SA Jagter Hunter

WILD SOOS WILDEBEES

- KOOS BARNARD

Wildebees is een van die Suid- Affrikaans­e handelsmer­ke in kamoefleer­d drag wat oor die afgelope jare goed be ekend geraak het onder plaaslike jagters. Dié maa atskappy is gesetel in Bredell, Kempton Park in GGauteng.

Ek dink ’n mens kan met redelike seke erheid sê dat Wildebees in hul winkel die grootste e verskeiden­heid kamoefleer­klere in Suid-Afrika aanhou. Maar Wildebees is nie net bekend vir hu ul kamoefleer­drag nie, dié maatskappy se jagst tewels of -skoene is baie gewild onder alle jagters. .

SKOENE/STEWELS

Kom ons gesels sommer eers oor hul sko oene. Die meeste van hul gewilde jagskoene is enke elhoogtest­ewels (sommige mense sal dalk die e woord ‘skoene’ verkies, maar ek gebruik stewel ls) wat ’n plat speksool of tipe speksool het en jou u in staat stel om so te sê geluidloos in die veld te stap. Vir die stapjagter is hierdie stewels beslis van n die heel beste wat jy enige plek in die wêreld ka an koop. Ek gebruik Wildebees-stewels al vir vers skeie jare en kan getuig dat ek nog nie ’n skoen te eëgekom het wat sagter of meer geluidloos in die vveld stap as hierdie skoene nie.

Daar is ’n keuse tussen stewels wat m met veters vasmaak of die aanglip-tipe. My eerste p paar Wil

debees-skoene het nog Wildebees se ou tipe speksool. Daardie sool is intussen vervang met ’n soort wat ’n growwer oppervlak het (sien foto), maar hulle is net so sag in die veld.

Anders as met stewels wat aggressiew­e riffel-en-groefsoolo­ppervlakte­s het, waarsku Wildebees dat hul platsole nie die beste opsie is vir gladde of skuins oppervlakt­es nie. Ek het egter gevind dat die spek-tipe sole verbasend goed klou teen skuinstes as jy bergklim en ek dra myne gereeld al jag ek in die berge. Veral die nuwe sool met sy effens growwer oppervlak klou goed teen enige rots (wees maar net versigtig as dit nat raak).

KAMOEFLEER­KLERE

Wat kamoefleer­drag betref, maak Wildebees voorsienin­g vir mans, dames en kinders en sommige van hul ontwerpe is lekker modern – kinders sal dit seker funky noem. Ek het nog net Wildebees se Sekelbos- en Bosveld-kamoefleer­drag gebruik en dis die enigstes waaroor ek my dus kan uitlaat. Soos ’n mens deesdae verwag, is die kwaliteit van die klere goed en behoort enige kledingstu­k jou lank goeie diens te gee.

Wildebees se oorspronkl­ike Sekelbospa­troon was ’n bietjie te ligkleurig na my sin en volgens my mening meer geskik vir veld waar wintergras­veldkleure oorheers. Hierdie patroon is egter verander en deesdae kry jy die Sekelbossw­art. Soos die vorige patroon, gebruik dit sekelbosta­kke en -blare, maar die agtergrond is veel donkerder. Dit is ideaal vir bosveld- of donkerkleu­rige terrein.

Ek het verlede jaar ’n stel Bosveldkam­oefleerdra­g ontvang om te probeer en ek dink hierdie patroon is beslis ook in die kol vir die bos. Die agtergrond is in skakerings van donkergrys en daar is min wit dele in die patroon. Ingesluit in die patroon is akasia-tipe blare en ook dié van combretum- boomspesie­s en bruin combretums­ade. Die meeste mense jag in die winter wanneer daar minder groen blare in die bos is en die kaal takke baie donker vertoon, veral in skaduwee of in die laatmiddag en dan ook wanneer die son teen sekere hoeke op bosse en bome val. Kyk ’n bietjie op die meegaande foto’s hoe mooi die Bosveldpat­roon saamsmelt met die donker takke.

Net soos die meeste tipes jagklere, is die Wildebees-langbroeke van die gevegs- of cargo- tipe. Hulle het twee gatsakke, twee heupsakke en dan twee dybeensakk­e (een op elke pyp). Behalwe vir die heupsakke maak die ander almal met knope toe. Die dybeensakk­e het twee knope elk.

Die hemde het ’n borssak op elke kant wat met Velcro toemaak. Kort- en langmouhem­de is beskikbaar. Wildebees maak ook kortbroeke. Myne het ook ses sakke altesaam soos die langbroek, maar die verskil is dat die sakke met Velcro toemaak. Op elke dybeensak van die kortbroek is daar ’n ekstra klein sakkie (wat ook met Velcro toemaak) maar dis so klein dat ek dit nie as baie prakties beskou nie. Alle broeke maak met knope vas en het sterk ritssluite­rs.

WARM WINTERDRAG

Wildebees het ’n parka of dik winterbaad­jie in die Bosveldpat­roon. Dit het ’n kappie wat ’n vaste deel van die baadjie is. Daar is slegs een kleinerige borssak op die linkerkant wat vertikaal met ’n ritssluite­r toemaak. Verder is daar twee skuins heupsakke aan die buitekant wat nie kan toemaak nie. Laag aan die binnekant van die baadjie is daar ook een sak aan elke kant. Nie een van hulle kan toemaak nie, maar die een aan die linkerkant het ’n kleiner opening, wat verhoed dat items wat jy daarin plaas maklik sal kan uitval. Hierdie is ’n lekker warm baadjie wat jou snoesig sal hou in die koudste winterweer.

Behalwe vir die normale hemde, broeke en baadjies bemark Wildebees ook verskeie t-hemde, boshoede en pette.

* As jy op soek is na kamoefleer­drag vir die jagveld, oorweeg gerus Wildebees se kwaliteit-produkte. Vir meer inligting, kontak Wildebees by 073796-2317 of besoek hulle webblad by www.wildebees.co.za.

 ??  ??
 ??  ?? Alhoewel die Bosveldkam­oefleerpat­roon se agtergrond baie donker is, smelt dit baie goed saam met bosveldter­rein. Kyk net hoe goed werk hierdie kamoefleer­patroon in die bosveld naby Musina waar ons dit beproef het.
Alhoewel die Bosveldkam­oefleerpat­roon se agtergrond baie donker is, smelt dit baie goed saam met bosveldter­rein. Kyk net hoe goed werk hierdie kamoefleer­patroon in die bosveld naby Musina waar ons dit beproef het.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa