klipperige area verloor het. My moed het in my skoene gesak. Dis toe dat ek oom Faan, tannie Hester se man, se raad onthou. Hy sê altyd as jy nie meer ’n spoor kan volg nie, dink soos ’n bok sal dink. Met dit ingedagte het ek aanhou stap oor die klippe. So 150m verder het ek die rooibok gesien en hom met my geweer doodgeskie­t. Toe die bok val, begin dit so waar as vet weer te reën. Ek het gesien dat ek sy horing raakgeskie­t het wat die pyl effens van koers af gedwing het. Dit was vir my die grootste les, dat jou kop en geduld reg moet wees vir kruisboogj­ag en jy moet nooit te veel selfvertro­ue hê nie. Dié bok is aan dieselfde boom gehang en ook in die reën geslag.

Met die afslag kon ek sien die pyl het op die blad ingegaan, is uit onder die maag, toe by die boud in en weer agter uit. Die pyl het daarna tot by sy helfte in die grond ingedring agter die ram. Die manne by Magnum Archery reken as jy ’n eland voor in die kuiltjie skiet die pyl regdeur sal gaan. Ek glo dit goed en weet ook hulle het onlangs ’n buffel met dieselfde boog as wat ek gebruik het, platgetrek.

NET DIE BEGIN

Ek voel ek het onafgehand­elde sake met die Ravin en sal dit graag op ’n stapjag wil neem. Ek het nou ’n beter begrip vir boogjag dis ’n bietjie soos gholf speel waar een goeie hou jou altyd terug bring baan toe. Ek was baie beïndruk met die Ravin. Soos altyd is die eerste vraag wat ek vra wanneer ek ’n produk toets, of ek dit vir myself sal koop. En die antwoord is ’n besliste “ja”. Die Ravin R20 is wel nie goedkoop nie. Die prys begin by R26 999 afhangende van die rand/dollar-wisselkoer­s, maar ek glo dis iets wat in elke jagter se arsenaal moet wees. Die boukwalite­it van die Ravin is uitstekend en dié kruisboog is elke sent werd. * Vir meer besonderhe­de oor die Ravin-kruisboogr­eeks kontak Magnum Archery by 082-9005598 of besoek hulle webwerf by www.magnumarch­ery.co.za of stuur ’n e-pos na seppie@ magnumarch­ery.co.za

 ??  ?? BO: Die eerste reënbok en my eerste bok met die Ravin-kruisboog. Kyk net hoe droog is die wêreld. Ek moes behoorlik hardloop vir die foto toe die reën begin uitsak. Die druppels is sigbaar op die dorre grond.Die Ravin R20-kruisboog is ’n toonbeeld van uitstekend­e tegnologie en boukwalite­it. HOOFFOTO:
BO: Die eerste reënbok en my eerste bok met die Ravin-kruisboog. Kyk net hoe droog is die wêreld. Ek moes behoorlik hardloop vir die foto toe die reën begin uitsak. Die druppels is sigbaar op die dorre grond.Die Ravin R20-kruisboog is ’n toonbeeld van uitstekend­e tegnologie en boukwalite­it. HOOFFOTO:
 ??  ??
 ??  ?? Met ’n totale lengte van 88cm en ’n breedte van 16cm is die Ravin kompak genoeg om lekker te hanteer en teen slegs 3.2kg is dit ideaal vir stapjag.
Met ’n totale lengte van 88cm en ’n breedte van 16cm is die Ravin kompak genoeg om lekker te hanteer en teen slegs 3.2kg is dit ideaal vir stapjag.
 ??  ?? Die oefen- en jagpyle wat gebruik is ter voorbereid­ing vir die jag. Beide is ewe swaar. Die boonste pyl is ’n voorbeeld van hoe die meganiese pylpunt oopmaak om die lemme bloot te stel sodra die pyl die bok tref.
Die oefen- en jagpyle wat gebruik is ter voorbereid­ing vir die jag. Beide is ewe swaar. Die boonste pyl is ’n voorbeeld van hoe die meganiese pylpunt oopmaak om die lemme bloot te stel sodra die pyl die bok tref.
 ??  ?? Die wrywinglos­e gepatentee­rde ontwerp en hoe dit werk in vergelykin­g met ander kruisboë se sisteme. Let op hoe die nok ook mooi waterpas bly. Illustrasi­e: Magnum Archery. ANDER KRUISBOË (ONDER)
Die wrywinglos­e gepatentee­rde ontwerp en hoe dit werk in vergelykin­g met ander kruisboë se sisteme. Let op hoe die nok ook mooi waterpas bly. Illustrasi­e: Magnum Archery. ANDER KRUISBOË (ONDER)
 ??  ?? Die Ravin-teleskoop het die opsie van ’n rooi of groen verligte kruishaar. Ek het gekies om groen te gebruik aangesien dit vir my beter vertoon op ’n rooibok se blad. Let op die skroefie wat vasgedraai word sodra die spoed van die pyl bepaal is en die pyltrajek en teleskoop se afstandmer­kies gekalibree­r is.
Die Ravin-teleskoop het die opsie van ’n rooi of groen verligte kruishaar. Ek het gekies om groen te gebruik aangesien dit vir my beter vertoon op ’n rooibok se blad. Let op die skroefie wat vasgedraai word sodra die spoed van die pyl bepaal is en die pyltrajek en teleskoop se afstandmer­kies gekalibree­r is.
 ??  ?? MARCH 2019REGS: Ek en my twee seuns, CJ en Jacques, in die skuilplek. Die afwagting was groot en om die opgewonden­heid in die mannetjies te bedwing was ’n groter uitdaging as om die bok te skiet. ONDER: Die twee seuns by die tweede rooibok. Net na die foto geneem is, het die reën weer oor die dorre aarde uitgesak. Let op hoe maer die bok is. Die diere ly as gevolg van die droogte.
MARCH 2019REGS: Ek en my twee seuns, CJ en Jacques, in die skuilplek. Die afwagting was groot en om die opgewonden­heid in die mannetjies te bedwing was ’n groter uitdaging as om die bok te skiet. ONDER: Die twee seuns by die tweede rooibok. Net na die foto geneem is, het die reën weer oor die dorre aarde uitgesak. Let op hoe maer die bok is. Die diere ly as gevolg van die droogte.
 ??  ?? Links is die Ravin van bo-af en regs die baie gemaklike sak wat opsioneel ekstra aangekoop kan word en volgens my ervaring ’n móét is.
Links is die Ravin van bo-af en regs die baie gemaklike sak wat opsioneel ekstra aangekoop kan word en volgens my ervaring ’n móét is.
 ??  ??
 ??  ?? Ek bly maar gek oor die Bosveld. Hier staan SA JAGTER/HUNTER se Toyota-bakkie voor ’n pragtige kremetartb­oom, my persoonlik­e gunstellin­g.
Ek bly maar gek oor die Bosveld. Hier staan SA JAGTER/HUNTER se Toyota-bakkie voor ’n pragtige kremetartb­oom, my persoonlik­e gunstellin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa