SA Jagter Hunter

VAN WEESKIND TOT WENNER

-

Die .264 Winchester (bekendgest­el in 1959) het die uitstekend­e ballisties­e kwaliteite van die 6.5mm-koeëls bevestig. Hierdie kaliber was aanvanklik baie gewild, maar het as gevolg van ’n reeks nuwe kalibers se ontstaan aanhang verloor.

Vandag is die 6.5 Creedmoor groot nuus. Sien Thinus Steyn se uitstekend­e artikel in die April-uitgawe. In dié artikel word verwys na heelwat ander 6.5-kalibers – almal draers van die “magiese” 6.5mm-koeëls.

Die .264 Win Mag is die enigste 6.5-kaliber op die mark wat aan die herlaaier die vrye keuse gee om van die ligste tot die swaarste koeëls te laai. Geen van die ander 6.5-kalibers het dié groot dop om mee te speel nie. ( Dis nie korrek nie, die .260 Nosler en die 6.5-300 Weatherby het albei groter doppe as die .264 Win Mag. Redakteur) Vergeet maar van groefdraai en ander tegniese aspekte – vandag se herlaaier weet hoe... Viva la .264 Win Mag!

Ek gebruik 140gr Hornady SP InterLock-koeëls voor 52gr IMR 4350. Die 2 800vps is meer as genoeg vir algemene jag.

Kyk ook na sekere kommentare op die internet: “The 6.5 Creedmoor will, for all practical purposes, perform with the .264.” En: “… .264 Win Mag. Shoots FLAT... with big power and very little deviation. The rest is all hoopla. New is not always better.” TEVREDE MET WEESKIND HOEDSPRUIT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa