SA Jagter Hunter

CORONAVIRU­S STUIT DIE HEROPENING VAN OLIFANTJAG­TE IN BOTSWANA

-

Die uitbraak en verspreidi­ng van die Coronaviru­s het ’n ernstige demper geplaas op Botswana se eerste jagseisoen sedert 2014, waarin olifante ook op die spyskaart is.

Botswana se regering het aan die begin van April ’n noodtoesta­nd aangekondi­g, sowel as ’n algehele nasionale inperking van 28 dae wat op 2 April ingetree het. Daar is ook reisbeperk­inge ingestel wat beteken reisigers van lande soos Brittanje, Italië en die VSA nie na Botswana kan reis nie.

Verskeie Botswana-gebaseerde jagonderne­mers het reeds te kenne gegee dat baie van die jagte wat vir die 2020-seisoen bespreek was, alreeds uitgestel of gekanselle­er is. Baie van hierdie ondernemer­s het die Botswana-regering versoek om die amptelike jagseisoen te verleng gedurende 2020, om hulle in staat te stel om hulle verliese te beperk aangesien hulle reeds vir dié seisoen hul jaglisensi­es betaal het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa