SA Jagter Hunter

GHONGSKIET­KOMPETISIE

-

Ons herinner julle graag aan ons (SA JAGTER/HUNTER-tydskrif) se groot ghongskiet­kompetisie op 9 Mei naby Amersfoort op die plaas van die bekende motorfiets­man, Jan “Staal” du Toit. Sy plek staan bekend as die Country Trax Off-Road Riding Academy. Dis 46km van Amersfoort af en 73km suid van Ermelo. Jan is bekend vir sy motorfiets­akademie en die motorfiets­toere wat hy aanbied. Hy was onlangs weer op TV toe die bekende Voetspore- span van Johan Badenhorst daar besoek afgelê het.

Hierdie skiet beloof om ’n baie interessan­te en lekker een te wees. Safari Outdoor is ons hoofborg en die skiet sal ook bekend staan as die SAFARI OUTDOOR SA JAGTER/HUNTER GHONGSKIET. Safari self borg pryse ter waarde van R100 000 en ons het reeds pryse versamel met ’n totale waarde van R140 000 en daardie bedrag sal nog groei. Daar is onder andere ’n Swarovski Z6-teleskoop as prys. Al die pryse wat aangebied word, is produkte wat by die onderskeie Safari Outdoor-winkels te koop aangebied word.

Spanne kan inskryf, maar die klem sal val op individuel­e deelnemers en hulle sal in aanmerking kom vir die groot pryse. Spanne wat die eerste drie plekke inneem sal ook pryse ontvang, maar dit sal kleiner pryse wees as die individuel­e pryse. As gevolg van die groot aantal pryse, behoort baie manne iets op die dag te kan wen.

Daar is oornaggeri­ewe op Jan du Toit se plaas. Om plek te bespreek kontak hom gerus by 083-669-7283. Ons behoort teen 09:00 die oggend te begin skiet en sal om 16:00 klaarmaak, waarna die prysuitdel­ing plaasvind.

Bespreking­s vir hierdie ghongskiet is nou oop en julle kan die skakel bit.ly/gong2020 gebruik om in te skryf.

Volg net die instruksie­s. Al die nodige inligting oor die ghongskiet verskyn saam met die inskrywing­svorm. Alle inskrywing­s word aanlyn gedoen en beloop R400 per persoon of R2 000 per span van vyf. Die sluitingsd­atum vir die inskrywing­s is 28 April 2020.

Ons beoog om 150 skuts te trek vir hierdie kompetisie en vra julle ondersteun­ing om dit moontlik te maak. Dit gaan een van die heel grootste ghongskiet­kompetisie­s van 2020 wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa