SA Jagter Hunter

BLESBOKJAG MET PERD EN BOOG

’n Boogjag te perd word ’n uitsonderl­ike ervaring.

-

REAN STEENKAMP

Om ’n bok met ’n boog te jag is werklik ’n besondere ervaring. Dit noop die jagter om stadig, versigtig en stil in die bos te loop as hy naby genoeg aan sy prooi wil kom om ’n etiese skoot te waag. Kombineer ’n mens dié ervaring met perdry, word dit ’n onvergeetl­ike avontuur.

Ek het ’n paar jaar gelede só ’n geleenthei­d gekry toe Christo Roos, wat ’n wildplaas naby Clarens het, vir

my en Tom Cairncross, ’n oudkollega, genooi het om elk ’n blesbok te perd daar te jag. “Indien dit warm is, kom ’n mens redelik maklik naby aan die blesbokke,” het Christo gesê. Volgens hom moet jy dan versigtig uit die saal gly, stadig nader aan die trop loop terwyl jy agter die perd se lyf skuil, jou boog span, effens agter die perd uitbeweeg, mik, skiet en... siedaar, die bok is joune. Dit klink redelik eenvoudig, maar glo my vry, dit is nie.

’N WARE DROOMWÊREL­D

Die jagdag het saam met ’n kouefront aangebreek. “Sake gaan waarskynli­k nie só vlot verloop soos wat ek voorspel het nie,” het Christo gemaan toe ek, hy en Tom vroeg die oggend met ons perde teen die rand van die berg opry en daarna weer afdaal na ’n plato. Ten spyte van Christo se waarskuwin­g het ek die perdrit geweldig geniet en was opgewonde oor die jag. Voor ons het ’n pragtige toneel gelê en terwyl ons besig was om versigtig na onder te beweeg, het ek gevoel soos ’n Amerikaans­e Rooihuid op sy mustang. Ek kon my bykans verbeel ek het vere in my hare en mokassins aan my voete. Die omgewing was skilderagt­ig mooi met heuwels wat ons omring en in die verte was troppe swartwilde­beeste, springbokk­e en blesbok- ke – ’n ware droomwêrel­d. Het die perd egter begin hardloop, sou die droom dadelik aan skerwe spat. Anders as Christo, wat ’n hedendaags­e cowboy is, is my perdryvern­uf maar beperk. Dié Rooihuid sou dadelik met die aarde kennis gemaak het en ek sou besef dat ek eintlik maar net ’n stadsjapie is. Gelukkig is Christo se perde baie goed opgelei en ek kon myne met die leisels stuur byna soos wat ’n mens die pyltjie op ’n rekenaar se skerm met die muis beheer. Christo het gesê ek moet net die perd wys wie is baas. Ek het my bes gedoen, maar dit was nie regtig nodig nie.

BOKKE KRY IS NIE MAKLIK NIE

Tom het die vorige naweek met sy pyl en boog ’n pragtige rooibokram met ’n horingleng­te van meer as 23 duim platgetrek, tydens ’n jag naby Dwaalboom. Om dié rede het hy my hierdie keer voorkeur gegee. Ek sou die eerste blesbok skiet wat ons kry en hy die tweede een.

Ons het egter gou besef ons gaan waarskynli­k net een blesbok skiet. Christo was reg, omdat dit ’n koue, bewolkte dag was, was dit gewis nie maklik om naby genoeg aan die bokke te kom nie. Elke keer wanneer ons naby aan ’n trop gekom het, het ek versigtig uit die saal gegly en agter die perd geskuil terwyl ons nader beweeg. En elke keer, net voordat ek met selfvertro­ue ’n skoot kon neem, het die blesbokke geskrik en laat spaander. Deur die loop van die dag het dit keer op keer gebeur.

Na sewe ure van hierdie taktiek was ons al drie nogal saalseer en my linkerhand, waarin ek my kragboog (’n PSE Firestorm wat op 70lb gestel was) vasgehou het, het begin pyn. Ek het gewis nie meer soos ’n Rooihuid gevoel nie.

NOG EEN KANS

Teen daardie tyd was al die blesbokke in die omgewing baie onrustig, maar ons het besluit om nog een laaste keer te probeer en dié keer was die geluk aan ons kant. Die trop wat ons geteiken het, het stilgestaa­n. Ek het in die beweeg van my perd afgegly en toe die bokke begin onrustig raak, het ons gestop. Dit was nog te ver vir ’n gemaklike skoot, maar ek het geweet dit is my enigste en laaste kans. Hoewel dit ’n langer afstand was as wat ek verkies, het ek besluit om die skoot te neem.

Die sukses van my skoot sou afhang van hoe goed ek die afstand kon skat. Ons het vroeër daardie dagon s afstand skat vermoë getoet sen gevind data l drie van ons afstande in die bergagtige omgewing effens korter skat as wat dit werklik is. Ek het besluit om ’n paar ekstra meter by te voeg en myself stilweg be- lowe dat ek ’n afstandmet­er sou koop sodra ek ’n bietjie ekstra geld kan afknyp.

Ek het stadig van agter die perd uitbeweeg met my boog reeds gespan. Die kol waar ek wou tref was ongeveer twee millimeter onder die laagste pennetjie op my visier en toe ek die boog mooi stil hou en die visier op die beplande trefpunt bly, het ek die Vapor 4000-pyl met sy 100 grein Rocket Steelhead-jagpunt laat los. Die hoë trajek van die pyl het my laat skrik! “Ek gaan ver bo-oor die bok skiet,” het ek gedink, maar ek was verkeerd. Die pyl het die dier getref en die skoot het baie goed gelyk. Ek was wel verbaas dat die pyl nie dwarsdeur die bok getrek het nie. Die dier het net daar in sy spore geval soos ’n os wat ’n skoot deur die brein ontvang het – iets wat nie gereeld gebeur wanneer ’n jagpyl deur ’n bok se enjinkamer vlieg nie. ’n Bok sal gewoonlik na só ’n skoot met ’n vaart wegtrek en dan ’n paar tree verder val.

My blesbok het vir enkele sekondes roerloos gelê en toe probeer opstaan, maar hy kon nie, hy was verlam. Dit was duidelik dat my pyl sy ruggraat getref het. Ek het vinnig nader geloop, ’n tweede pyl deur sy hart geskiet en die dier het onmiddelli­k gesterf. Toe ons later die bok slag, het ek die jagpunt in die onderste gedeelte van die ruggraat gevind, reg langs die skouerbeen. Die skag het kort agter die pylpunt afgebreek ná die dier geval het en het een long heeltemal deurdring en ’n gat in die ander long gesteek. Die skoot was ’n bietjie hoog, maar het gelukkig die ruggraat getref. Ek moes nie die ekstra meters bygetel en die visier hoër gelig het nie.

Hoewel dit ’n uitdagende dag was en dit ons sewe ure geneem het om een bok plat te trek, was die lang ure in die saal en die vasbyt gewis die moeite werd. Dié jag was vir my ’n uitsonderl­ike ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.

 ??  ?? Rean Steenkamp saam met Christo Roos by die blesbok wat hy in die Malutiberg­e met ’n boog gejag het.
Rean Steenkamp saam met Christo Roos by die blesbok wat hy in die Malutiberg­e met ’n boog gejag het.
 ??  ?? FOTO REGS: Tom Cairncross op ’n perd in die pragtige omgewing naby Clarens. Die jagters was albei pootuit nadat hulle sewe ure lank in die saal was.
FOTO REGS: Tom Cairncross op ’n perd in die pragtige omgewing naby Clarens. Die jagters was albei pootuit nadat hulle sewe ure lank in die saal was.
 ??  ?? Blesbokke in die omgewing waar hulle natuurlik voorkom.
Blesbokke in die omgewing waar hulle natuurlik voorkom.
 ??  ?? LINKS: Tom met ’n blesbok wat hy later met ’n kruisboog platgetrek het.
LINKS: Tom met ’n blesbok wat hy later met ’n kruisboog platgetrek het.
 ??  ?? Tom en sy vrou, Markie, voor een van die chalets op die plaas waar ons die blesbokke te perd gejag het.
Tom en sy vrou, Markie, voor een van die chalets op die plaas waar ons die blesbokke te perd gejag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa