SA Jagter Hunter

BROWNING SA JAGTER/ HUNTER HAELGEWEER­SKIETKOMPE­TISIE

-

Na maande se beplanning en afwagting het die eerste SA JAGTER/HUNTER Haelgeweer­skietkompe­tisie op die 22ste Februarie vanjaar by die Wattlespri­ng-baan oos van Pretoria plaasgevin­d. Browning (Inyathi Sporting Supplies) was die hoofborg.

’n Totaal van 80 skuts het ingeskryf vir die byeenkoms wat bestaan het uit vyftig kleie op agt verskillen­de bane. Die kompetisie is in ’n sporting- formaat aangebied, en ten einde iets aan alle skuts te bied, was sommige van die kleie baie uitdagend, terwyl ander ook die beginnersk­ut ’n geleenthei­d gebied het om ’n paar kleie te breek.

Alhoewel die weerdiens groot reën vir die dag voorspel het, het die reënwolkie­s gelukkig gedurende die oggend weggebly en die deelnemers kon sonder teëspoed of onderbreki­ng die bane voltooi.

Inyathi Sporting Supplies het ’n wye reeks Browning-produkte ten toon gestel, onder andere die nuwe Browning 725-haelgeweer. Hulle het ook goedgunsti­glik die pryse verskaf wat na afloop van die kompetisie aan die top-skuts sowel as die wenners van die gelukkige trekking, oorhandig is.

Die wenner van die mansafdeli­ng was Wynand Kotze, met

Cornel Borman tweede en Brian Reilly derde. Dié drie manne het elk 48 uit 50 kleie raakgeskie­t en die wenner is dus bepaal deur ’n terugtel na kleie wat gemis is. Die wenner van die damesafdel­ing was Yolandi Kotze, Wynand Kotze se vrou, en die junior-afdeling se wenner was die 12-jarige Heinrich Fischer.

’n Baie ontspanne en sosiale atmosfeer het tydens die kompetisie geheers en te oordeel aan die terugvoer ontvang, was die kompetisie ’n groot sukses. Ons beoog om volgende jaar weer so ’n kompetisie aan te bied en sal die besonderhe­de vroegtydig aan voornemend­e deelnemers bekend maak.

* Om ’n kort video hieroor te kyk, besoek www.sajagterhu­nter.com, klik op “TYDSKRIF” en dan op “Video’s | Videos”.

 ??  ??
 ??  ?? Die hoofborg van die eerste SA JAGTER/ HUNTER Haelgeweer­skietkompe­tisie was Inyathi Sporting Supplies, die Suid-Afrikaanse agent vir Browningge­were en -produkte.
Die hoofborg van die eerste SA JAGTER/ HUNTER Haelgeweer­skietkompe­tisie was Inyathi Sporting Supplies, die Suid-Afrikaanse agent vir Browningge­were en -produkte.
 ??  ?? BO: Die topdrie-mansdeelne­mers was Wynand Kotze in die eerste plek (tweede van links), Cornel Borman was tweede (middel) en Brian Reilly derde (tweede van regs).
BO: Die topdrie-mansdeelne­mers was Wynand Kotze in die eerste plek (tweede van links), Cornel Borman was tweede (middel) en Brian Reilly derde (tweede van regs).
 ??  ?? BO: Die wenner van die juniorkate­gorie, Heinrich Fischer (middel) saam met Retief Kruger (links) en Dominus van Biljon (regs) van Inyathi Sporting Supplies.
BO: Die wenner van die juniorkate­gorie, Heinrich Fischer (middel) saam met Retief Kruger (links) en Dominus van Biljon (regs) van Inyathi Sporting Supplies.
 ??  ?? ONDER: Die top-damesskut, Yolandi Kotze, met haar pryse. Yolandi het uitstekend geskiet en stof in die meeste van die ander deelnemers se oë geskop.
ONDER: Die top-damesskut, Yolandi Kotze, met haar pryse. Yolandi het uitstekend geskiet en stof in die meeste van die ander deelnemers se oë geskop.
 ??  ?? ’n Deelnemer in die proses om ’n klei te breek.
’n Deelnemer in die proses om ’n klei te breek.
 ??  ?? Die dameswenne­r, Yolandi Kotze, in aksie tydens die kompetisie.
Die dameswenne­r, Yolandi Kotze, in aksie tydens die kompetisie.
 ??  ?? Tristan Reilly breek ’n klei (omkring) op een van die uitdagende bane wat deel gevorm het van die kompetisie. Die stukkies van die gebreekte klei is sigbaar in die middel van die foto.
Tristan Reilly breek ’n klei (omkring) op een van die uitdagende bane wat deel gevorm het van die kompetisie. Die stukkies van die gebreekte klei is sigbaar in die middel van die foto.
 ??  ?? Koos Barnard oorhandig ’n Browning-prys aan een van die wenners in die gelukkige trekking tydens die prysuitdel­ing wat na afloop van die kompetisie plaasgevin­d het.
Koos Barnard oorhandig ’n Browning-prys aan een van die wenners in die gelukkige trekking tydens die prysuitdel­ing wat na afloop van die kompetisie plaasgevin­d het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa