SA Jagter Hunter

PA SE EERSTE JAG

-

Ek het grootgewor­d met jag. Beide my oupas was topskuts en baie lief vir jag; hulle jagstories het my drome gereeld die bos ingestuur. Ek droom nou nog daarvan om die dinge te beleef wat hulle destyds kon vermag.

My pa was ook lief vir jag en het my op ’n jong ouderdom met Oupagrootj­ie se .410 Harrington & Richardson-enkelskoot­haelgeweer­tjie leer voëls skiet (ons het nog die kontantkoo­pstrokie van 1904). Later het ek met sy semi-outomaties­e dienshaelg­eweer (’n Browning A5) tarentale en hase gejag. Bygesê, as ek die lang kolf betyds kon skouer vir ’n skoot.

My eerste bok (’n swart springbok) het ek jare gelede op Oupa se plaas naby Bloemfonte­in geskiet – met sy Musgrave .270 wat hy in 1974 gekoop het. Dié geweer het ek onlangs suksesvol ingevoer na Namibië.

Dis nou al 17 jaar sedert my eerste bok en ek is al amper 10 jaar getroud. Hoewel ek sedertdien al ’n klompie bokke geskiet het, bly ’n pragkoedoe­bul my nog ontwyk. Maar min bokke onthou ek so helder soos my eerste gemsbok. Wat ’n statige bok...

Toe my skoonpa (Louri Snyders) onlangs kom kuier, kry ek ’n jaggeleent­heid in die Okahandja-distrik. Skoonpa word saamgenooi op sy eerste jagtog. Te danke aan die grensoorlo­g ken hy darem vuurwapens en na ’n paar teikenskot­e met die .270 is hy reg vir die jagveld.

Gedurende die eerste dag kry ons ’n paar geleenthed­e op die gemsbokke (jy moet vinnig skiet want hulle staan slegs enkele sekondes stil). Skoonpa is egter elke keer effens te stadig...

Vroeg die volgende oggend kry hy weer ’n geleenthei­d en toe die skoot klap, trek Skoonpa op 140m sy eerste bok plat. Pa se glimlag was breër as op my troudag.

Ek het twee klein seuntjies en het al baie gedink aan die dag wanneer ek hulle sal neem vir hulle eerste jag – min het ek geweet ek sal eers vir Pa uitneem vir syne. JOSH KRUGER

Josh wen die R1 000-geskenk bewys van Safari Outdoor.

 ??  ?? Josh en sy skoonpa, Louri Snyders by die gemsbokkoe­i wat Louri platgetrek het.
Josh en sy skoonpa, Louri Snyders by die gemsbokkoe­i wat Louri platgetrek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa