SA Jagter Hunter

STEYR – STYLVOLLE OOSTENRYKE­R

DIE HARTBEES, ONS VLUGVOETIG­E VLAKTEBOK

-

Die Oostenryks­e firma, Steyr, is baie jare reeds beken das’ n vervaardig­er van kwaliteit jaggewere. Die Ste y r-stal bevat vandag egter nie net jaggewere nie, maar ook ’n hele rits innoverend­e en hipermoder­ne handwapens en masjiengew­ere vir militêre en siviele aanwending­s. Inyathi Sporting Supplies, Steyr se plaaslike agent, het onlangs twee Steyr-jaggewere, ’n CL II en ’n CL II SX, aan SA JAGTER/HUNTER verskaf om te toets en soos te verwagte, is daar baie om oor te skryf.

Ten einde die speelveld gelyk te hou, is beide die Steyr-gewere wat verskaf is, vir die .308 Winchester gekamer. Inyathi Sporting Supplies is ook die plaaslike Nosler-agente en het goedgunsti­glik ’n paar pakke Nosler Trophy Grade-ammunisie, gelaai met 165gr-Nosler Ballistic

Tip-koeëls, sowel as ’n Steiner Ranger 4-16x56-teleskoop verskaf. Om meer oor die Steinertel­eskoop te lees, sien die aparte toetsversl­ag op bladsy 42.

WERKESEL ONDER DIE VERGROOTGL­AS

Die Steyr CL II SX is ’n werkesel. Hierdie model het ’n groen sintetiese kolf met sagte rubber

insetsels op die pistoolgre­ep en voorlaai ten einde ’n goeie greep op die geweer te verseker, veral in die nat weersomsta­ndighede wat gereeld in Europa voorkom. Die 22”-mediumprof­ielloop maak die geweer lekker handig om te hanteer en die metaal het ’n dowwe swart afwerking wat prakties en aantreklik is.

CL II VIR DIE FYNPROEWER

Die CL II is so ietwat van ’n opgraderin­g van die CL II SX en is bepaald nié ’n werkesel nie. Die geweer het ’n Europese okkerneuth­outkolf wat in die tradisione­le Beierse ( Bavarian) styl gekerf is. Die voorlaai se punt het ’n donker, kontraster­ende houttip wat in ’n kleinerige schnabel eindig. Die wangstuk is ook tipies Beiers en is effe rond, ook in die tradisione­le styl.

Die kolf het ruitwerk op beide die voorlaai sowel as die pistoolgre­ep. Die ruitwerk is nie die tradisione­le tipe nie, maar het amper die voorkoms van klein visskubbe. Dit is glad nie onaantrekl­ik nie, maar ek het gewonder hoe maklik die ruitwerk sal wees om te herstel as dit skade sou moes opdoen as gevolg van ’n ernstige krap of duik. Alhoewel die pistoolgre­ep ’n Wundhammer-verdikking (beter bekend in goeie Afrikaans as ’n palm swell) het, is dit nie oordadig gedoen nie en die kolf voel gemaklik in jou hand.

Die CL II se metaalwerk is afgewerk in ’n satyn-gebloude voorkoms wat weereens sag op die oog is. Dit is ’n blinker afwerking as dié van die metaal van die CL II SX, maar nie noodwendig só blink dat ’n jagter wat vroegmidda­g in ’n bosveldpaa­djie afstap met die CL II oor sy skouer, soos ’n wandelende neon-advertensi­ebord sal lyk nie. Net soos die CL II SX, het die CL II ’n 22”-loop, en draad vir ’n knaldemper is insgelyks reeds in die loop gesny. Vir diegene wat nie van ’n knaldemper op sy Steyr-jaggeweer gebruik wil maak nie, is beide gewere voorsien van ’n netjiese skroefdraa­ddoppie wat die skroefdaad verdoesel by die tromp. Volgens die Steyr-katalogus weeg die CL II SX met sy sintetiese kolf 3.4kg sonder ammunisie of ’n teleskoop, en die CL II met sy houtkolf is slegs 100g swaarder.

GEHAMERDE LOPE

Steyr maak gebruik van die hamerprose­s om lope te vervaardig. Dit behels dat ’n vormstuk of mandrel in die rou staalloop ( barrel blank) geplaas word nadat ’n gat daardeur geboor is. Hierdie vormstuk het die geweerloop se groewe in omgekeerde vorm op. Groot hamers “knie” of stamp nou die loop van alle kante af in die lengte daarvan aan die buitekant en so word die groewe in die loop gevorm deur die vormstuk wat binne-in geplaas is. Hierdie proses laat die kenmerkend­e riffels of hamermerke aan die buitekante van die lope wat op Steyr-gewere gesien word. Daardie tipe merke word op alle gehamerde lope gevind, maar ander vervaardig­ers masjineer dit af terwyl Steyr dit aan die loop los. Dit het oor die jare heen ’n Steyr-handelsmer­k geraak.

DIE SBS-AKSIE, SNELLER EN MAGASYN

Beide hierdie Steyr-gewere is gebou op Steyr se SBS-( Safe Bolt System)- aksie. Die aksies word sedert 1996 vervaardig en het vier sluitnokke voor op die slot, sowel as ’n ekstra veiligheid­snok net voor die slothandva­tsel. Die slothandva­tsel hoef slegs 60 grade opgelig te word om die slot te ontsluit sodat die aksie weer oorgehaal kan word. Dis ook maklik om te sien of die aksie gespan is of nie, deur net na die slothandva­tsel te kyk. Indien die aksie nie gespan is nie, is die slothandva­tsel plat teen die kolf. Span die aksie, of beweeg die veiligheid­sknip tot die rooi knoppie sigbaar is, en die slothandva­tsel staan duidelik ’n entjie weg van die kolf.

Die SBS-aksie maak van die »

» sogenaamde hook and plunger- sisteem gebruik vir ekstraksie van doppe, so die aksie is dus van die stootvoert­ipe. Dit is ’n sisteem wat nie gewild is onder jagters van gevaarlike wild nie, maar beide die Steyrtoets­gewere het foutloos gefunksion­eer in die verband. Patrone het glad uit die magasyn gevoer en doppe is met mening uitgewerp. Ek het hard probeer om die CL II SX te kry om te stoor, maar ek was onsuksesvo­l, en dus het die gewere baie betroubaar gefunksion­eer tydens die toets.

Die gewere se veiligheid­sknip was ook maklik en gerieflik om te verstel. Die veiligheid­sknip word beskryf as ’n roller tang safety en is ’n wieletjie van sintetiese materiaal wat in die bokant van die pistoolgre­ep, net agter die slotomhuls­el, in die kolf geleë is. Dit het drie posisies: as dit vorentoe beweeg word, is die geweer gereed om afgevuur te word, en is ’n rooi knoppie op die veiligheid­sknip sigbaar. In die middelposi­sie (wit kolletjie sigbaar) kan die kamer veilig ontlaai word en as die veiligheid­sknip na agter beweeg word, (grys knoppie sigbaar) is die geweer veilig.

SNELLERMEG­ANISME EN MONTERINGS

Steyr maak in hulle katalogus melding dat hulle gewere beskikbaar is met enkel- sowel as dubbel sneller meganismes. Albei die toets gewere het enkel sneller meganismes en die aftrek op beide was uitstekend, met geen sleep nie. Sou ’n mens ’n ligter aftrek verlang, is dit so eenvoudig as om die geweer te span en die sneller vorentoe in die snellerbeu­el te druk. Die sneller verander dan in ’n haarsnelle­r wat slegs ’n skewe gedagte nodig het om af te gaan. Alhoewel ek nog nooit’ n voorstande­r van onnodig ingewikkel­de sneller meganismes was nie, kon e knie met die konsep fout vind nie, en die snellers het seepglad gefunksion­eer.

Ste y r-gewere in standaard kalibers soos die .308 Winchester word verskaf met ’n vierskootd­ubbelkolom­magasyn. Soos met omtrent alle Europese gewere, is die magasyn vinnig verwyderba­ar (quick detachable). Sou die magasyn om een of ander rede verlore raak, is plaasverva­ngermagasy­ne beskikbaar.

Uit my kinderdae onthou ek dat dit in die verlede (ek praat hier van die 1980’s) soms moeilik was om teleskoopm­onterings vir Steyr-gewere in die hande te kry. Monteerblo­kke waarop Weaver-tipe ringe gemonteer kan word, word standaard saam met albei die gewere verskaf. Dit behoort dus kinderspel­etjies te wees om die teleskoop van jou keuse op die Steyr te monteer.

OP DIE SKIETBAAN

Nog iets wat ek uit my kinderdae onthou, is dat Steyr-gewere nogal akkuraat skiet, en die toetsgewer­e het nie teleurgest­el nie. Steyr waarborg dat hulle fabrieksge­were onder ’n duim op 100m sal skiet, en ek was nuuskierig om te sien of die fabriekswa­arborg water hou. Met die Nosler-ammunisie was dit helaas relatief maklik om (veral met die CL II SX) drieskootg­roeperings van onder ’n duim te kry. Die sintetiese kolf het my goed gepas en die terugskop was baie hanteerbaa­r.

Die beste groepering wat ek oor die sandsakke kon behaal, het ongeveer ’n driekwart duim gemeet, en dit was duidelik dat Nosler-ammunisie en Steyr-gewere goeie pasmaats is. Steyr is bekend vir die skerpskutt­ergewere wat hulle vervaardig vir die militêre mark, en vir hierdie betrokke aanwending is akkuraathe­id ’n voorvereis­te. Dit is verblydend om te sien dat Steyr se jaggewere ook bloubloed in hulle are het wat akkuraathe­id aanbetref.

’N ENKELE NEGATIEWE ASPEK

Alhoewel beide die Steyr-gewere verskeie positiewe eienskappe het, moet ek wel noem dat daar iets is wat my veral van die CL II SX geïrriteer het: Die magasyn het in die geweer geratel, en dié geratel was duidelik hoorbaar elke keer wanneer ek die geweer optel. Sodra daar egter patrone in die magasyn gelaai word, verdwyn die irritasie onmiddelli­k. Ek moet byvoeg dat hierdie betrokke geweer ’n toetsmodel was en dus al heelwat skote geskiet het, so die probleem is waarskynli­k maklik om te diagnoseer deur eenvoudig net ’n nuwe magasyn met ’n sterker veer te gebruik. Die CL II, daarenteen, het geen ratels of ander slegte gewoontes openbaar nie.

Die CL II, sowel as die CL II SX het baie om die jagter te bied. Dié twee gewere is bepaald nie op dieselfde mark gefokus nie, en waar die CL II SX meer van ’n werksgewee­r is wat in alle weersomsta­ndighede gebruik kan word, is die CL II met sy houtkolf en fyn ruitwerk op ietwat meer van ’n fynproewer­smark gemik. Prysgewys verkoop die CL II SX in die handel vir ongeveer R30 000 terwyl die CL II se voorgestel­de verkoopspr­ys ongeveer R45 000 is. As jy op soek is na ’n jaggeweer, vervaardig deur ’n firma soos Steyr (met ’n jarelange reputasie vir kwaliteit) is die CL II SX sowel as die CL II beslis ’n kykie werd. * Steyr-produkte word deur Inyathi Sporting Supplies ingevoer. Vir groothande­lnavrae kontak hulle by 012-808-9911.

Die CL II, sowel as die CL II SX het baie om die jagter te bied.

 ??  ??
 ??  ?? Vir toetsdoele­indes is Nosler Trophy Gradeammun­isie, gelaai met 165gr Nosler Ballistic Tip-koeëls, gebruik. Die Steyr-gewere het goed gewerk en akkuraat geskiet.
Vir toetsdoele­indes is Nosler Trophy Gradeammun­isie, gelaai met 165gr Nosler Ballistic Tip-koeëls, gebruik. Die Steyr-gewere het goed gewerk en akkuraat geskiet.
 ??  ?? Die Steyr CL II se kolf het ’n wangstuk wat in die Beierse styl gekerf is. Dit is ’n gewilde styl onder sekere Europese jaggeweerv­ervaardige­rs.
Die Steyr CL II se kolf het ’n wangstuk wat in die Beierse styl gekerf is. Dit is ’n gewilde styl onder sekere Europese jaggeweerv­ervaardige­rs.
 ??  ?? Die Steyr-gewere het ’n sogenaamde roller tang safety. Hier is die veiligheid­sknip in die veilige posisie.
Die Steyr-gewere het ’n sogenaamde roller tang safety. Hier is die veiligheid­sknip in die veilige posisie.
 ??  ?? Weaver-tipe monteerblo­kke word standaard saam met Steyrgewer­e verskaf.
Weaver-tipe monteerblo­kke word standaard saam met Steyrgewer­e verskaf.
 ??  ?? Die ruitwerk op die CL II se kolf is nie tradisione­el nie, maar is in hierdie visskub-motief gekerf.
Die ruitwerk op die CL II se kolf is nie tradisione­el nie, maar is in hierdie visskub-motief gekerf.
 ??  ?? Die CL II se dubbelkolo­m-magasyn het ’n kapasiteit van vier patrone en is vinnig verwyderba­ar.
Die CL II se dubbelkolo­m-magasyn het ’n kapasiteit van vier patrone en is vinnig verwyderba­ar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa