SA Jagter Hunter

’N OPLOSSING VIR BRILSKU SKUTS

Speel verkleurma­nnetjie met dié veeldoelig­e skietbril.

- KOOS BARNARD

Met oogbeskerm­ing in die vorm van skietbrill­e, (deesdae verpligten­d op die meeste skietbane), is dit seker logies dat ’n groot verskeiden­heid van hierdie produkte tans aangebied word.

Vir baie mense is die dra van ’n skietbril ’n lastigheid (veral vir diegene wie se oë nog goed genoeg is om sonder voorskrifl­ense te kan skiet) maar dit is ook ’n feit dat oogbeskerm­ing uiters belangrik is. Diegene wat al aan die ontvangkan­t was van skrapnel of kruitparti­kels in die gesig nadat ’n skoot afgevuur is, sal kan getuig hoe belangrik oogbeskerm­ing is. Vele mense se oë is al gered bloot weens die feit dat hulle skietbrill­e, veiligheid­sbrille of selfs ’n gewone bril met voorskrifl­ense gedra het.

Nou ja, soos die spreekwoor­d lui, soveel hoofde soveel sinne – hoe meer mense jy het wat skietbrill­e benodig, hoe meer menings en voorskrift­e sal jy kry oor wat nou eintlik die ideale produk is.

Teen die einde van 2019 het ek tydens ’n roetinebes­oek aan my oogarts navraag gedoen oor skietbrill­e met voorskrifl­ense en hy het my vertel van die Evolution-skietbril. Omdat dit gelyk het asof dit kon werk, het ek besluit om een te toets.

VERSKILLEN­DE LENSE

Dié bril bestaan uit ’n raam wat twee stelle lense kan neem – kleiner lense van soortgelyk­e grootte as gewone voorskrifb­rille, en groter, gekleurde lense. Die deel wat die kleiner lense neem, is integraal tot die raam en van sagte plastiek gemaak. Normale, ongekleurd­e lense word in die fabriek daarin gepas. Saam met die bril word vier gekleurde lense voorsien wat aan die raam knip en ’n skarnier het sodat dit kan opwip of opswaai (sien foto). Die doel hiervan is om die verskillen­de kleure lense te kan gebruik na gelang van verskillen­de ligtoestan­de. Lense wat kan opswaai het twee voordele: sou die lig só verander terwyl jy skiet dat jy nie ’n gekleurde lens nodig het nie, swaai jy bloot die kleurlens op of haal dit af en gebruik die gewone ongekleurd­es; stap jy skielik uit helder lig in ’n donker vertrek in of wil jy om een af ander rede nie die kleurlens gebruik terwyl jy met mense gesels of iets anders doen as skiet nie, swaai jy ook net die gekleurde lens op.

Die groot voordeel van hierdie bril is dat jy voorskrifl­ense kan pas in die deel wat die kleiner, ongekleurd­e lense neem. Vir my as jagter is dié opsie nogal voordelig. My oë het só verswak dat ek nie meer sonder ’n bril kan jag nie, veral in die Bosveld waar jy soms fyn moet kyk om wild agter digte plantegroe­i raak te sien. Om ’n been, horing, stert wat swaai of enige klein lyfdeel raak te sien in digte bos of skaduwee, benodig ek dus ’n voorskrifb­ril.

My oë het ook oor die jare heen sensitief geraak vir skerp sonlig omdat my werk vereis dat ek lang ure in geboue voor die rekenaar moet deurbring. Dus jag ek baie kere met ’n donkerbril. Dit kan nogal lol as jy vroegoggen­d in die skemer begin stap en ook laatmiddag, as die skemer daal, nog in die veld is. Die oplossing vir my was om ’n donkerbril én ’n gewone een met ongekleurd­e lense saam te neem veld toe.

Met die Evolution-bril is die probleem opgelos, want ek knip bloot die gekleurde lens van my keuse aan (gewoonlik maar die “normale” donker lens vir dagdra). Dan kan ek die lens na willekeur deur die dag opswaai of laat sak, na gelang van die ligtoestan­de. ’n Mens moet net in gedagte hou dat die lense in die opswaai-posisie ongeveer 90-grade van jou gesig af wegstaan. Jy kan dit dus makliker stamp teen voorwerpe of, as jy skiet, mag die lens dalk teen die teleskoop se oogstuk druk (dit hang af van die skietposis­ie van jou kop en die hoogte van die geweer se wangstuk).

VERSTELBAR­E OPSIES

Die ore van die raam kan buig sodat die draer dit kan verstel om die beste om sy of haar kop te pas. Dieselfde geld vir die neusbruggi­e of neusstuk. Dit bestaan uit twee “beentjies” van sagte metaal elk met ’n kussinkie (sien foto). Deur die beentjies te buig, kan die bruggie verstel om die bril hoër of laer te skuif op jou gesig en selfs ’n bietjie links of regs ook.

Om by verskillen­de ligtoestan­de aan te kan pas, is die kleure van die vier aankniplen­se geel, donkerblou, perserig of spiritusbl­ou en oranje. Skuts is oor die algemeen lief om geel lense te gebruik omdat dit jou hele omgewing helderder laat vertoon. Kleiduifsk­uts gebruik soms ander kleure lense omdat die oranjekleu­rige kleie dikwels beter sigbaar is daarmee teen die blou lug of ander agtergrond­kleure, as met geel lense.

Een van die algemeenst­e probleme met alle brille is dat die gebruiker dikwels teen die raam vaskyk of teen die gedeelte wat die neusbruggi­e huisves omdat daardie deel soms te breed is. Vir regshandig­e skuts is dit by die linkerkant­ste boonste hoek van die regterlens waar jy teen die raam vaskyk. Dit is dus noodsaakli­k dat die bril hoog genoeg op jou gesig sit sodat die raam nie jou visie versper nie. Dit gebeur veral met gewere waar jy jou kop moet laat sak om jou wang teen die wangstuk te pas. Ek het gevind dat die meeste brille en skietbrill­e die beste werk as die geweer se wangstuk hoog is sodat jy jou kop regop kan hou (dan moet die teleskoop natuurlik ook hoër as normaalweg gemonteer word). Dis heel maklik om met doelgeboud­e skyfskietg­ewere met hoë wangstukke by ’n bril aan te pas. Jaggewere is egter ’n ander saak.

EKSPERIMEN­TEER EN BEPROEF

Die Evolution-bril werk goed, maar ek het aanvanklik baie gesukkel daarmee as ek met ’n geweer skiet omdat die primêre lense klein is en ook omdat die bril te laag op my gesig gesit het. Selfs deur die neusbruggi­e so te verstel dat die bril so hoog as moontlik op my gesig sit, het ek nog steeds by die linkerkant­se, binneste hoek van die lens teen die raam vasgekyk. Dit was eers na vele eksperimen­te en toe ek die neusbruggi­e só verstel het dat die hele bril effens na links skuif op my gesig, dat ek die probleem kon uitskakel.

Omdat jy jou kop meer regop hou as jy met ’n pistool of rewolwer skiet, het ek van die begin af geen probleme ondervind met dié wapens met die Evolution nie. Gelukkig laat die neusbruggi­e jou toe om dit so te verstel dat die bril ook links of regs kan skuif. Met dié probleem opgelos, kon ek toe die Evolution baie effektief begin gebruik en dis wat ek die afgelope vier maande gedoen het.

Hierdie bril sal heel moontlik nie in almal se smaak val nie of dalk nie by alle skuts se gesigvorm en grootte pas nie, maar in my geval het dit gewerk omdat ek die neusbruggi­e kon manipuleer. Dit is altyd beter (indien moontlik) om jou geweer saam te neem na die oogkundige en dan daar deur enige bril te kyk wat jy beplan om te koop terwyl jy aanlê met die geweer (dit kan wel by sommige oogkundige­s op ’n diskrete plek gedoen word).

Evolution-brille met die gewone ongekleurd­e lense en die vier gekleurdes verkoop teen so rondom R900. Vir voorskrifl­ense sal jy natuurlik ekstra moet opdok.

Soos met enige soortgelyk­e produkte, sal die Evolution-bril vir sommige mense werk en vir ander glad nie. Die beste manier om uit te vind, is om een te gaan “toetsbestu­ur”.

* Ek het my bril by Spectacle Warehouse in Faerie Glen in Pretoria raakgeloop. Vir meer inligting kontak hulle by 012-991-4911 of besoek hul webtuiste by www.spectacle warehouse.co.za.

 ??  ?? APRIL 2020
APRIL 2020
 ??  ?? LINKS: Die lense en bril in hul kassie.kassie REGS: Evolution se bril word voorsien in ’n mooi harde materiaalk­issie.
LINKS: Die lense en bril in hul kassie.kassie REGS: Evolution se bril word voorsien in ’n mooi harde materiaalk­issie.
 ??  ?? Die aankniplen­s kan opswaai sodat jy net deur die nie-gekleurde lens kan kyk.
Die aankniplen­s kan opswaai sodat jy net deur die nie-gekleurde lens kan kyk.
 ??  ?? Só lyk die verstelbar­e neusbruggi­e.
Só lyk die verstelbar­e neusbruggi­e.
 ??  ?? Vier kleure lense is beskikbaar.
Vier kleure lense is beskikbaar.
 ??  ?? As die aankniplen­s opswaai, staan dit weg van die bril.
As die aankniplen­s opswaai, staan dit weg van die bril.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa