SA Jagter Hunter

HOE KONSTANT IS INGEVOERDE DRYFMIDDEL­S?

KASSIE KASSELMAN

-

VRAAG:

Behoort ek ook ladingaanp­assings tussen verskillen­de lotnommers van dieselfde kruit van oorsese dryfmiddel­vervaardig­ers te doen, of kan ek aanvaar, byvoorbeel­d, dat een blik Vihtavuori N550 of Hodgdon 4350 dieselfde gaan presteer as ’n vorige lot waarmee ek ladingontw­ikkeling gedoen het?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Ons het gewoond geraak daaraan dat Somchem-dryfmiddel­s in opeenvolge­nde lotte vervaardig word en dan met lotnommers verpak word. Somchem dui ook op die blikkie dryfmiddel die volgende aan: vervaardig­ingsdatum, vervaldatu­m en die persentasi­e wat die dryfmiddel se prestasie afwyk van die standaard vir dié tipe dryfmiddel. Hierdie inligting word dan deur kundige herlaaiers gebruik om hul proefladin­gs uit te werk. Ten spyte van al die beskikbare hulpmiddel­s, moet die lading/koeëlkombi­nasie dan steeds fisies afgevuur word om die werklike prestasie uit ’n spesifieke geweer te bepaal, sodat aanpassing­s aan die lading gedoen kan word om sodoende die skietresul­taat weer soos tevore te laat presteer.

Toe die ingevoerde dryfmiddel­s beskikbaar raak, het herlaaiers gehoop dat hierdie verskynsel iets van die verlede sou wees, maar dis ongelukkig nie die geval nie. Die beste praktyk is steeds om vir elke nuwe lot kruit wat jy gebruik eers toetse te doen en die lading/ koeëlkombi­nasie se spoed te meet. Moenie aanneem dat die brandspoed van die verskillen­de lotnommers presies diesefde sal wees nie.

Ofskoon kruitverva­ardigers alles in hulle vermoë doen om die verskillen­de lotte dieselfde te laat presteer, beduiwel die variasies in die grondstoww­e hierdie pogings. Gevolglik is dit volgens protokol aanvaarbaa­r dat daar afwykings tussen verskillen­de lotte mag wees. Bronne wil dit hê dat tot soveel as 3% afwyking van die gestelde standaard toegelaat word. Ongelukkig dui oorsese vervaardig­ers nie die persentasi­e afwykings op hulle kruitblikk­e aan nie.

My eie ervaring met ’n .308 Winchester? Dit het perfek geskiet met ’n blik hoog aangeskrew­e, ingevoerde kruit waarmee die lading ontwikkel is. Toe ek ’n nuwe blik van dieselfde soort gebruik, met dieselfde lading, moes die lading met 1gr verhoog word om weer dieselfde spoed en akkuraathe­id te verkry. Ek het dieselfde met verskeie van die ingevoerde kruitsoort­e in mindere of meerdere mate ervaar. As dit dan die ervaring is, wat kan ons daaromtren­t doen?

DIE METODE WAT EK VOLG:

Moenie blikke kruit van dieselfde soort met mekaar meng nie. Kruit is ’n vaste stof en meng nie so eweredig soos vloeistoww­e nie. Niemand kan dus verseker dat ewe veel van elke blik in ’n doppie gelaai word nie, gevolglik kan die herlaaier nie deur ladingwiss­elings ooit by ’n konstante resultaat uitkom nie, omdat die kruitsames­telling binne die verskillen­de doppies dan nie eweredig verdeel is nie.

As ’n lading met ’n vorige blik kruit baie goed presteer het, is dit uiters belangrik dat die spoed waarteen die kruit goed gewerk het, aangeteken word. Ek laai daarna drie patrone met dieselfde lading (wat goed gewerk het uit die vorige blik) uit die nuwe blik en skiet die drie patrone oor die chronograa­f wat ek altyd gebruik. Indien die nuwe kruit dieselfde spoed of baie naby aan dieseldfe spoed gee as die vorige kruit, gebruik ek dieselfde lading vir die nuwe blik kruit. Indien die gemiddelde spoed egter (volgens my behoefte) met meer as 15vps van die vorige spoed afwyk, gebruik ek die TL Faktor-formule, doen ’n eenvoudige liniêre berekening en pas die lading aan.

DIE BEREKENING WERK SO:

Deel die lading wat jy gebruik het deur die spoed wat jy met die nuwe kruit gemeet het, en vermenigvu­ldig dit dan met die spoed wat jy behoort te hê. Die antwoord is dan ’n aanduiding van wat jy moet laai.

Onthou altyd die veiligheid­sreël: Laai altyd liewer effens minder vir jou bevestigen­de ladingtoet­s, veral as jy die lading opwaarts moet aanpas. Ek weet dit is moeite, maar as jy ernstig is oor jou wapen se akkurate skietvermo­ë en wapenveili­gheid, sal jy dit so doen.

* Kassie kan gekontak word by Dave Sheer, Pretoria Arms se fasiliteit in Montana, Pretoria, Tel 010-300-1222, of per e-pos by load@pretoriaar­ms.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa