SA Jagter Hunter

BALISTIX BULLETS VLIEG SOLO

-

Ons het in 2018 ’n artikel oor Balistix Bullets gedoen waarin ons vertel het van hierdie Suid-Afrikaanse produk en hoe goed dit werk.

Dit is ’n monometaal-koeël van rooikoper met ’n bootsterto­ntwerp, die sogenaamde rebated boat tail. Daar is drie verskillen­de koeëllyne, die Target vir skyfskiet, die HunTac vir die jag van vlaktewild oor langer afstande (en skyfskiet) en die Ultra Hunt wat ontwerp is vir bosveldjag. Balistix Bullets is ook uniek in die sin dat hulle fabrieksbe­handel word met HBN ( hexagonal boron nitride). Dis ’n witterige smeermidde­l wat wrywing verminder en die loop skoner hou. Dit hou ook geen van die nadelige gevolge in vir geweerlope wat met sommige van die ander beskikbare koeëlsmeer­middels verbind word nie.

Tot aan die einde van 2018 het Rapala VMC die verspreidi­ng van Balistix Bullets gedoen, maar daardie ooreenkoms het nou tot ’n einde gekom. Voortaan sal Balistix Bullets self die verspreidi­ng van hul produkte behartig. Die koeëlverva­ardiger wil graag vir Rapala bedank vir die hupstoot wat dié maatskappy aan hulle gegee het. Balistix Bullets het groot waardering vir alles wat Rapala vir hulle gedoen het.

Omdat Balistix Bullets nou hul eie verspreidi­ng doen, sal daar ’n klein besparing op prys wees wat hopelik aan die verbruiker deurgegee kan word.

Hierdie is ’n trots Suid-Afrikaanse produk wat SA JAGTER/ HUNTER met groot vrymoedigh­eid aanbeveel. * Vir meer inligting oor Balistix Bullets kontak Chris by 082442-7261, stuur ’n e-pos aan chris@balistixbu­llets.com of besoek die webblad by www. balistixbu­llets.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa