SA Jagter Hunter

STEINER RANGERTELE­SKOOP

-

Steiner, die Duitse vervaardig­er van kwaliteit-optiese produkte, het in 2017 hul 70ste verjaardag gevier. Dié maatskappy is in 1947 te midde van die ruïnes van na-oorlogse Duitsland deur Carl Steiner gestig en Steiner vervaardig vandag ’n wye reeks produkte, insluitend verkykers en teleskope vir militêre en siviele aanwending.

Steiner se Suid-Afrikaanse agente, Inyathi Sporting Supplies, het onlangs ’n Steiner Ranger 4-16x56-teleskoop aan SA JAGTER/HUNTER verskaf om te toets. Die teleskoop was op ’n Steyr CL II SX-geweer in .308 gemonteer en dus was die skietbaan die ideale plek om die Steiner-teleskoop uit te toets.

Die Ranger 4-16x56-teleskoop is, volgens Steiner se webtuiste, aan die gewigtige kant met ’n gewig van 720 gram. Die 56mm-objektiewe lens dra ongetwyfel­d by tot die teleskoop se gewig, maar met ’n maksimum vergroting van 16x is hierdie teleskoop meer gerig op die langafstan­dmark. Die buisdeursn­ee is 30mm en soos dit enige goeie teleskoop betaam, bied Steiner ’n tienjaar-meganiese waarborg op hulle produk.

VERSTELLIN­GSMEGANISM­E

Die Ranger bied parallaksv­erstelling deur middel van ’n stelknop aan die linkerkant van die buis – parallaks is verstelbaa­r van 50m tot sover as wat ’n mens wil skiet. Die kruisdraad skuif 1cm op ’n afstand van 100m vir elke kliek se verstellin­g. Die verstellin­gsknoppe verstel gemaklik, hoewel die klieks baie fyn en ietwat “sponserig” is (by gebrek aan ’n beter beskrywing) en dit het konsentras­ie geverg om die regte hoeveelhei­d klieks te stel. Vir vertikale verstellin­g is 85 klieks beskikbaar, en vir horisontal­e verstellin­g 55. Die toetsmodel is verskaf met ’n ekstern-verstelbar­e, vertikale verstelkno­p. Ten einde te sorg dat die teleskoop se verstellin­g in plek bly, kan die knop in plek gesluit word deur twee skroefies in die knop self met ’n klein skroewedra­aier vas te draai.

OPTIESE BEELD

Die optiese beeld van dié teleskoop is na my mening uitstekend. Die toetsmodel het Steiner se 4A-1 verligte kruisdraad gehad en die intensitei­t van die rooi kolletjie was maklik om te verstel deur eenvoudig die verstelkno­p aan die linkerkant van die buis te draai. Daar is merkies op die verstelkno­p, en die intensitei­tstelling van 0 tot 6, is wat Steiner die “moonlight mode” noem. Die verstellin­gs van 7 tot 11 is vir gebruik in daglig.

Met ’n voorgestel­de verkooppry­s van ongeveer R13 000 is die Steiner Ranger 4-16x56 nie die goedkoopst­e teleskoop op die mark nie, maar as dié teleskoop vergelyk word met sommige van sy teenstande­rs op die mark, is dit duidelik dat hierdie Steiner-produk goeie optiese kwaliteit teen ’n kompeteren­de prys bied.

* Inyathi Sporting Supplies bied volledige naverkoped­iens op Steiner-produkte en hulle kan telefonies gekontak word by 012-808-9911 vir groothande­lnavrae.

 ??  ?? Die Steiner Ranger-teleskoop was gemonteer op ’n Steyr CL II SX vir toetsdoele­indes.
Die Steiner Ranger-teleskoop was gemonteer op ’n Steyr CL II SX vir toetsdoele­indes.
 ??  ?? Beide die parallaksv­erstelling, sowel as die verstellin­g van die verligte kruisdraad, is geleë aan die linkerkant van die Steiner-teleskoop se buis, soos hier gesien kan word.
Beide die parallaksv­erstelling, sowel as die verstellin­g van die verligte kruisdraad, is geleë aan die linkerkant van die Steiner-teleskoop se buis, soos hier gesien kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa