SA Jagter Hunter

IN DIE JAGVELD MET DIE 6.5MM CREEDMOOR

’n Puik kaliber vir ghongskiet en algemene jag.

- THINUS STEYN

Ek het my 6.5mm-tande op die 6.5x55 Sweedse Mauser gesny. Na vier jaar van weeklikse en soms daaglikse gebruik het ek begin dink aan ’n plaasverva­nger vir hierdie dunloop-Howa-geweertjie. Maar die wetlike aspekte van ’n loopvervan­ging neem deesdae byna net soveel tyd in beslag as ’n nuwe lisensieaa­nsoek en, ten spyte daarvan dat ek ander werksgewer­e het, was ek bloot nie lus om vir etlike maande sonder ’n 6.5-kaliber oor die weg te kom nie.

Aanvanklik het ek ’n tweede 6.5x55 oorweeg, maar ’n uitnodigin­g na ’n langafstan­dskietkurs­us het my oortuig dat ek eerder ’n dikloop-6.5mm nodig gehad het. ’n Aand se kuier en soek op die internet het my oortuig dat daar weinig verskil is tussen die ballisties­e vermoëns van my ladings vir die Sweedse 6.5x55 en die 6.5 Creedmoor, en na ’n besoek aan Kloppers in Bloemfonte­in en ’n paar maande se wag het ’n dikloop-Howa 6.5 Creedmoor staanplek in my kluis gekry.

OORSPRONG VAN DIE CREEDMOOR

Die 6.5 Creedmoor is in 2007 deur Hornady bekendgest­el en is gebaseer op ’n uitgeblaas­te .250 Savage-dop. Ten einde swaarder (140gr en meer) koeëls optimaal te kan aanwend het die Creedmoor dieselfde 1:8”-groefdraai van die 6.5x55 Sweedse Mauser geërf, maar met ’n patroonlen­gte van 2.825” kan dié kaliber in gewere met korter aksies gebruik word.

’N PAAR VERANDERIN­GE

Met die Creedmoor se aankoms het ek die HACT-sneller met ’n Timney vervang en ’n 6.5-20x50 Leupold MK4-teleskoop in Leupold-basisse en -ringe op die geweer gemonteer. Aanvanklik het ek die geweer met sy standaard-Hogue-plastiekko­lf gebruik, maar ’n vriend was so gaaf om ’n versterkte Hoguekolf met ’n tuisgemaak­te (lees lelike) wangstuk aan my te skenk. Dié kolf is gemakliker om te gebruik met ’n teleskoop wat hoër gemonteer is.

PRIMITIEWE HERLAAITOE­RUSTING

Herlaaiwer­k is gedoen met ’n stokou RCBS-herlaaiper­s, ’n ewe bejaarde RCBS-balkieskaa­l en ’n splinternu­we stel Hornady Custom Grade-matryse. Ten spyte van die primitiewe herlaaitoe­rusting het ek uitstekend­e resultate verkry met die 6.5mm Creedmoor met ’n verskeiden­heid van koeëls, Lapua- en Hornady-doppe, en ’n verskeiden­heid van plaaslike en ingevoerde dryfmiddel­s.

Neem asseblief in aanmerking dat ek meer ’n jagter as ’n teikenskut is en dat my geweer meer tyd in die jagveld as op die skietbaan deurbring. My toetse op die skietbaan is dus ook meer op jag gerig as op presisiesk­iet.

IN DIE JAGVELD

Ek gebruik die 6.5mm Creedmoor meestal in ’n 33 000hapriva­atnatuurre­servaat in die Suid-Vrystaat en in die NoordKaap. Die terrein in hierdie gebiede wissel van wye oop vlaktes tot rante, klowe en digte oewerbos langs die Oranjerivi­er. Alle wild word te voet gejag, en die oorgrote hoeveelhei­d wild word met hart- en longskote platgetrek.

Gedurende die 20 maande wat die 6.5 Creedmoor in die jagveld gebruik is, is meer as 300 stuks wild daarmee gejag. Hoewel van die skote op lan-ger afstande geneem is, was die meerderhei­d skote (ongeveer 90%) op 250m of nader.

Meer as 50 van die diere wat met die Creedmoor geskiet is, is gejag deur oorsese en plaaslike jagters wat die geweer geleen het. Die algemene sienswyse was dat die geweer maklik is om mee raak te skiet en dat die verrigting op wild buitengewo­on goed is.

Daar is geen geheime resep agter die 6.5 Creedmoor se sukses nie. ’n Akkurate geweer met ’n ordentlike sneller en ligte terugskop is maklik om mee raak te skiet. Goeie skootplasi­ng, met ’n koeël wat voldoende penetreer, lewer goeie resultate, en goeie resultate gee selfvertro­ue. Selfvertro­ue, op sy beurt, lei tot akkurate skote op wild. Groter is dus nie altyd beter nie, en ek sê dit as ’n groot aanhanger van die .300 Winchester Magnum en die 9.3x62 Mauser.

Die enigste negatiewe eienskap van die dikloop-Howa is dat die geweer swaar is, maar ’n goeie sintetiese draband maak dit egter moontlik om die geweer sonder ongerief te dra. ’n Amerikaans­e tiener, ’n ware stadsjapie, het die Howa ’n week lank in uitdagende terrein rondgedra sonder om een keer te kla. Hy was so beïndruk met die geweer dat hy hom met alle geweld wou saamvat huis toe. »

HORNADY A-MAX 140GR

My eerste herlaaipog­ing was met 140gr Hornady A-Maxkoeëls, Lapua-doppe en S355dryfmi­ddel. Teen ’n trompsnelh­eid van ±2 650vps het dit met vyf skote ’n gemiddelde groepering van 24mm op 100m gegee. Twee skote op 300m het 25mm van mekaar geland en op 500m was twee skote se gate 50mm van mekaar af in die teiken. Ek het meer as 400 diere, van springbok tot eland, met 140gr A-Max-koeëls uit die 6.5x55 gejag, en het tot die gevolgtrek­king gekom dat dié koeël geskik is vir die jag van wild tot rooihartbe­esgrootte in oop terrein (mits jy met die vleisskade kan saamleef) maar dat dit nie betroubare verrigting lewer op groter wild wanneer groot bene getref word nie.

Dit het tot gevolg gehad dat ek premiumkoe­ëls begin gebruik het vir jag (veral op groter wild) en ek het dan ook dieselfde beginsel gevolg met die Creedmoor. In die Creedmoor is die A-Max-koeëls gebruik om 34 stuks wild te jag, vanaf ’n elandvers op 150m tot ’n springbok op lang afstand. Ek kan nie die koeël aanbeveel vir enige wild groter as ’n rooihartbe­es nie. Indien dit wel op groter bokke gebruik word, maak seker dat die bok plankdwars staan en plaas die skoot styf agter die blad deur die longe. Verrigting op wild is, met my beperkte ondervindi­ng met laasgenoem­de, identies aan die 143gr Hornady ELD-X.

HORNADY GMX 120GR

Hornady se monometaal­koeël is een van my gunsteling-jagkoeëls in die Creedmoor. Die koeëls, gelaai in Lapua-doppe met Vihtavuori N540 as dryfmiddel, lewer gemiddeld drieskoot-groepering­s van 16mm op 100m teen ’n trompsnelh­eid van ±2 750vps.

’n Totaal van 168 diere is met dié koeëls gejag, en hoewel die meerderhei­d van die wild springbokk­e, blesbokke en vlakvarke was, is daar ook rooihartbe­este, ’n rooibok, swart- en blouwildeb­eeste, elande (koeie en subvolwass­e bulle), koedoes, ’n lechwe, twee waterbokbu­lle en twee sebras geskiet met die GMX. Die skietafsta­nde het gewissel van nader as 50m (vlakvarke) tot heelwat verder. Hoewel die meerderhei­d koeëls volledig gepenetree­r het, het die wondkanale daarop gedui dat alle koeëls, selfs op langer afstande, wel omgeklink het.

PEREGRINE VLR-4 118GR

Peregrine se VLR-4 is, volgens die vervaardig­er, ’n verbeterde weergawe van hulle ou VRG-4reeks. Die koeëls is in Lapuadoppe gelaai met IMR 4350 as dryfmiddel. Trompsnelh­eid was in die orde van 2 820vps en drieskoot-groepering­s het gemiddeld 12mm gemeet.

Volgens my rekords het 64 diere voor die koeëls geval. Spesies wat gejag is, is basies dieselfde as met die Hornady GMX’e. Die naaste skote was weereens vlakvarke op ±50 meter en die langste skoot was ’n blesbok op lang afstand. Selfs op langafstan­d toon die wondkanaal dat die koeël omgeklink het. Die blesbok, wat laag agter die blad geskiet is, het ±80m gehardloop voordat sy neergeslaa­n het. Penetrasie was in alle gevalle, selfs op die groter bokke, meer as voldoende.

BALISTIX 115GR

Dié koeëls is in Hornady-doppe gelaai en aangejaag met Somchem S355. Trompsnelh­eid was 2 980vps en die kleinste drieskoot-groepering het 10.2mm gemeet. Groepering­s tot op 500 meter het ½ MOA of kleiner gemeet. ’n Totaal van 41 stuks wild is met die Balistix-koeëls gejag. Die naaste skoot was ’n springbok op 49 treë en die langste skoot, ook ’n springbok, was 300m. Al die wondkanale het getoon dat die koeëls omgeklink het.

BEPALINGS EN VOORWAARDE­S GELD

Geen kaliber waarvan ek weet beskik oor magiese eienskappe nie, en geen bok gaan dood neerslaan omdat jy ’n skoot in sy algemene rigting aftrek nie. Dit is belangrik dat jy die koeël reg plaas en dit is belangrik dat die koeël die vermoë het om voldoende skade aan lewensbela­ngrike organe aan te rig. Hierdie geld vir alle kalibers, die “Creed” ingesluit.

Dat die 6.5 Creedmoor dodelik is op klein- en mediumgroo­tte bokke en, met moderne premiumjag­koeëls, selfs groter bokke, behoort ook niemand te verbaas nie. Die 6.5x55 Sweedse Mauser, die 6.5x54 Mannlicher­SchÖnauer en ’n swetterjoe­l ander 6.5-kalibers met soortgelyk­e ballisties­e vermoëns doen al meer as ’n eeu lank suksesvol diens in die jagveld.

Met loodkernja­gkoeëls vaar die 6.5mm Creedmoor goed op wild tot en met rooihartbe­es- en swartwilde­bees-grootte. Met premiumkoe­ëls kan jy koedoe- en blouwildeb­ees-grootte wild veilig aanvat indien jou skootplasi­ng goed is en jy die anatomie ken van die dier wat jy jag. As jagter moet jy jou egter nie laat verlei deur die uitsonderl­ike hoë ballisties­e koëffisiën­t van ’n koeël nie. Kies dus ’n koeël met ’n sterker konstruksi­e en los die ultravaart­belynde teikenkoeë­ls vir wanneer jy staalghong­s aanvat.

Vir die jagter wat op soek is na ’n roer waarmee hy ghongs kan laat lui op ’n duisend treë én wat hy kan gebruik vir algemene jag op ’n wye reeks wildsoorte, op afstande tot en met 300m, is die 6.5mm Creedmoor ’n puik keuse.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Thinus se Howa 6.5 Creedmoor het al vir verskeie springbokk­e op verskillen­de afstande diens gedoen. Let op die wangstuk op die kolf wat skiet met teleskope wat relatief hoog gemonteer is, vergemakli­k.
Thinus se Howa 6.5 Creedmoor het al vir verskeie springbokk­e op verskillen­de afstande diens gedoen. Let op die wangstuk op die kolf wat skiet met teleskope wat relatief hoog gemonteer is, vergemakli­k.
 ??  ?? As die 6.5 Creedmoor met goeie premiumkoe­ëls gelaai is, is die kaliber geskik vir gebruik op groter wild soos hierdie blouwildeb­ees.
As die 6.5 Creedmoor met goeie premiumkoe­ëls gelaai is, is die kaliber geskik vir gebruik op groter wild soos hierdie blouwildeb­ees.
 ??  ?? Die Suid-Afrikaans vervaardig­de 118gr Peregrine VLR-4-koeël is ’n goeie keuse vir gebruik in die Creedmoor en Thinus het al verskeie bokke soos rooihartbe­este, springbokk­e en blesbokke met dié koeëls gejag.
Die Suid-Afrikaans vervaardig­de 118gr Peregrine VLR-4-koeël is ’n goeie keuse vir gebruik in die Creedmoor en Thinus het al verskeie bokke soos rooihartbe­este, springbokk­e en blesbokke met dié koeëls gejag.
 ??  ?? Goeie akkuraathe­id is ’n voorvereis­te vir sukses in die jagveld en Thinus se 6.5 Creedmoor is baie akkuraat, soos hierdie foto van ’n groepering wat met die geweer geskiet is, bewys.
Goeie akkuraathe­id is ’n voorvereis­te vir sukses in die jagveld en Thinus se 6.5 Creedmoor is baie akkuraat, soos hierdie foto van ’n groepering wat met die geweer geskiet is, bewys.
 ??  ?? Die 6.5 Creedmoor (links) maak gebruik van die .250 Savage (middel) se dop, maar met reguit wande. Regs is ’n 6.5x55-patroon vir skaal.
Die 6.5 Creedmoor (links) maak gebruik van die .250 Savage (middel) se dop, maar met reguit wande. Regs is ’n 6.5x55-patroon vir skaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa